Reusevlag gʼn teken van patriotisme, sê DA

(Argieffoto: Wikimedia Commons)

Die Demokratiese Alliansie wil minister Nathi Mthethwa in sy spore stuit om ʼn reusevlag teen ʼn bedrag van R22 miljoen aan te skaf. Die regering het reeds R1,7 miljoen aan ʼn studie spandeer nog voor enige konstruksiewerk begin het.

Tsepo Mhlongo, die DA se skaduminister van sport, kuns en kultuur, sê die party staan dié ydelheidsprojek ten sterkste teen terwyl burgers, en veral kinders, letterlik van honger sterf.

“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrikaners wat uitgesproke is teen dié projek geteister word en hul patriotisme bevraagteken word,” sê Mhlongo. “Patriotisme gaan nie oor die oprig van vlagpale nie. Ware patriotisme is om seker te maak dat mense basiese dienste en waardigheid ontvang.”

Die DA is van plan om parlementêre vrae te rig aan Mthethwa om te bepaal hoe ver die projek gevorder het. Die DA wil ook weet of enige individu of maatskappy aangestel is om die werk uit te voer en wat die koste was; of ʼn diensverskaffer aangestel is om die reusagtige vlag te maak en teen watter koste; en wanneer die aanskaffingsproses sal begin as geen diensverskaffer tot dusver aangewys is nie.

“Die DA hou vol dat die geld eerder gebruik kan word om sukkelende atlete en kunstenaars te help wat ná die Covid-19-afsonderingsperiode geen hulp van die departement ontvang het nie. Ons sal nie toelaat dat die ANC-regering ʼn ‘patriotiese retoriek’ gebruik om miljoene Suid-Afrikaners se aandag af te lei van die daaglikse probleme waardeur hulle in die gesig gestaar word nie, soos massiewe werkloosheid, ʼn sukkelende ekonomie, kinders wat nie genoeg kos kry nie, en ʼn toenemende getal Suid-Afrikaners wat onder die broodlyn val.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hasie ·

Geldmors …..niks meer of minder nie Die minister weet duidelik nie wat in sy land aangaan nie en is very verwyder van die werklikheid

Yvonne ·

Dankie DA ….julle het n voltydse werk om ANC se misbruike te stuit….bid vir julle

Nicky ·

Ek dink ek raai reg Pieter, R700 vir die studie, endie res weet ons

Marius ·

Miskien moet die minister die betekenis en eienskappe van patriotisme gaan navors. Dalk leer hy iets.

Swerwer ·

Die ANC weet nie waar geld vandaan kom nie en weet nie wat werk beteken nie. Hulle het nog altyd alles verniet ontvang, dit is hoe hul groot geword het. Ego gesentreerd en gee nie ‘n duit om vir sy medemens nie.

Jr ·

Gebruik hom om olie van my kar te check en die ander stukke vir karwas

Miena ·

Ek hoop n mens gaan daai vlag met paal vanuit die ruimte kan sien, of as mens dit gaan Google maps soek dan moet jy sommer n boodskap kry wat se “paal en vlag te groot vir hierdie bladsy”!!

JohanR ·

28 jaar en ANC presidente, en ANC ministers hou maar net aan om gate van hul self te maak. Wie sal ooit Ebrahim Patel se sloffies en T-hemde vergeet tydens Covid, of ou Manto met haar beetroot diet? Nou is dit die ou se lang paal!

Kaptein ·

Sy verduideliking van die vlag is net so leeg as die binnekant van sy kop.

Deon ·

Los die vlag, dis n goeie ding. Reuse simbool van hulle gevoel teenoor die landsburgers wat swaarkry. Almal sal van ver af kan sien hulle voel n veer

Elméne ·

Deon jy het eintlik goeie punt daar beet! Net jammer die mense van SA ly daaronder want die klomp anc kaders se oë peul al uit van vettigheid!

Ria ·

Dit wys net hoe uit voeling die geagte minister is met ware probleme en die aanwending van fondse om dit op te los. Dis absurd en was seker net n slegte droom

Althes ·

Baie ministers in die kabinet het verskillende portefeuljes beklee en van elke afdeling ñ mislukking gemaak. Van die een onbevoegdheid na die ander onbevoegdheid geploeter. Dis skrikwekkend dat hul ploeter op belastinggeld en die krisis in die land al hoe groter raak.

Elméne ·

DA is net grootbek want die verkiesing is mos weer binnekort. Hulle het vir 28 jaar net mooi NIKS bereik as die amptelike opposie party nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.