SA doen streng stappe teen Israel

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdagoggend die parlementêre perskorps toegespreek oor die regering se besluit om die Suid-Afrikaanse ambassadeur uit Israel te herroep.

Maroela Media het vroeër berig die regering het Maandag sy ambassadeur in Israel met onmiddellike inwerkingtreding onttrek tydens ’n dag van gevegte tussen die Israeliese magte en Palestyne wat tot die dood van minstens 58 mense in die Gaza-strook gelei het. Ongeveer 2 700 mense is tydens die geweld beseer.

Sisulu het Dinsdag gesê behalwe vir die Suid-Afrikaanse ambassadeur wat onbepaald uit Tel Aviv teruggeroep is, is die toekoms van die Israelse ambassade in Pretoria ook onseker, met die afgradering daarvan wat al meer na ’n uitgemaakte saak lyk.

Sy het gesê die Suid-Afrikaanse regering sal met die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap en die plaaslike Joodse Raad van Afgevaardigdes in gesprek tree sodat die Suid-Afrikaanse Jodedom druk op Israel kan toepas om meer vreedsaam op te tree.

Palestynse betogers tydens ʼn betoging in die Gaza-strook op die grens met Israel (14 Mei 2018). Foto: Khalil Hamra/AP

Sisulu het die skuld vir die Palestynse sterftes vierkantig voor die deur van die Israelse sekerheidsmagte en die Amerikaanse president, Donald Trump, gelê. Trump se besluit om die Amerikaanse ambassade in Israel te verskuif van Tel Aviv na die ooste van Jerusalem, wat nie deel is van die gebied wat in 1948 aan die Jode gegee is nie, was die katalisator vir die huidige protesoptrede.

Sisulu het gisteraand regstreeks met die nuwe Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, geskakel en hom gevra om die opening van die nuwe Amerikaanse ambassade in Jerusalem uit te stel, maar hy het aangevoer Trump se besluit moet deurgevoer word.

Volgens Sisulu is die uitbou van Suid-Afrikaanse ekonomiese groei tans die voorste doelwit van Suid-Afrikaanse buitelandse beleid. Sy het die moontlikheid van vrede op die Koreaanse skiereiland verwelkom, maar haar skok uitgespreek oor Trump se besluit om die kernkragooreenkoms met Iran eensydig op te sê.

Sisulu het gesê Iran is ’n strategiese vennoot  van Suid-Afrika. Suid-Afrika het volgens haar en haar adjunk, Llewellyn Landers, al dikwels daarin geslaag om Iran van skadelike gedrag te laat afsien danksy die verbintenis.

Die minister het gesê Suid-Afrika is ’n brugbouer tussen Iran en sy aartsvyand, Saoedi-Arabië.

Suid-Afrika se voorste prioriteit bly die stabilisering van Suider-Afrika sodat die land se ekonomie kan groei. Daarom bly Suid-Afrikaanse weermaglede aktief in Lesotho en die Demokratiese Republiek van die Kongo, en is goeie betrekkinge met Namibië, Botswana, Angola en Zimbabwe reeds deur staatsbesoeke van pres. Cyril Ramaphosa versterk, het Sisulu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

66 Kommentare

jongste oudste gewildste
Loon

Die dag as sy wakker skrik uit haar dtoomwêreld van n lewe gaan sy nie weet wat haar tref nie…..
Sy maak uitlatings wat haar nog gaan byt waar dit nie lekker gaan voel nie….

LR

Verstaan nie. Dis mos die VSA wat sy ambassade geskuif het. Dan moet SA mos stappe teen die VSA neem en nie Israel nie.
Vir een of ander rede is SA baie goeie vriende met lande in die midde ooste wat verbind kan word met terrorime. Ek dink dis n geval van soort soek soort.
Al hierdie lande het n swak rekord as dit kom by menseregte, iets waarvoor ons regering tog so sensitief is.

Sjoe

groot probleme vir die land as ons teen Israel opstaan. Die land gaan vernietig word deur die Vader. Mense ken nie hul bybels nie.

Marts

This has been the worst decision EVER made by SA – Lord have mercy on us!

Lena

Sal Israel hulle tog daaraan steur… Dié wat teen Israel opstaan, skiet hulleself in die voet.