Volgens die berig het die rowers die pa en sy 19-jarige dogter met vuurwapens aangehou voor hulle met haar handsak, waarin daar ʼn skamele R10 was, gevlug het. Die pa en dogter het ook ʼn iPhone by hulle gehad, maar die rowers het nie daarin belang gestel nie.
Die pa het sy dogter by ʼn roomyswinkel in Floridaweg afgelaai toe hulle deur die rowers oorval is. Die rowers het die pa oor die kop geslaan voor hulle vier skote in die lug afgevuur het en in ʼn swart Mercedes Benz met blou ligte gevlug het.
Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, en Brian Jackson, besdryfsbestuurder van Blue Security, het die voorval bevestig. Naicker het aan die koerant gesê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en roof.