Respekteer uitslag van ANC-konferensie, sê Dlamini-Zuma

Dr Nkosazana Dlamini-Zuma (Foto: GCIS)

ANC-lede, insluitend diegene wat vir topposisies genomineer is, moet die uitslag van die ANC se verkiesingskonferensie in Desember aanvaar, het Nkosazana Dlamini-Zuma, wat haar oog op die presidentspos het, gesê.

Sy het Vrydagaand, tydens die Nelson Mandela-lesing in Pietermaritzburg se stadsaal, gesê sommige van die ANC se huidige probleme spruit uit “bitterheid” van mense wat in vorige konferensies onsuksesvol was.

“Die probleem is dat ons mense het wat bitter is en dit lei tot oordeelsfoute en het ʼn giftige uitwerking op besprekings,” het Dlamini Zuma gesê, wat deur die ANC se Moses Mabhida-streek ondersteun word vir president van die ANC.

“Om ʼn neerlaag te aanvaar sal ook ʼn einde bring aan die spanning en gevolglike moorde van party lede, soos onlangs gesien. In die ANC het ons nie ʼn asblik vir mense nie, almal moet geakkommodeer word,” het sy bygevoeg.

“Alhoewel daar probleme was, moet elke partylid hard werk om seker te maak dat die ANC aan bewind bly. Ons moet seker maak dat ons die verkiesing in 2019 wen en ons kan dit doen as ons onsself daartoe verbind; die ANC sal aan bewind bly.”

Sy het ook gesê daar kan baie geleer word van voormalige president Nelson Mandela en sy geslag, wat die mense voor hulself geplaas het. Die Mandela-marathon, van Pietermaritzburg tot Howick op 27 Augustus, moet dien as ʼn herinnering vir almal oor die belangrikheid van sport. “Madiba het sport gebruik om die land te verenig en ons almal onthou hoe hy die Springbok-trui aangehad het, of by Bafana Bafana-wedstryde met ʼn trui opgedaag het, en hoe dit ʼn impak gehad het op die land.”

Sy het jongmense aangemoedig om al hoe meer betrokke te raak in sportbedrywighede en veroordeel die gebruik van dwelmmiddels, tienerswangerskappe en ander vlakke van mishandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

snoefie ·

die enigste rede hoekom hier net twee kommentare oo hierdie gerig is, vertel my almal het soos ek geantwoord. sy maak nou al voorbrand want sy weet nou al sy gaan verkies word. is dit hoekom phoza en Rama se stemme stil geword het?

Rupert Ashford ·

Maak al spiere vir Ramaphosa en kie dat hulle moet stil wees nadat hulle verloor het – die uitslag van die verkiesing le al klaar op JZ se tafel. :-)

maryann ·

Kyk wat is haar van – sy mislei die hele land en dit gaan net wees vir eie gewin as sy aanbewind
kom. Moenie dat haar mooi broodjies jul flous nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.