Immigrante maak volgens SSA se opnames sedert 2011 net 10% tot 12% van die arbeidsmark uit.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "xenofobie"
Ramaphosa veroordeel geweld teen migrante
Die president sê in sy weeklikse nuusbrief misdaad, nie migrante nie, moet beveg word.
Hof sê oor borgtog vir vlugtelingleier
Vlugtelinge in die kerk het onlangs met mekaar slaags geraak. Maandag het die polisie onder meer beslag gelê op vuurwapens en ʼn kannetjie brandstof in die kerk.
Ramaphosa stuur spesiale gesante om in Afrika te gaan mooipraat
Die spesiale gesante het ʼn boodskap van Ramaphosa oor die voorvalle van geweld wat in sommige dele van Suid-Afrika uitgebreek het.
Ramaphosa by Mugabe-begrafnis uitgejou
Meer as tien Afrika-leiers en verskeie oudpresidente het Mugabe lof in die Chinees geboude stadion toegeswaai. Die stadium was nie naastenby vol nie en die meeste roubeklaers was ondersteuners van Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party.
Mosambiek óók reg om burgers weens geweld uit SA te neem
Abike Dabiri, hoof van die Nigerians in Diaspora Commission, het ʼn beroep op Suid-Afrika gedoen om mense wat deur die geweld geraak is te vergoed, ʼn oproep wat Nigerië se laerhuis gesê het hy ook ondersteun.
SA ontken Nigerië wil burgers laat onttrek ná vlaag aanvalle
Die Nigeriese president, Muhammadu Buhari, het Maandag oor die ontruiming getwiet.
Xenofobie: ’n Suid-Afrikaner in Nigerië se perspektief
’n Nigeriese ouma met gilpienk hare kom kry ook haar sit saam met haar dogter en twee kleinkinders. By ’n lang tafel oorkant my lag ’n kosmopolitiese samestelling van mense vir ’n grappie. Lyk na ’n besigheidsete. Ek wonder onwillekeurig: hoe trek ’n mens hierdie moderne samelewing se spaghetti van mense uitmekaar omdat jy vir een stringetjie kwaad is?
‘Te gevaarlik’ om kragonderbrekings in Jhb te herstel
Weens die vlaag van geweld wat Sondag opnuut in Johannesburg opgevlam het, kan tegniese probleme wat kragonderbrekings in die stad veroorsaak nie herstel word nie. Dit is eenvoudig te gevaarlik vir tegnici om in gebiede van geweld te beweeg.
Nigerië se president kom SA toe
Suid-Afrikaanse ondernemings is die afgelope week in Nigerië geteiken uit vergelding vir die xenofobiese aanvalle wat onder meer in Pretoria en Johannesburg plaasgevind het.
Die politieke oorsprong van wetteloosheid
Wêreldwye navorsing wys dat wanneer die gaping tussen wat mense wil hê en wat hulle kán kry, te groot raak, mense gewoonlik opstandig raak. Die rede is dat hulle verontreg begin voel as hulle nie kan “kry” wat hulle dink hulle geregtig op is nie, skryf Flip Buys.
Podlitiek: Stede in onlus en Mboweni wil die vure blus
Paul Maritz en Hermann Pretorius ontleed in hierdie week se episode die onluste in Suid-Afrika se stede, bespreek Tito Mboweni se ekonomiese plan en sake in Brittanje.
Zimbabwiërs in SA gemaan om paraat te wees
Die regering in Zimbabwe het sy burgers, wat in Suid-Afrika gebaseer is of binnekort na die buurland reis, Woensdag gemaan om “die nodige voorsorgmaatreëls te tref” te midde van grootskaalse aanvalle op uitlanders.
Fokus op handel, nie plundery, vra parlement
Dít is nie net ʼn misdaad teen vragmotorbestuurders nie, maar ook teen die ekonomie en op ʼn tydstip wat vinniger en groter groei nodig is.
Ministers bespreek geweld teen uitlanders
Drie Suid-Afrikaanse kabinetministers het Vrydag met ambassadeurs en hoë kommissarisse van hoofsaaklik Afrika-lande vergader om gewelddadige aanvalle teen uitlanders in die land te bekamp.
Internasionale druk by gebrek aan aanspreeklikheid
Ons kan nie met gevoude hande wag om te sien hoe ver omstandighede kan verswak nie, maar moet aktief bou aan ’n beter toekoms – onder meer ook met die aktivering van internasionale druk, skryf Alana Bailey van AfriForum.
’n Mens beveg nie ongeregtigheid met haatspraak nie
Die vraag is nie of ons moet opstaan teen ongeregtigheid nie – natuurlik moet ons – die vraag is eerder of ons bereid sou wees om dit altyd te doen, ook vir ander, ook wanneer dit nie tot ons eie voordeel is nie.
Xenofobie – hoekom?
Die regering het reeds sedert 2008, toe die geweld vir die eerste keer uitgebreek het, tyd gehad om xenofobie uit te roei, maar dis nie gedoen nie. Die vraag wat die slagoffers met reg kan vra, is: Hoekom nie?
Stiksienig of onverskillig?
Binne die ANC-strukture sê hy niks oor grondonteiening sonder vergoeding nie, maar wag net tot hy alleen is of voor ʼn groep bondgenote praat. Is die ANC en sy leier stiksienig, onverskillig of bloot domastrant?
Vreemdelinge-haat of vreemdelinge-afguns
Suid-Afrika moet ʼn slag die waarheid in die oë kyk. Die onderskeie etniese bevolkings in die land kom nie eers met mekaar oor die weg nie – wat nog te sê met vreemde bevolkingsgroepe uit die buiteland.