SA werkloosheid vererger

Argieffoto (Foto: radiokerry.ie)

Werkloosheid in Suid-Afrika het in die eerste kwartaal van vanjaar selfs erger geword en met 0,5 persentasiepunte toegeneem tot 27,6%, het Statistiek Suid-Afrika Dinsdag bekend gemaak.

Die situasie is selfs taaier vir jong mense, met sowat ʼn derde van werksoekers onder die ouderdom van 24 jaar wat nie werk kan kry nie, het die statistikus-generaal, mnr. Risenga Maluleke, aangekondig.

Volgens Statistiek Suid-Afrika se syfers het 237 000 werkgeleenthede in die eerste kwartaal verlore gegaan.

Die afgelope jaar het die getal Suid-Afrikaners van werkende ouderdom toegeneem met 149 000, maar die getal werklose mense het met 325 000 toegeneem.

Byna alle ekonomiese sektore het ʼn verlies aan werkgeleenthede ervaar. Die meeste werkverliese was in die konstruksiebedryf (142 000), gevolg deur die finansiële sektor (94 000), gemeenskaps- en maatskaplike dienste (50 000), private huishoudings (31 000), mynbou (20 000) en landbou (12 000).

Sektore waar werkgeleenthede merkbaar toegeneem het, is vervoer (59 000), handel (25 000), diensverskaffing (16 000) en vervaardiging (14 000).

Van die sowat 10,3 miljoen Suid-Afrikaners tussen 15 en 24 jaar oud is 33,2% werkloos en nie besig met onderwys en opleiding nie. Vir die ouderdomsgroep 15 tot 34 jaar staan daardie syfer op ʼn hoogs sorgwekkende 40,7%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Andreas ·

Ek het idee Cyril sal meer as een haas uit die hoed met trek, en dalk sommer ‘n paar konyne ook.

Andreas ·

Hou dat ek weer dink, terwyl die mense van werkende ouderdom in die land met so baie toegeneem het, moet mens maar die konyne weer terug in die hoed sit.

Pieter du plessis ·

Dit is goed so as gekyk word na die stemme vir die anc is dit wat die meerderheid wil hê

honourable member ·

Dit gaan ook nooit verbeter nie want die regering is nie ingestel op werkskepping nie net lee beloftes aan die massas om stemme te werf.

jaco ·

hoekom is die werkloosheidsyfer nie net meer as 2 miljoen nie? want dis hoeveel ekonomies aktiewe wit mense daar is en daars soveel regstellende aksie en BEE om elke hoek en draai, dat dit dus besonder maklik behoort te wees om werk te kry met net die “regte” velkleur”.
Iewers maak iets dus nie sin nie.
Wit werkloosheid en wit armoede is seker maar die “straf” vir apartheid, maar hoekom is mense uit rassegroepe wat slagoffers van apartheid was, dan ook werkloos?
Hoekom sorg ons swart regering dan so swak vir hulle eie mense?

Jimmy ·

Effektief steun net 25% van die stemgeregtes vir die ANC by die stembus. Dit is maar een uit elke vier. Die ANC loop op dun ys.

Andreas ·

Jimmy, dat die EFF so gegroei het is vreesaanjeand. Dit lyk of daar vir die swart mense nie ‘n alternatief is nie. Cyril en ander het net nie die antwoord nie, dus draf hulle satan se kronkelpad.

Hanna Hoekom ·

Dankie tog vir Sassa! Hierdie kastige werklose jongmense is baie goed met kindertjies maak…

GM ·

Wat verwag hul as daar nie geboortebeperkings ingestel word onder dié wat nie vir hul kinders kan sorg nie, en as die meerderheid vir ‘n regering stem wat eerder rassehaat sal aanhits as om te predik dat almal moet werk vir wat hul in die lewe wil hê. Die regering weet net van vat wat hul nie toekom nie en belastinggeld mors, niks van werkskep nie.

Zoempie ·

En wie moet ons bedank? Staatskapers, korrupte politici, grondgrypers wat beleggers wegjaag, BEE en onbevoegde kaders. Armoede kruip al nader en niemand leer uit Zimbabwe se foute nie. AS JY NIE WIL HOOR NIE, MOET JY MAAR VOEL!

John ·

Kan ons asb syfers kry oor die aantal migrante en immigrante wat die land jaarliks binnekom en hoeveel nou burgers is. Daar is so te sè geen grense wat mense uithou nie. CNN maak groot gewag van welaf buurte in die Kaap met plakkers neffens dog verwys nie na die massas inkomelinge en geboortesyfer nie. Eers wanneer pes uitbreek sal ons regering dalk opskrik… te laat…

Boerin ·

In enige ander land sou die ANC nooit nog n kans gekry het nie….net in SA !

BlinkStephaans ·

Hoe dan nou anders… maar “our piepol” gee maar weer vir die anc die kans om nog n paar honderduisend poste in die gedrang te laat kom… te nice né… en môre staan almal in die ry by sassa sodat die belastingbetaler vir hulle kan sorg.

Sê net ·

ANC en EFF is groot voorstanders van werkloosheid. Hulle wil alles verniet hê, m.a.w. sonder om te werk daarvoor. So ek kan nie insien hoe hulle dan reken dis ‘n probleem nie. As jy alles kan kry sonder om te werk, hoekom wil jy werk?

Michelle le R ·

Sou graag wou weet hoe die werkloosheid gemeet word: is dit aantal rekords van mense wat aktief werk soek en waar kom die basisdata vandaan. Word die wat nie werk soek getel?

Boerboel ·

Duitsland het reeds aangekondig dat hulle nie verder sal bele in SA. Daar is sekere voorwaardes. Belegers word afgeskrik. Twee groot myn reuse verkoop hulle belange. Werkloosheid sal net meer word. Dit lyk nie goed nie.

Jeremia ·

In SA het die stakers, verwoesters, grondbesetters en ander volskaalse misdadigers dié bedrywe tot voltydse beroepe verhef. Sommige verdien astronomiese salarisse en het vet poste terwyl ander aangery word en klaarblyklik dagloners is.
Hul beloning wissel lyk my na gelang van hoe lank dit uitgerek word en die mate van verwoesting wat gepleeg word. Plaasmoorde, uitbrand van vragmotors en geboue is hoog op die voorkeurlys.
Dit is hoekom die ekonomie heeltemal tot niks gereduseer is.
En ons jongmense is later verplig om te emigreer om net te gaan werk.

Hennie ·

Ja dit is waar wat jy sê en dan kan hulle nog by die UIF ook geld kry as hulle nie gou genoeg kan moor en roof en afbrand nie

Anoniem ·

Die opskrif kon net sowel gelees het: ” SA wetteloosheid vererger”.

fred ·

daar moet n rede wees dat baie persone uit buurlande hier werk kan kry terwyl die lokale mense by die huis sit…..ek hoor die buitelanders is betroubaar en WIL nog werk…het SASSA hiermee ietsie te doen????

Dries Moolman ·

Werkloosheid sal bly toeneem omdat gesinsbeplanning bly afneem.

Judge Dredd ·

1994 was werkloosheid 20%, vandag is dit 27.6% – wie moet ons bedank?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.