Soorte resepte:

SA restaurant stel wêreldrekord vir melkskommels op

Een van Gibson’s se melkskommels (Foto: Instagram)

Deur: Janie Monsieur

Die Kaapse restaurant Gibson’s Gourmet Burgers & Ribs in die V&A Waterfront is pas deur Guinness Wêreldrekords aangewys as dié restaurant met die grootste verskeidenheid kommersiële melkskommels beskikbaar.

Gibson’s het dié nuus Woensdag op sosiale media aangekondig.

“Dis amptelik! Gibson’s Gourmet Burgers & Ribs is amptelik Guinness-wêreldrekordhouers! 207 melkskommels! Ja! 207! Kom probeer hulle gerus self,” het Gibson’s geskryf.

Ian Halfon, bemarkingsbestuurder van die Slick-restaurantgroep, waarvan Gibson’s deel is, het aan Maroela Media vertel dat hulle lank gelede reeds met die proses begin het.

Meer as ʼn jaar en ʼn half gelede het Halfon en sy bemarkingspan begin voelers uitsteek oor dié wêreldrekord en het toe die lang proses om ʼn Guinness-wêreldrekord op te stel begin.

Halfon vertel dat Gibson’s aanvanklik slegs sowat 15 of 20 melkskommels gehad het, omdat die restaurant meer op burgers en ribbetjies fokus, maar dat die melkskommels so baie aftrek gekry het, dat hulle die projek aangepak het.

Een van Gibson’s se melkskommels (Foto: Instagram)

“Ons probeer altyd om op hoogte bly met dít wat oorsee aan die gang is en ons probeer die neigings dophou, daarom het ons ook begin om suikervrye melkskommels, jogurt-melkskommels en veganistiese melkskommels te maak.”

Halfon sê dit was ook nie moeilik om die melkskommel-spyskaart uit te brei nie, omdat die geurkombinasies eindeloos is.

“Tradisionele geure soos Peppermint Crisp en koeksister kry telkens aftrek. Die jongste giere inspireer ons en ons bestuur ons restaurante vir meer as 40 jaar, so ons het jare se ervaring.”

Melkskommel-geure by die dié restaurant sluit in kaaskoek, Bar One, geroosterde amandel, Kit Kat, vanielje en heuning, grondboontjiebotter, kaneel-oliebol, appeltert, cappuccino, gemmerkoekie, malvapoeding en vla, en rooswater en malvalekker, suurlemoen-meringue en crème brûlée.

Een van Gibson’s se melkskommels (Foto: Instagram)

Hoewel opsies volop is en dit goeie aftrek kry, sê Halfon dit is steeds die tradisionele geure wat die grootste gunstelinge is.

“Daar is beslis ʼn neiging na sjokolade. Mense is mal daaroor. Die gewone sjokolade-melkskommel, en sjokolade variasies soos Bar One, Nutella en Kit Kat is ons beste verkopers.”

Halfon sê hulle is verheug oor hul prestasie om dié wêreldrekord te kry.

“Ons was baie in ons noppies. Dit was moeite en werk, maar ons het geweet as ons uithou gaan ons dit maak. Dit is fantasties vir ons en vir Suid-Afrika, want Guinness handhaaf hoë standaarde en hulle is sorgvuldig. So dit is nie maklik om ʼn rekord by hulle op te stel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Stefanie ·

Hulle burgers is die beste wat ek nog geeet het en hulle melkskommels net so lekker. Desember met ons vakansie kaap toe gaan probeer en nie eers ‘n bietjie spyt nie. Sal weer en weet terug gaan. Daar was nie’ n krummel op ons borde oor nie

Cherokee ·

Dit is nie lekker om so dik spyskaart deur te blaai en besluit nie. Alle restaurante moet slegs een item hê op die spyskaart om besluit-tyd te verkort.

Sjoe ·

Dit lyk giftig! Reguit graf toe.
Die gestorte melkskommel in die piering lyk nie vir my te aantreklik nie. Kelner sal dadelik ‘n skoon piering moet bring.
Jongelinge, pas julle lyfies op.

Kolonel ·

Dit lyk na melkskommels. Nee.
Ons is jammer om te hoor – maar let wel, geen traan is gestort nie. As ek so na jou luister, wonder ek of jy op vele plekke gemis word …

Anni ·

Ai Sjoe, dis net vir die foto waarvoor dit so lyk. En wel daar’s soveel vet lyfie deesdae onder jonges. Dat ek ni kan dink dis alleenlik melk skommels ni.

Anni ·

Aiai, te lekker, ek drink ni so baie skommels ni, Maar di kere Wat J wel dit dun. Is daar mos net altyd aarbei, lime en sjokolade. As ek ooit daai kant gaan, sal ek beslis daar stop vir di verskeidenheid geure.

anneke ·

Gou op hulle spyskaart gaan kyk. Melkskommels is R95 en R160.

Yolandi ·

Anneke… Jy was dan op die verkeerde website…. meeste van hulle is tussen R50 en R65…

Dankie Koeie vir Melk ·

Baie goeie restaurant met puik kos. Hoekom is sommiges wat kommentaar lewer so suur, selfs die melkskommels sal in ‘n oogwenk in dikmelk verander en suur word. A nee Allawêreld, die melk is nog nie eers uit die koei se uier en speen nie nie dan kla ons al. Eendag is eendag dat die Bloue Berge antwoord sal gee en ons sal beveel om ons milkshakes te drink sonder enige verdere klagtes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.