Saak oor Coligny-plaasmoord teruggetrek

Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (Foto: Jonisayi Maromo, ANA)

Die saak teen drie van die agt mans wat verdink is van die moord op die Coligny-boer Hannes Christie (65), wat in Februarie 2018 op die plaas Vlakfontein naby Coligny in die Noordwes vermoor is, is vandag teruggetrek.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid, het gesê die organisasie monitor tans die saak. “Indien dit sou gebeur dat nog sake laat vaar word, sal verdere ondersoek ingestel moet word oor die doen en late van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) op grondvlak in hierdie soort sake.”

Cameron het verduidelik dit het reeds in die verlede gebeur dat verdagtes vrygelaat word, nie weens werklike onskuld nie, maar eerder swak ondersoekwerk en veral swak vervolgingswerk deur die NVG se beamptes op grondvlak. “Byvoorbeeld, in Gauteng is Bernadette Hall se vermoorde man, David Hall, se moordenaars om soortgelyke redes vrygelaat en so ook word daar in baie ander gevalle niemand in hegtenis geneem nie.

“Ons help tans ook met die saak van Nicci Simpson wat nie ver van Bernadette Hall se plaas aangeval is en wie se hande en voete met ʼn elektriese boor deurboor is – tot vandag is daar nog nie een arrestasie gemaak nie,” het Cameron bygevoeg.

Hy het gesê daar is met Simpson se saak eers sowat ʼn maand ná die aanval identikits gedoen en verklarings gefinaliseer.

“Die vermoorde Hannes Christie is een van die meer as 200 slagoffers van die sowat 182 plaasaanvalle wat tot dusver vanjaar gepleeg is,” het Cameron afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AD ·

Agnee. Sjoe julle gee nou die boodskap aan publiek. Dis reg moor en saak sal later terug getrek word as jy sou uitgevang was. Dit gee duidelik wat die moor agenda en nagevolge sou wees. Dit is bitter hartseer.

Privaat sekuriteit ·

Dit is waarom Afriforum moet fokus op geldinsameling in die buiteland vir privaatsekuriteit. Die antwoord is privaatsekuriteitsfirmas.

Hendré Papenfus ·

Vertel asseblief die hele storie vir Suid-Afrika. Daar was eers 3 verdagtes in hegtenis geneem. Toe tree ‘n informant na vore en nog 5 verdagtes is gearresteer. Toe begin die 5 verdagtes met die polisie gesels. Een draai staatsgetuie en al 5 is vas. Ek was self by die borgaansoek verhoor. Al 5 se borg is geweier. Die eerste 3 verdagtes is nie skuldig aan moord nie, maar wel aan huisbraak by oom Hannes ‘n jaar terug. Hulle aanklag is verander van moord na huisbraak. Net ‘n formaliteit. Die 5 wat laaste in hegtenis geneem is, is die regte 5 vir die moord. Die staat het baie sterk bewyse teen al 5.

Oom Kalahari ·

@ Hendre Papenfus, jy kan jouself indink waarom dit teruggetrek is deur NVG en daarby is swak ondersoeke wat plaasgevind het.

Sam ·

Maar … die Parys boere en die twee doodskis-verskrikkers … húl sal nooit skotvry wees nie, weens hul wit velle (mag ons die woord WIT wel nog gebruik?).

Reg en geregtigheid bestaan nie meer nie, want die stert het die kop geword. Kan dit wees dat die Bybel na al die eeue steeds daagliks in vervulling gaan? Net jammer ons volk ken nie meer die inhoud daarvan nie, want daarin lê die sleutel tot kennis, tot oorwinning.

Hanna Hoekom ·

Laat vaar nou asb die saak teen die twee boere wat kastig die krimineel van hul bewegende bakkie afgegooi het. Wishful thinking…

christa ·

onbevoegde polisiebeamptes. Mense word aangestel sonder die kwalifikasies maar net om werk te gee. So word die grootste skurke aangestel. As dit nou ‘n ander kleur boer was, sou die moordenaars opgespoor gewees het.

Anoniem ·

Christa. Dink jy hulle is onbevoeg, of word die ondersoeke aspris so gedoen om ‘n onskuldig bevinding te bewerkstellig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.