SA teen Israel: Vyf vrae beantwoord

Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu (middel) en sy minister van buitelandse sake, David Levy, tydens ‘n parlementsitting. (Foto: Menahem Kahana/AFP)

Die Internasionale Geregshof sal Vrydagmiddag ʼn grensverskuiwende uitspraak lewer in Suid-Afrika se klag van volksmoord teen Israel weens dié land se optrede in Gaza ná ʼn ongekende aanval van die Hamas-terreurgroep.

Hierdie is sommige van die sleutelkwessies:

Gaan die hof besluit of Israel volksmoord pleeg?

Nee.

In hierdie stadium besluit die hof net of hy noodmaatreëls aan Israel gaan oplê; in die hof se woorde, “voorlopige maatreëls”.

ʼn Beslissing oor of Israel hom wel aan volksmoord in Gaza skuldig maak, sal in die tweede gedeelte van die aansoek hanteer word – en dit is ʼn proses wat waarskynlik jare lank gaan duur.

Die oorlog het op 7 Oktober uitgebreek toe Hamas die ongekende aanval op Israel geloods het. Naastenby 1 140 mense is dood, die meeste van hulle burgerlikes, aldus ʼn opname van APF wat op Israelse syfers gegrond is.

Israel se genadelose militêre aanslag op Gaza het al minstens 25 900 lewens geëis; sowat 70% hiervan is vroue, kinders en jong mense, volgens die Hamas-beheerde departement van gesondheid.

“In hierdie stadium hoef Suid-Afrika nie te bewys dat Israel volksmoord pleeg nie,” sê Juliette McIntyre, ʼn dosent in internasionale reg aan die Universiteit van Suid-Australië.

“Hulle moet eenvoudig vasstel dat daar ʼn geloofwaardige risiko is dat volksmoord plaasvind.”

Selfs al beslis die hof teen Israel, “beteken dit daar is ʼn geloofwaardige gevaar van volksmoord. Nie dat volksmoord gepleeg word nie,” sê sy.

Wat kan die hof doen?

Die Internasionale Geregshof in Den Haag. Suid-Afrika se betoë word volgende week aangehoor. (Foto: Internasionale Geregshof)

Suid-Afrika het die hof gevra om nege bevele aan Israel op te lê. Dit sluit in die onmiddellike opskorting van militêre bedrywighede en om meer humanitêre toegang moontlik te maak.

Die hof kan al nege bevele oplê, of nie een daarvan nie, of heeltemal ander bevele maak.

“Dit lyk waarskynlik dat die hof sommige van Suid-Afrika se versoeke gaan toestaan,” sê Cecily Rose, ʼn professor in internasionale reg by die Leiden-universiteit.

Israel het betoog dat ʼn skietstilstand onrealisties is omdat die hof net opdrag hiervoor vir een party kan gee; Hamas – aan die ander kant van die konflik, vorm nie deel van die hofverrigtinge nie.

“Die hof kan beslis dat ʼn skietstilstand ingestel word, maar na mening is dit meer waarskynlik dat ʼn bevel gemaak word dat Israel alles in sy vermoë doen om behoorlike toegang tot kos, water en humanitêre hulp te verseker,” sê McIntyre.

Wat gebeur volgende?

Gesien uit die hof se kant, beweeg die saak nou na die “meriete”-fase, waar bepaal moet word of Israel inderwaarheid volksmoord in Gaza pleeg.

Deurslaggewend gaan wees of Israel gaan hou by enige uitspraak van die Internasionale Geregshof. Eerste minister Benjamin Netanyahu het reeds daarop gesinspeel dat hy nie enigsins gebonde aan ʼn uitspraak voel nie.

Ongeag Israel se reaksie op die uitspraak, gaan dit steeds ʼn belangrike “rimpeluitwerking” hê, sê McIntyre.

Indien die hof beslis daar is ʼn “risiko” van volksmoord, “is dit veel moeiliker vir ander state om hul steun aan Israel vol te hou … lande kan moontlik militêre of ander steun onttrek”.

Die hof se uitsprake is bindend, maar daar is weinig maniere waarop hy dit kan afdwing – en sommige lande ignoreer dit sommer net heeltemal. Rusland is byvoorbeeld beveel om sy inval van Oekraïne te staak.

