Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama se stigting het die uitvoerende hoof van Tshimologong Precinct gekies as ʼn lid van sy Afrika-leierskapsprogram.
Lees meerAlles vir Maandag 21 Mei 2018
Marikana-moord: Onvoldoende bewyse teen 6 beskuldigdes
Daar is geen bewyse wat Napoleon Webster, raadslid vir Forum 4 Service Delivery (F4SD), en vyf ander mans verbind met die moord op ʼn man in Marikana naby Rustenburg nie, het die Noordwes-hooggeregshof Maandag gehoor.
Saak oor Coligny-plaasmoord teruggetrek
Die saak teen drie van die agt mans wat verdink is van die moord op die Coligny-boer Hannes Christie (65), wat in Februarie 2018 op die plaas Vlakfontein naby Coligny in die Noordwes vermoor is, is vandag teruggetrek.
Laerskool se kruideniersware gesteel
Vier persone het in die Mamelodi-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle kruideniersware, wat deel was van ʼn laerskool se voedingsprogram, gesteel het.
Henri van Breda agter tralies
Henri van Breda (23), wat Maandag skuldig bevind is op aanklag dat hy drie lede van sy gesin met ʼn byl aangeval en vermoor het, is ná die uitspraak na Pollsmoor-gevangenis geneem.
13-jarige in Mpumalanga ontvoer
Die polisie in Mpumalanga doen ʼn beroep op die publiek om hulle met enige inligting te help nadat ʼn 13-jarige seun in dié provinsie ontvoer is.
ToekomsVenster: Die wet van (nie)-bekommernis
Wat Jesus dus sê, is ’n opdrag, dit is nie ’n versoek nie. Julle moet julle nie bekommer nie.
Boek: Ystervuis uit die see
‘Ystervuis uit die see’ beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 21 Mei 2018
Karen Zoid en Dirk van der Westhuizen betree dié week die Top 20.
Bendegeweld: 1 dood, 2 beseer
“Toe die polisie by toneel aankom is drie beseerdes reeds na die hospitaal vervoer.”
Foto’s: Harry en Meghan deel amptelike troufoto’s
Die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en Meghan Markle, het Maandag amptelike foto’s van hul glansryke lentetroue in die St. George-kapel in Windsor gedeel.
Video: Honde se reaksie op ‘worsie’ laat almal skater
“Hulle verstaan Afrikaans heeltemal. Hulle woordeskat beïndruk ons altyd ongelooflik baie.”
Die wêreld in foto’s – 21 Mei 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Henri van Breda skuldig aan moord
Regter Siraj Desai het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof die uitspraak gelewer.
Jong vrou vas oor valse ontvoering
Die meisie het glo Donderdag ʼn boodskap aan haar ma en kêrel gestuur wat aandui dat sy deur vier onbekende mans ontvoer is.
Egpaar gevonnis oor 9 diere in een hok
“Die hok was hopeloos te klein en los drade het uitgesteek wat die apie erg kon beseer. Een skilpad het in ʼn skottel op sy rug gelê en kon glad nie uit die skottel kom nie.”
Internasionale druk by gebrek aan aanspreeklikheid
Ons kan nie met gevoude hande wag om te sien hoe ver omstandighede kan verswak nie, maar moet aktief bou aan ’n beter toekoms – onder meer ook met die aktivering van internasionale druk, skryf Alana Bailey van AfriForum.
Saracens se held: Bokke se weeskind
Die veteraanhaker Schalk Brits se drome om vir oulaas vir die Springbokke te speel, is by die venster uit.
‘Bravo!’ se Robbie ‘in die wolke’ oor swangerskapsnuus
In sy lewe staan twee gebeurtenisse kop en skouers uit as die beste twee prestasies wat hy nóg behaal het, vertel die radio-omroeper en televisiepersoonlikheid Robbie Kruse: Sy huwelik met die liefde van sy lewe, Lynn, en die swangerskapnuus wat die egpaar Maandag bekend gemaak het.
Israel word 70: Van onafhanklikheid tot vandag
Israel dien as ʼn voorbeeld dat jy ook in ʼn vyandige omgewing kan floreer en dat jy kan saamstaan oor wesenlike sake soos die voortbestaan van jou volk, al is jy verdeeld oor politiek, klas en denominasie.