Reusesoektog na vermiste 7-jarige van Saldanha

Joshlin Smith, vermis, Saldanha, Diazville, gesoek

Die vermiste Joshlin Smith (7) van Saldanha in die Wes-Kaap. (Foto: Wes-Kaap Polisie)

’n Grootskaalse soektog is aan die gang om die vermiste Joshlin Smith (7) van Saldanha in die Wes-Kaap op te spoor. Joshlin se ma, Kelly, het haar Dinsdag by die Saldanha-polisiestasie as vermis aangemeld.

Luidens ʼn polisieverklaring wys voorlopige inligting dat Joshlin Maandag in die sorg van haar ma se kêrel gelaat is. Die dogtertjie het glo olik gevoel en tuis gebly.

“Later die middag het die ma van die werk af teruggekeer en haar dogter was nie tuis nie,” lui die polisieverklaring.

“Sy het later haar kêrel in die hande gekry, maar hy kon nie sê waar Joshlin is nie.”

Maroela Media het Kelly probeer kontak, maar sy was nie dadelik beskikbaar nie.

Die ondersoekbeampte, sers. Meyer Milstein, het bevestig die soektog na Joshlin is Woensdagoggend vroeg hervat. Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings en patrollie-eenhede help met die soektog. Verskeie inwoners het ook aangemeld om te help soek.

Joshlin is ʼn leerder van die Diazville Primêre Skool op Saldanha.

7 year old Joshlin Smith from Saldanha missing since yesterday

Posted by Melanie Bailey on Tuesday, February 20, 2024

Ten tye van haar verdwyning het Joshlin ʼn ligte blou T-hemp en kort denimbroek aangehad.

  • Enigiemand met inligting wat kan help in die soektog na Joshlin word versoek om Milstein te bel by 079 879 8588 of die polisie se StopMisdaadlyn by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Madeleine ·

JESUS BESKERM HAAR ASB

Ek stem, hoe kan jy n kind in iemand as sorg laat en die persoon verdwyn!?

Goldy ·

Wetteloosheid het langebaan ook n ruk terug getref, almal maak wat hulle wil, en die polisie doen niks.

Annelize ·

Druk die kerel in ‘n blik, hy weet PRESIES waar hierdie dogtertjie is. Hier kom weer ‘n tragedie en ‘n half.

Karoo ·

Late…. ‘n pragtige kind is opsoek… ek hoor jou, maar dit pas nie hierby nie, dot wat jy se is dalk waar, of nie, maar jy dra niks posetief by nie. Dis’ n pragtige jong kind wat moontlik in die moeilikhied is, kom ons wens die mense voorspoed toe wat na haar soek.

Casper ·

Die meisiekind het die pragtigste oë, vol lewe en vonkel.Moenie verder soek as die ma se kêrel nie.Ek is realisties en glo iets verskrikliks het met die meisie gebeur.

Linda ·

Wanneer gaan die mense ophou met misdaad en net weer lewens respekteer

Janine ·

Pragtige poplap! Ek bid dat jy veilig is! Ongelukkig, in hierdie verrotte land, is die kans bitter skraal. My hart huil.

Marietjie ·

As jy jou kind in jou kêrel se sorg los, SORG jy dat hy ‘n iemand met ‘n gesonde IK en EK het. Regtig vermoed sy niks. Kom by die huis en jou kind het verdwyn uit die “betroubare persoon” se sorg???
…….en hy weet nie waar sy is nie….hy lieg deur sy tande!! Jaag hom aan polisiekantoor toe!!!
Ek bid en vertrou in die Here dat hierdie mooie kind ongedeerd gekry sal word.

Marietjie ·

lati, almal mag hulle mening gee oor ‘n saak, maar assblief maak dit ‘n mening wat sin maak. Kinders verdwyn nie net in die Wes Kaap nie, maar oral in ons land. Dis ‘n hartseer saak. Ek wonder of jy kinders het?? Klink nie so nie. Jou mening is sinneloos en on vanpas in hierdie geval, dankie. Hou jou mening vir jouself.

Jillian ·

ASB God. Mag hierdie verhaal goed eindig. Te veel kinders is al leed aangdoen in die wêreld. Pragtige meisiekind. Ons bid vir jou en dat jy terug sal kom na jou mamma toe. Mamma skop daai niks werd bf uit as hy nie eers na jou kind behoorlik kan kyk nie! Hoe weet mens nie waar ‘n kind is wat jy moet oppas nie?

Dandeleen ·

Mag die Here jou beskerm pragtige kind, mag Hy gee dat jou ma jou lewend terug kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.