Die uitspraak skep tog ʼn “belangrike historiese rekord wat dalk nie tans dinge op die grond gaan verander nie, maar noodsaaklik kan wees in toekomstige onderhandelinge onder nuwe regerings”, sê McIntyre.

“Uiteindelik is daar ook die simboliese aspek, wat binne Israel se konteks, enorm is.”

Hoekom Suid-Afrika?

Suid-Afrika het die saak teen Israel aanhangig gemaak omdat albei lande ondertekenaars van die Verenigde Nasies (VN) se Volksmoordkonvensie is; dit is in 1948 opgetrek nadat die wêreld vasbeslote was dat ʼn gebeurtenis soos die Joodse volksmoord “nooit weer” herhaal mag word nie.

Sy aansoek lui dat Pretoria “deeglik bewus” is van die “besondere gewig van verantwoordelikheid” in sy beskuldiging van Israel – van alle lande – van die verbreking van die Volksmoordkonvensie.

Maar Suid-Afrika voer ook aan geen aanval kan beweerde skendings van die konvensie regverdig nie en dat Israel “sy eie verpligting” as ʼn ondertekenaar het om volksmoord te verhoed.

Suid-Afrika is lankal ʼn uitgesproke ondersteuner van die Palestynse saak, met die regerende ANC wat dié stryd dikwels met sy eie vryheidstryd vergelyk.

Die twee lande het reeds diplomatieke bande oor die kwessie opgeskort.

Watter ander sake is daar?

Die Internasionale Geregshof beslis oor dispute tussen lande en word dikwels met die Internasionale Strafhof, wat ook in Den Haag gesetel is, verwar. Dié hof hanteer oorlogsmisdade deur individue.

Die strafhof se hoofaanklaer, Karim Khan, het reeds ʼn ondersoek na gebeure in Gaza begin en het onderneem om dit te “verskerp”.

Vyf lande, ook Suid-Afrika, het in November vir ʼn ondersoek van die Internasionale Strafhof na die oorlog in Gaza gevra; Khan sê sy span het reeds ʼn “beduidende hoeveelheid” bewyse ingesamel.

Internasionale regskenners sê oorlogsmisdade is na alle waarskynlikheid deur albei kampe gepleeg.

Die VN het die Internasionale Strafhof ook gevra om na die regsgevolge van Israel se optrede in Palestynse grondgebiede te ondersoek.

Daar sal ʼn adviserende mening gegee word en dit sal ook nie fokus op die militêre optrede ná 7 Oktober, toe Hamas-militante Israel binnegeval het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Skyspy007 ·

Dink julle Israel luister na die RIOOLPLAAS van Ramapara se gespuis? Hehehe, hier kom ‘n ding. Ek ken verseker die verskil tussen modder en….Hierdie is verseker nie modder nie. Kry vir julle cANCer

Francois ·

Vir my is hierdie hele oefening uiters onregverdig. Daar is twee partye wat deelneem aan dieselfde konflik. Net een party word aangekla, moet buk vir ses van die bestes en beveel om hulle deelname te staak en terug te staan. Die ander party met ondesteuners staan om die hoek en loer en hulle tone krul om van lekkerte terwyl hulle mag omdraai en voortgaan sonder enige teregwysing, “straf” of gevolge. Dit is soos jou twee kinders wat saam stout is, jy gee die een pakslae maar die ander een mag omdraai en loop sonder enige gevolge. Die kanse is goed dat die verhouding tussen die twee kinders net meer gaan versuur.

Wicus ·

Wens ons regering het dieselfde aandag aan die 27,000 moorde in SA laas jaar gegee. Baie hartseer hoe onsuldige kinders en vrouens in Gaza sterf, maar net so hartseer hoe 27,0000 onskuldige burgers buite ‘n oorlog situasie op ons eie stoep jaar na jaar sterf. Kan seker ook as volksmoord beskou word as onskuldige mense vermoor word a.g.v. ‘n incompetent regering. Maar hou maar die oogklappe aan en “help” elders…..

Prikkie ·

As ons tog net die anc regering sover kan kry om eers hulle eie huis in orde te kry en nie te gaan krap waar hulle nie hoort nie.

Boere word stelselmatig uitgemoor, eers gemartel, maar dit is maar reg so. Ons vat liewer ‘n trippie Den Haag toe en vergeet van die vullis wat op ons voorstoep lê en vrot.

