Reserviste ruk op oor permanente kontrakte

(Foto: SAPD/Facebook)

ʼn Groep van sowat 150 reserviste het Dinsdag na die kantoor van die polisieminister opgeruk omdat hulle glo in 2009 beloof is dat hulle permanent in die polisie opgeneem gaan word en daar tot dusver dadels van die beweerde belofte gekom het.

Moses Mulaudzi, voorsitter van die SAPS Reservist Concern Group, sê die organisasie verteenwoordig nasionaal sowat ʼn duisend reserviste. Volgens hom is hulle vroeër as reserviste opgelei en sou hulle mettertyd in permanente poste opgeneem word.

Mulaudzi sê die staat se stelsels dui verkeerdelik aan dat die betrokke reserviste salarisse – volgens hom R12 000 – verdien en dat hulle dus nie vir enige toelae of selfs laekostebehuising kwalifiseer nie. Hy sê dit is ʼn situasie wat dringend reggestel moet word omdat dit die reserviste in ʼn geweldige moeilike posisie laat.

Die groep sê Bheki Cele, minister van polisie, moet nou by die situasie ingryp.

“Ons het al die prosesse gevolg en uiteindelik het hulle ons in die steek gelaat. Ons het probeer onderhandel, maar hulle wou nie na ons luister nie,” sê hy.

Mulaudzi sê hulle het permanente aanstellings nodig nadat die polisie hulle opgelei en van uniforms voorsien het. “Maar hulle sê ons is nie polisielede nie.

“Nou is dit tyd om die land in te lig dat die polisie korrup is en dat ons geen steen daaroor onaangeroer sal laat nie,” sê hy.

Maroela Media het ʼn navraag oor die groep se griewe aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

Die polisie moet nie nog lede kry nie hulle moet almal weer deur ‘n keuring gaan en die wat bevoeg is om as polisie te dien moet werks opleiding kry dit geld van minister tot studente konstabel.

Kobus ·

Slegte nuus vir julle reseviste. Gehoor dat Cele sy wagte met 50% gaan verminder. Dus sal die SAPD aansienlik versterk word deur die wagte wat her ontplooi gaan word. Natuurlik is ek sarkasties.

Perdeby ·

Ek was ‘n reserwelid gewees van 1993 tot 2003 , en daar is sommer van die begin af vir ons gese, hierdie is nie ‘n voet in die deur om permanet aan te sluit nie, al hoe wel ons in Pta 100% opleiding gehad het. Hierdie mense moet in elk geval weer van vooraf gekeur word. Demand Demand. Een “dame” het een dag vir die hoof van die reserviste gevra of hulle mag staak, toe vra hy vir haar vir watter rede, jy kry jou uniform, opleiding, vuurwapen gratis so waaroor wil jy staak? Jy kry net nie ‘n salaris nie.

Elizabeth ·

Verwag niks van ñ wanfunksionele regering. Geen minister het die nodige kennis om ñ afdeling te lei nie. Minste van almal Bheke Cele, Gwede Mantashe, Lindiwe Susulu, NDZ en al die ander. Tel by CR, Mabuza en die res.

Anel ·

Reserviste is vrywillig. Niks sê jy MOET in diens geneem word nie. Natuurlik moet jy opgelei word om die werk te kan doen, ook. Jy doen dit in jou vrye tyd! Jy maak van polisiewerk jou stokperdjie! Geen polisieman kan in sy af tyd jou werk as sy stokperdjie gaan beoefen nie! Die wat reserviste word weet dat dit vrywillig is. Verder word geen werklose as reservis aan gestel nie juis om hierdie te voorkom!!!!

Kokerboom ·

Ek dink die reserviste sit met ‘n uitdaging! Ten minste ruk hul op..meer as wat mens van Polisie kan sê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.