Roets, AfriForum in hof oor vlag-twiet

Ernst Roets Woensdag buite die hof.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van die burgerregtegroep AfriForum, sal vandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van minagting van die hof nadat die Nelson Mandela-stigting ʼn klagte teen hom gelê het.

Dit kom nadat Roets verlede maand ʼn foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas het, kort nadat die gelykheidshof beslis het dat die vertoon daarvan – in sekere kontekste – op haatspraak neerkom.

“Het ek nou net haatspraak gepleeg?” het Roets se inskrywing saam met die foto op Twitter gelui.

Sy verweer is dat hy bloot ’n akademiese vraag as doktorale student gestel het.

Die stigting glo egter dat die plasing onder die voorwendsel van akademiese debat gemaak is.

Hesti Steenkamp, mediaskakelbeampte van AfriForum, het Maandag in ʼn verklaring gesê die stigting het klagtes teen Roets sowel as AfriForum gelê.

“Hoewel Roets en AfriForum al op rekord gesê het dat hulle nie die ou vlag ten toon stel nie, staan hulle die aanklagte teen onder meer op grond daarvan dat Roets se twiet binne die omvang van die uitspraak geplaas is. Hulle sal ook pleit vir burgerlike vryhede en standpunt inneem teen sensorskap en verbod,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Daan Erasmus ·

Die dinge kos geld. As almal nie help nie gaan dinge soos die nie kan gebeur nie. Maak jou bydrae.

Petrus Heigers ·

Nog beter sluit aan by Afriforum en betaal per aftrekorder

Jacques ·

Hoe ironies is dit nie , die meerderheid het n ewige vrees vir n ou vlag maar daar mag volksmoord plaas vind ? Dit is asof die mensdom die oog van die hoofdoel afhaal . Hulle mors hulle energie en tyd op klein aspekte inplaas van om seker te maak dat die land groei in sy volle glorie .

Pudini ·

Gaan die vertoon van die ANC vlag ook as haat spraak geklassifiseer word?
Menige moorde op burgelikes is onder die vlag gedoen, waarvan die Kerk str bom in Pretoria die bekendste is…

Trots Afrikaans ·

Ek wonder nou wat hulle gaan doen as ‘n klomp buitelanders die vlag op sosiale media plaas?

Jerry ·

“A picture (vlag) says a thousand words (vryheid van spraak vs haatspraak)”! Nou ja toe, laat dit vir jou n les wees, hopelik n duur les!

Boer ·

Wat is jou probleem met Afriforum?!?!? Wat het jy al vir ons blanke Afrikaners gedoen behalwe om met jou keyboard te speel? Grow a pair man!

AndrewL ·

Dit wil voorkom asof die stigtings nou net soos poltici raak wat nie meer ‘n doel het nie, verdeel die nasie met kinderagtige spookstories.

Johann Stewart ·

Is dit nie n bietjie vreemd nie as n “wit” persoon haatspraak pleeg word hul saak onmiddelik gehoor in die hooggeregshof aangehoor maar persone soos Julius Malema en daai ander Idioot van BLF se sake lê nou al vir meer as 2 jaar en hulle is nog steeds nie behoorlik aangehoor nie, en as hulle n hof datum kry dan is hulle nog nie gereed nie en vertraag hulle die proses wat nog erger is vir my is dat hulle toe gelaat word om die selfde en nog erger haatspraak te herhaal op kamera en absoluut niks word daaraan gedoen nie

Tino ·

Kom nou JS, dis nie vreemd nie dit is die norm!

Ek reken ‘n foto van BLF knaap toegedraai in die ou vlag sal ‘n baie interesante akademiese teoretiese debat en toets scenario uitmaak.

Sterkte aan Ernst en Afriforum, dwing die hand!

koos ·

Of daag net eenvouding nie by die hof op nie en dan moet advertensies in koerante geplaas word om hulle hof toe te “nooi”???????

kolla ·

koos – as jy nie voor die Hof verskyn nie, word ‘n lasbrief vir jou inhegtenisname uitgereik, die polisie neem jou in hegtenis en jy word so gedwing om voor die Hof te verskyn.

HPV ·

Maar die regime se manier om aandag af te lei van ‘n totale mislukte staat en die moordhool wat hulle geskep het .

Arno Scheepers ·

Die anc vlag moet verbied word. Elke keer as ek die vlag sien word ek pynlik herinner aan vriende en familie wat onder die vaandel van daardie vlag in bomaanvalle gesterf het of vermink is.
Ekself was amper n slagoffer van die Magoo’s bom.
Daardie vlag moet dadelik as haatspraak geklassifiseer word.