Jacobus ·

Wens die geleerdes wil luister wat Hamas leiers uit hulle wegkruip neste van die “anihalation” van Israel uitspoeg. Dis nie netjies gekurateer soos wat die berig insinueer nie – blatant haat.

Jacobus ·

Iran has paid the ANC bills, now the Palestinians have taken over the ANC meeting in Durban to announce their election manifesto. ANC have painted themselves into a corner. The tail is now wagging the dog! They are now the Islam party.

Gaitsigubib ·

Skyspy. Israel maak 100% staat op Engeland en die VSA en julle manne sien eerlikwaar nie wat gaan aan in die wereld nie. Die Moslems (pro Hamas) het Europa totaal oorrompel. Mense soos AOC en Ilhan Omar swaai die septer in die demokratise party in Amerika. n Faksie wat in die geheim saamwerk met die demokrate is nou ontbloot deur Keri Lake in n omkoop skandaal, waar hulle Trump wil ondermyn. Hy is die enigste stem in die wereld teen oorlog. Om in hierdie konflik kante te kies bring nie n einde aan die oorlog nie, maar eskaleer dit. Engeland praat nou van “conscriptions” vir hulle weermag. Mense verstaan nie hoe belangrik dit is die om hierdie geweldadige oorlog te beeindig nie. Hamas het dit begin en wil dit nie eindig nie en van die ander por vir Israel aan van die kantlyn af. Gaan veg self as julle so graag wil baklei.

Skyspy007 ·

Mou ou arme Gaitsigubib, vir jou inligting….ek het 48 jaar terug vir JOU oorlewing in SPESMAGTE geveg en jy praat hierdie snert….Ek klim Môre op die vliegtuig en gaan help Israel om hierdie GEMORS HAMAS af te maai….ek WAS IN WERKLIKE oorlog ou mater. Jy en jou maatjies eet uit die TROG van cANCer en het duidelik nie begrip en/of kennis waaroor dit gaan nie!! HAMS het die moeilikheid begin en het presies geweet wat hulle verwagte kan wees. Plaas gaan hierdie arme bloedjies van Palestyne en raak kwaad vir hulle Hamas leiers en sê hulle moet die gyselaars DADELIK vrylaat, die oorlog sal dadelik ophou. Hamas hou aan( so ook julle) om Palestyne te ondersteun.

Jacobus ·

Die VSA het onthul dat dollars deur SA gewas word deur drie van SA se grootste banke. Die dollars word deur Iran en ander terroristiese nasies hier in front maatskappye inbetaal en dan weer aan Hamas uitbetaal met die anc se hulp natuurlik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Watter land se spesmagte Skyspy007? Ware spesmagte praat nie oor hul verlede nie. Spog nog minder oor werklike oorlog nie, veral op ‘n forum soos dié. Intussen geniet jou Rambo movies, 00 zero. Dis veilig. Hamas sal jou roer.

Jan Jacobs ·

Ou sky spy, ons se dankie, vir jou diens, ek het ook my land gedien, maar jy en ongelukkig die meeste kommetators van maroela media, het geen idee wat aangaan in wereld politiek nie, aipac beheer die vsa se senaat. Ek het vroeer n stuk kommetaar gelewer, oor die invloed julle vriende se mense gehad het in die boere oorlog, maar soos gewoonlik is dit nie geplaas nie.

Gaitsigubib ·

Sky nie eers jou eie veiligheid is in jou hande nie. Wie het jy gevra om jou te beskerm op die grens, so moet tog nie nou maak of jy Rambo is nie. Daardie wat een nuttelose oorlog is al wat ek verder oor dit wil se.

Papsak ·

Ag asb laat ek liewers stil bly volksmoord asb kyk hoe lyk volksmoord kom nooi Irael laat hulle kom kyk hoe moor hulle ons boere ten wreedste uit in SA nou dink hierdie dommies hulle is heros hulle het niks gestop gekry nie Israel gaan voort lag vir julle

Jan Jacobs ·

Ou pap sak, gaan google Cecil John Rhodes en Rothschild, dan sal jy sien wat was n volksmoord op die boere. Die kaders doen ook maar, dis n druppel in die emmer teen, daai geld wolwe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.