Fokus op handel, nie plundery, vra parlement

(Foto: Twitter)

Die parlementêre komitee oor handel en nywerheid het die aanvalle op buitelandse vragmotorbestuurders en voertuie skerp veroordeel en sê Suid-Afrikaners moet die ekonomie eerder ontwikkel deur handel met die streek en die vasteland te bevorder.

“Dít is nie net ʼn misdaad teen vragmotorbestuurders nie, maar ook teen die ekonomie en op ʼn tydstip wat vinniger en groter groei nodig is. Dit is belangrik dat wetstoepassers die oortreders opspoor en ʼn einde maak aan dié skurkagtige gedrag,” het Mandla Rayi, voorsitter van die parlement se verkose komitee oor handel en nywerheid, ekonomiese ontwikkeling, kleinsakeontwikkeling, toerisme, indiensneming en arbeid, gesê.

Bykans 200 mense is die afgelope paar dae in hegtenis geneem in verband met die plundering van winkels, waarvan sommige aan buitelanders behoort.

“Die uitwerking op die ekonomie, veral op klein- en mediumsakeondernemings, is enorm. Die misdadigheid beïnvloed werkskepping negatief en moet uitgeroei word. Suid-Afrikaners is nog altyd trots op die land se regsorde,” het Rayi gesê.

Tientalle vragmotors is die afgelope paar weke geteiken, en die bestuurders, heel dikwels buitelanders, aangeval. Rayi het gesê aanvalle wat deur xenofobie aangevuur word, mag nie geduld word nie.

‘n Sakeman van Germiston in Gauteng red wat te redde is nadat misdadigers sy winkel geplunder het. (Foto: Themba Hadebe/AP)

In die jongste voorval is ʼn vragmotor vanoggend op die N1 naby Worcester in die Wes-Kaap met ʼn petrolbom bestook. Die bestuurder is met ʼn wapen uit die vragmotor gedwing, waarna die voertuig aan die brand gesteek is.

“Die bevordering van handel in die streek en met die res van die vasteland om die ekonomie te laat groei, moet nou die fokus wees. Klein- en mediumsakeondernemings behoort die middelpunt van dié pogings te vorm deur handel tussen streke, provinsies en buurlande. Die brand van vragmotors is onaanvaarbaar,” het Rayi gesê.

‘n Vragmotor in ligte laaie nadat dit Woensdagoggend op die N1 in die rigting van Worcester aan die brand gesteek is.

Die Gautengse premier, David Makhura, het die plundering en geweld wat op buitelanders gemik is, veroordeel en die polisie gevra om diegene wat winkels stroop, vas te vat. Van die winkels wat deurgeloop het, behoort aan Suid-Afrikaners.

Pres. Cyril Ramaphosa het gewaarsku teen die wetteloosheid en sê aanvalle op buitelanders en hulle winkels is “onaanvaarbaar” en moet “dadelik stop”.

Terwyl die parlement vra dat handel met die streek versterk word, moet Suid-Afrika intussen ook vure doodslaan met sy bure wat al hoe meer hulle misnoeë met die situasie in Suid-Afrika te kenne gee.

Nigerië se president, Muhammadu Buhari, het reeds sy minister van buitelandse sake opdrag gegee om Suid-Afrika se hoë kommissaris in Nigerië te ontbied om ʼn verduideliking te kry oor die situasie hier.

Min. Geoffrey Onyeama is beveel om Nigerië se ongelukkigheid rakende die behandeling van sy burgers in Suid-Afrika weer te gee, asook om die versekering te kry dat hulle lewe en eiendom veilig is. Buhari, leier van dié Wes-Afrika-land, sê hy het met kommer kennis geneem van die aanvalle op Nigeriese burgers en eiendomme in Suid-Afrika sedert Augustus.

Maandag het die Zimbabwiese Oorgrensvervoervereniging (ZCBTA) gedreig om alle oorgrensvervoer deur Suid-Afrika op te skort as die aanvalle op buitelandse vragmotorbestuurders voortduur.

Die vereniging het ook gedreig om alle Suid-Afrikaans geregistreerde vragmotors, busse en vlugte te verhoed om enige Afrikagrens oor te steek as die aanvalle op buitelanders voortgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

De Villiers ·

Dis nou pragtig en edel dié dat die parlement nou vir die brandstigters en vandaliste sê dat hulle nie so stout moet wees nie omdat die ekonomie daaronder ly ens. Die probleem altyd met sulke verklarings van regeringskant af is dat hul boodskap nie eens hierdie kriminele bereik nie. Dink die regering hulle lees koerante of woon vergaderings by wat deur die regering belê word daaroor? En dink die regering die kriminele sal aan hul pleidooie gehoor gee? Die enigste manier om hierdie tipe van misdrywe stop te sit, is ongenaakbare optrede deur die polisie, en laat hierdie kriminele se name op ń register verskyn wat beskikbaar is vir die publieke domein. Die polisie moet verder geen betogings duld en genade betoon teenoor betogers by hierdie kriminele se verhore nie. Verder moet die tronkstraf wat opgelê word nie ń passiewe rondhang in die tronk wees nie. Laat hulle harde handearbeid verrig, bring lyfstraf terug in die tronke en ontneem hulle van sekere voorregte, soos TV kyk.