Maljan ·

Gaan vir goud Arno. Eerste stap is jou plaaslike polisiestasie. Ek wag (nie met oogehoue asem nie) vir die uitkoms van jou klag. Dan sal ons ook almal gaan klagtes lê.

Hansie Slim ·

Die dubbele standaarde in die land, idal mens tot raserny te dryf!!! Malema kan skreeu en doen wat hy wil maar niks gebeur nie. Is “…kill the boer” nie haatspraak is nie maar glo ‘n vryheids song of ‘n struggle song is, wat maak die vertoon van die pragtige vlag haatspraak?
Maak mens siek!!!

Maljan ·

Die ou vlag was ook n vryheids lag. Vryheid van Engeland se koloniale heerskappy. Dis Africana. Dis geskiedenis.

JohanL ·

@Pudini, dit is wat ek ook wil weet. Elke keer as ek die ANC lap sien, dan kry ek angsaanvalle want dit herinner my aan die dae wat ek in vrees rondgeloop het in die stad, bang dat ‘n bom sal ontplof. Die koue sweet slaan nou nog uit op my elke keer as ek daai vlag sien. Ek is dan vir ‘n hele rukkie ‘n senuwee wrak. Ek probeer om daai vlag mis te kyk, maar hy is op soveel plekke, dat my normale lewensgang versteur is omdat ek moet aanpas. Sielkundig is ek ‘n wrak – en dit agv daai ANC vlag.

Bernard Hellberg ·

Die waansin kry momentum. Sê Welkom aan die Volksgericht.

HPV ·

Die nuwe vlag hou waarskynlik die rekord, meer as 400 000 mense vermoor in 25 jaar en ons tel voort terwyl die wêreld ‘n blinde oog keer.

Vintcent ·

Heksejag teen WIT en AFRIKANER. Dit is al! Jy gaan lê of jy veg voort, soos Roets. Net jammer daar is bitter min Afrikanermans (onder die jong generasie) wat enige ruggraat het. Die ANC en hul liberale maatjies, het hul mooi gepaai en gebreinspoel van kleins-af.

Joe Olivier ·

So baie mense het dan verkondig dat mandela so n vergewende mens was. Waarom vertoon die stigting dit nie? Miskien omdat mandela ook nie regtig so was nie. Sy haat vir witmense word nou deur sy dogter en stigting voortgedra.

Cindy ·

En in ons land is daar nie ander dinge wat saak maak nie, wat aandag kort en wat eintlik in die hof moet voorkom en swaar gestraf word nie? Moorde op boere, kinders, vroue, mans, verkragting ensv….. Ja kom ons bou n nasie!!!!!

Jantru ·

Skielik is ek nie meer lus om met die gespuis wat hulself ANC noem , nasie te bou nie. Kom ons bou liewers brue tussen ons WIt Afikaansprekendes deur ons onbenullige verskille by te lê. Ons kan dan saam staan en n wit nasie bou wat die land in tyd kan terug vat en so doende n toekoms bou vir ons kinders en kleinkinders

KrokodilBotha ·

Mnr. Roets sal beter vaar as hy n nuwe vlaggie swaai met n tros piesangs op. As die ou vlag dan nou nie goed genoeg is nie, maak n nuwe een.

JohanR ·

KrokodilBotha twee Bells vir jou! Ek gaan sommer vandag nog sien of ek nie ‘n piesang vlag kan kry, of een laat maak. Die nuwe vlag van Suid Afrika is nou die PIESANG VLAG of nou…. BANANA REPUBLIC vlag! Kyk uit vir hom!

#moegvirnonsens# ·

die land brand en die mense hou hulle op met sulke onbenullighede, plaas dat hulle meer tyd spandeer aan belangrike sake as hierdie bog oor ‘n vlag van haatspraak. waar is julle preoriteite

KrokodilBotha ·

Het al geleer n slim man moet nie met n domme probeer redeneer of stry nie. Mors van tyd. Kyk noord en swaai die piesangs.

Chris du preez ·

Ek dink dit was n kinderagtige reaksie en uitartend van Roets om dit te doen .

Petrus ·

Chris, vandag is dit die ou vlag (vryheid van spraak), een van die dae ons taal. Erns het ten minste die “guts” om op te staan vir waarin hy glo.
As ons nie opstaan teen hierdie onregverdige beslissings nie gaan hulle oor ons volk loop, en sal ons taal en kultuur vertrap word tot daar niks oor is nie.
Met hierdie houding van jou moet jy maar solank jou kinders in ‘n engelse skool sit (as hulle nie reeds in een is nie)

Adam ·

Chris, ek stem volmondig saam met jou. Die mense wat dink Roets het “guts” kan gerus maar so dink. Ek is van mening dat hy bloot skoorsoekerig was en swak oordeel geopenbaar het.

