Fatima Seedat, woordvoerder van die vereniging, sê daar is nagenoeg 8 000 selfmoorde per jaar in Suid-Afrika. Sy sê daar is jaarliks nagenoeg een miljoen selfmoorde wêreldwyd.
Seedat sê selfmoord is die derde grootste oorsaak van onnatuurlike sterftes in Suid-Afrika. Sy sê nagenoeg 230 mense probeer daagliks selfmoord pleeg met sowat 23 mense wat daarin slaag.
Seedat se uitlatings kom op internasionale selfmoordvoorkomingsdag. “Dit is baie belangrik om dié dag te herdenk deur die boodskap te versprei dat selfmoord voorkombaar is en dat daar hulp beskikbaar is vir mense wat ondersteuning nodig het.”
Navorsing toon psigososiale faktore soos onbehandelde geestesongesteldhede, die misbruik van dwelms en alkohol, gesinsprobleme, trauma, verkragting en armoede kan bydra tot selfmoordgedagtes.
Die navorsing toon ook dat nagenoeg 70% van mense wat selfmoord pleeg, voor die tyd waarskuwingstekens getoon het. “Van die waarskuwingstekens is wanneer mense baie van die dood praat of daaraan dink, depressie, ʼn gebrek aan belangstelling en skielike gedragsveranderinge,” het Seedat gesê.
Die syfers is kommerwekkend.
@Bokkie – baie, BAIE kommerwekkend. En dit sal maar net by syfers bly… Ons bly in ‘n land waar mense hooploos begin voel. Die ekonomie en werkloosheid, die gevoel van daar is niks vorentoe maak dat iemand wat reeds dalk aan depressie ly, net voel daar is nie hoop en dan is dit net iets kleins wat die ding “trigger”. Dis baie erg…
Dis vir my baie erg. Ons leef ook deesdae so gejaagde lewe en eintlik verby mekaar in baie opsigte. Mens weet nie van die pyn in ander nie en dis moeilik…
Dit was n karaktertrek van die val van die Romeinse ryk . Dit het begin by morele agteruitgang en vermenging . “The rise and fall of the Roman Empire” deur Gibbons .