SA soldate gaan langer in Afrika help teen R1 miljard

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SANW)

Nagenoeg 1 500 Suid-Afrikaanse soldate se ontplooiing in Afrika is tot die einde van die jaar verleng teen ʼn koste van net minder as R1 miljard.

Pres. Cyril Ramaphosa het die Nasionale Vergadering (NV) ingelig dat 1 495 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se diens verleng is ter nakoming van internasionale verpligtinge van die land teenoor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

Die Suid-Afrikaanse soldate is in Mosambiek, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en aan die ooskus van Afrika ontplooi.

“Lede van die SANW wat ontplooi is sal voortgaan met hul verantwoordelikhede om dade van terrorisme en gewelddadige ekstremisme te bekamp oor die tydperk van 16 April 2024 tot 31 Desember 2024 teen ʼn uitgaweberaming van R984 368 057,” het Ramaphosa gesê.

In Mosambiek sal soldate as deel van die SAOG se Operasie Vikela help om terreurdade en gewelddadige ekstremiste te bekamp in die noordelike gebiede van die land.

ʼn Totaal van 1 198 soldate se verlengde ontplooiing in die DRK is ter nakoming van die Verenigde Nasies (VN) se stabiliseringsending (Monusco) in die land. Dié ontplooiing sal na verwagting net meer as R805 miljoen kos.

ʼn Verdere 200 soldate se ontplooiing is verleng as deel van Suid-Afrika se verpligtinge teenoor die SAOG se maritieme veiligheidstrategie om die bedreiging van seerowery en ander verwante onwettige maritieme aktiwiteite aan die ooskus van Afrika te bekamp. Die koste hieraan verbonde beloop meer as R35 miljoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johan ·

Mooi man. Ons kan nie eers die onluste/moorde/geweld/onwettige imigrante in ons eie land stop nie, nou wil ons dit in Afrika gaan doen?
Grap van die jaar.

Griesel ·

Meskien moet hy die duikbote ook stuur sodat hulle die haaie kan wegjaag?

Die probleem met sosialisme is dat jy een of ander tyd uit ander mense se geld uithardloop.

hpven ·

Die bedreiging van globale terrorisme in ag geneem, hou sulke ontplooiings ook voordele in deur die weermag oorlogs-fiks te hou. Lugsteun vir die soldate is egter van uiterste belang, sonder dit is die oorlog reeds verloor!
Net so belangrik is opleiding asook die instandhouding van ons wapentuig ter plaatse!

Republikein in die Wes Kaap ·

SA is nou die Amerika van Afrika. Maar die seerowers gaan hulle roer.

willie ·

Nee wat niks in hierdie land kan my meer stomslaan nie. Ons huidige weermag is nie in staat om enige iets te kan doen nie. Glad nie opgelei of bevoeg nie om enige verskil te kan maak nie.

Michael ·

Met al die bewyse van onbevoegdheid sal net ‘n onbevoegde vir die anc stem in die verkiesing.

Tersia ·

En dan?
Wat kry die soldate op die ou einde?
Ons het familie daar wat nie n keuse het nie. Dit sodat die regering kan goed lyk. Vir wat? Vir wie?
Hulle kan nie eers hulle eie land en mense beveilig nie maar wil gaan goed lyk in ander lande?
Die is belaglik. Ek sien nie dat ander lande by-stand stuur om ons gemors uit te sorteer soos Plaas mooorde, Township geweld, Korrupsie , Geweld teen vroue en kinders en en en en en die lys gaan aan.
Hulle vee nie voor hulle eie agterdeur nie maar wil daai lande se sand vlaktes stofsuig.
Kry julle Prioriteite reg.

annie ·

En so bou ons ook vyande op wat ons mettertyd kan aanval of terrorisme pleeg en dan wonder ons regering hoekom. Bemoeisiekheid is nou ‘n internasionale pandemie.

domheks ·

Stuur nog ‘n paar duisend soldate, ons het mos BAIE GELD in SA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.