SA professor wêreld se tweede slimste wiskundeboffin

Prof. Abdon Atangana, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, is die wêreld se tweede beste wiskundige. (Foto: UV)

ʼn Professor in toegepaste wiskunde verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) beklee wêreldwyd die tweede plek in die lys van kundiges in algemene wiskunde. Prof. Abdon Atangana is boonop internasionaal 188ste op die Stanford-universiteit se internasionale lys van kundiges op die gebied van wetenskap, tegnologie en ingenieurswese.

“Dit is altyd bemoedigend om ʼn navorser van ʼn ontwikkelende land boaan die lys in ʼn moeilike veld soos fisika, chemie of wiskunde te sien. Baie akademici uit die Suidelike Halfrond is op die lys, wat wegdoen met die mite dat slegs navorsers in die Noordelike Halfrond die vermoë het om navorsing van hoë gehalte te doen,” sê Atangana, wat verbonde is aan die UV se Instituut vir Grondwaterstudies.

“As ʼn swart kind van Afrika en as wiskundige, tweede op die wêreldranglys, wys ek dat wiskunde nie beperk word deur geografie of ras nie, soos David Hilbert gesê het. Wiskunde is ʼn vak wat nasionale grense oorsteek. Die nommer een in algemene wiskunde is van Stanford, maar sy werklike spesialiteit is rekenaarwetenskap.”

Atangana het sy honneurs- en meestersgraad aan die US verwerf en sy doktorsgraad in toegepaste wiskunde by die Instituut vir Grondwaterstudies.

Die Vrystaatse professor spog met ʼn indrukwekkende CV. Hy is onder meer redakteur van 18 internasionale joernale, hersien meer as 200 internasionaal geakkrediteerde joernale en is al twee keer aangewys as die wêreldkampioen vir portuurbeoordeling. Hy dien in meer as 20 rade vir toegepaste wiskunde en wiskunde, is ʼn gewilde spreker by internasionale konferensies oor wiskunde en het al twee boeke geskryf.

Die Stanford-universiteit het ʼn lys van die wêreld se top 2% navorsers, gegrond op vermeldings oor hul volle loopbane, geskep. Die lys is in September bekend gemaak, met 195 605 navorsers daarop. Inligting oor die invloed van die navorsers oor hul leeftyd, asook in ʼn enkele jaar, word ook aangedui.

Atangana se 188ste plek in alle gebiede van wetenskap, tegnologie en ingenieurswese is ook noemenswaardig omdat dit wys watter uitwerking sy studies het wanneer dit vergelyk word met ander vakgebiede en dat dit nie net tot wiskundiges beperk is nie.

Hy is die skepper van verskeie wiskundige begrippe wat sedertdien op wetenskaplike, tegnologiese en ingenieursgebied gebruik word.

Benewens Atangana is nog 21 van die UV se navorsers op die internasionale lys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Koos 100 ·

Waar is hy gebore en waar het hy skool gegaan? Dis baie belangrik om te bepaal of hy produk van die SA skole sisteem was.

Louis ·

Atangana went to primary and high school in a small village in Cameroon called Elig-Mfomo. He obtained his Honors, Master and PhD degrees in Applied Mathematics from the University of the Free State

Piet Snot ·

“Atangana het laer- en hoërskool in ‘n klein dorpie in Kameroen genaamd Elig-Mfomo bygewoon. Hy het sy Honneurs-, Meesters- en PhD-grade in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf.”
Google is jou vriend, Louis. Sy broer Google Translate ook.

Hendrik ·

Baie geluk! Prof. Abdon Atangana ons Afrika man van Cameroon. Wel gedaan!

Elize ·

Gedink hy is nie van hier nie. Baie, baie geluk. Dit wil gedoen wees

Leana ·

Baie geluk, Prof. Leer asb. vir die SA-regering ook ‘n paar slim dinge.

My siening ·

Baie geluk en mag jou studente net baie baat vind by jou!

Danie ·

Inderdaad dat daar n ,,,,persentasie mense met n gawe is.Veral wiskunde my gunsteling.

Republikein in die Wes Kaap ·

Lyk my Free State University is nou die beste in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.