Ryan ·

Het enigiemand ‘n youtube link of iets, sal graag wil sien wat gebeur. Ek sê weereens. Een haar aan daai man se lyf geraak word sal die poppe dans!

Jerry ·

Die slegte ouens voor 1994 is nou die goeie ouens. Die lang arm van die gereg gaan dus net vandag se slegte ouens se regte soos vryheid van spraak inkatrol. Mense wat dus reken dat wat geld vir die Afrikaner minderheid moet ook geld vir die ANC/eff meerderheid, sit die pot heeltemal mis. Die skoen is nou aan die ander voet. Die nuwe slegte ouens moet nou hulle plek begin ken in die nuwe samelewing en versoenend optree! Ernst moet maar se hy is jammer, net dalk aanvaar die nuwe goeie ouens dit!

Jerry ·

Indien tronkstraf nodig is om n man nederigheid te leer, then so be it!

Nel ·

@Jerry: Dit moet eintlik lees “A look is worth ten thousand words,” gevolg deur “say the Japanese” wat die korrekte weergawe van die gesegde is.
Jy en die Mandela Stigting kyk met ‘n bevooroordeelde oog na Roets en Afriforum en dit weer spreek vir my tien duisend woorde…

wet ·

ja kyk, ek sien nie nederigheid in jerry se skrywe nie. Eerder die normale liberalistiese kruisiging van die konserwatiewes. Maar vra hulle hoekom die wereld in so gemors is dan is hulle tjoepstil.

kolla ·

Ek is terleurgesteld dat Roets nie vanoggend die ou landsvlag rondgeswaai het op pad Hof toe nie. Seker te bang gewees.

Suzette Geringer ·

Sterkte Ernst Roets! Dankie vir wat Afriforum vir ons doen. Immers probeer julle ten minste iets regkry.

Gert van Wierdapark ·

Roets moet dieselfde poets as ou JZ bak en se dat hy nie kan onthou nie!!!!

Jerry ·

@Nel. Dit is alles behalwe bevooroordeeld, dit is eerder bekommerd. Dit is bekommerniswaardig dat Roets iets geleer moet word wat ander mense met die blote oog kan sien. Mandela was baie nederig na jare in die tronk en dit is uiters domastrant vir n Afrikaner van alle mense, om in Mandela se voetspore te moet volg om ook nederig gemaak te word. Almal kan mos sien wat tronkstraf aan n man kan doen! Kyk wat het tronkstraf ook aan die AWB se Terreblanche gedoen. Dit is wat n mens dom noem, jy noem dit nie dapper of heldhaftig nie!

JohanR ·

Verbaas my hoe gou Eben Etzebeth se saak by die NPA uit gekom het. Jy is wit dit vat tien dae. Jy is swart dit vat twee jaar.

Hanlie ·

Ai ek wens die mense regte kommissie wil ook iets omtrent BLF en EFF doen. Die ander mense kan sê en doen wat hul wil maar ons – die minderheid – moet betaal en / of word toegesluit. Is dit nou regverdig.

jakes ·

Doen so voort Ernst. Ek is een van duisende wat steeds die ou vlag respekteer en in my huis is ongeveer 20 van hulle. Die huidige vlag sal nooit in my huis toegelaat word nie. Hoekom steek CR nie hand in eie bosom en raak liewer van die euwels in sy party ontslae soos Ace Makshule en sorg dat hy n oranje pak aantrek nie? Soos die hele wereld kan sien het die ANC en die regering, SA die nuwe muishond van Afrika gemaak.

JDeer ·

As ek die komentaar hierbo lees dan sien ek dat daar maar nog baie van “ons” is wat eintlik aan die “anderkant” moet wees, mense wat geen respek vir sy taal, vlag of geskiedenis het nie… leef so voort julle trane gaan die verste rol.

Pottie ·

Ek was bereid in 1986 om vir my land te sterf op die grens en ek is nog steeds bereid om vir my ou land te sterf

Jerry ·

Die Afrikaner wat respek het vir sy vlag, taal, kultuur en geskiedenis sal dit beveilig en bewaar, hy sal nie van dit n teiken en n politieke speelbal maak nie!

Gerrie Minnaar ·

Die ANC moet gewys word op die groot hoofletter ‘Y’ op die huidige landsvlag. Hierdie vlag vra vrae soos:
Y are You so corrupt?
Y did You sell out our country?
So is daar legio vrae wat gevra word en n vinger na die regering en sy amptenare wys!
So sal hul kinders ook eendag vra, but Y?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.