Dis hoe jy in Afrika met hulle werk. Hierdie sagte vermanings en ‘kriminele met sagte handskoentjies hanteer’-beleid van die ANC het nog nooit die gewenste reaksie gehad nie.

GP ·

Op die stadium doen die taxi drywers meer om dwelms van die straat af te kry en onwettige uitlanders weg te kry as die regering polisie en weermag saam.

Carel ·

Ek stem volkome saam De Villiers i.p.v om die situasie te monitor

Arno Scheepers ·

Ha ha ha…..die parlement is plunderaars hulself.

Pottie ·

Stem arno maak vir wolf skaap wagter hehe die land bly een groot sirkus

Magda ·

Dit is waar die mense dit sien – Regering wat die grootste plunderlaars is – het die voorbeeld gestel, nou wil hulle huil of net op die vingers raps – wat n grap is on “CLOWNS” nie daar bo nie

Marthinus Willemse ·

Ek het vir 56 jaar in die suide van Johannesburg gebly. Die buitelanders, veral Nigeriërs, is wel `n probleem. Hulle sal ons familie se biltongwinkel binnestap en sê “Ek gaan my lugtydmasjien hier sit en jy gaan dit verkoop, of jy en jou familie kry seer.” Praat jy met die polisie, lag hulle net, want hulle ontvang tjo-tjo (omkoopgeld). Of hulle sal vir jou vra, “Hoe durf jy as witman `n winkel bedryf? Afrika behoort aan swartmense.” Weens vikitimisering het ons die besigheid gesluit, en so `n jaar gelede uit die gebied getrek.

In Prairiestraat, Rosettenville, is daar meer as tien kerke. Almal weet dis werkende kerke, en betaal nie belasting nie; dié wat weet, noem dit `n front vir geldwassery vir prostitusie en dwelms. Hulle is ook besig om die eiendomsmark te vernietig. In Jhb se middestad is meer as 100 geboue deur hulle geskaak; die burgemeester het `n spesiale taakspan aangestel om daardie gebou te probeer terugwen.

`n Groooot probleem, is dat Suid-Afrikaners wat `n besigheid bedryf, onderworpe is aan streng regulasies, belasting, beroepsveiligheid, higiëne, arbeidswette, ens. Die buitelanders, veral Nigeriërs en Pakistani’s, ignoreer al daardie, en begin eenvoudig `n besigheid bedryf – en hulle kom weg daarmee. Die polisie en regering kyk anderpad. (Vragte kos en koeldrank staan heeldag in die son en skade opdoen, en word net so verkoop. `n SA sakepersoon sou boetes moes betaal en gedreig word met sluiting.)

Dis nie xenofobiese geweld nie, dis patriotte wat veg teen `n inval van wettelose buitelanders.

Jimmy ·

Die polisie en ander staatswerkers word omgekoop om ander om ander pad te kyk, en dit is waar die probleme begin.

Nettie ·

@Marthinus Willemse – MOOI, REGUIT EN EERLIK GESTEL!!!

En om hierby te voeg: die meeste swart ‘Suid-Afrikaanse burgers’ wie ook besighede het in die geaffekteerde gebiede, is genaturaliseerde “burgers” van hierdie land. M.a.w. hulle is verloopte Midde- en Noord-Afrikane, wat uit hulle eie verhongerde, arm, oorlog-verwoeste, diktatorskap-beheerde ashoop-lande “gevlug” het na SA, vir ‘n ‘beter toekoms’. HULLE HOORT NIE IN HIERDIE LAND NIE. En voor julle my nou skiet oor expats wat na ander lande soos Australië, Nieu-Zeeland, Kanada ens. emigreer – laasgenoemde groep dra immers iets BY tot hul nuwe vaderlande (kennis, geld, ervaring e.d.m), waar eersgenoemde groep bloot in SA aankom, nie werk vind nie en hulle dan tot misdaad wend om te oorleef.

Marius ·

Net so hier ies hordes onwettige mense in land en kan nie gevang word want hy bly in sy winkel wat hy het.

Sinies ·

Jy is reg, dit gebeur presies so in ander gebiede ook.
Hulle maak ook wins uit mensehandel sodanig dat hulle mense wat hierheen wil kom verniet laat werk vir n aantal jare en dan plaaslike burgerskap reel.

Speedguard ·

Ek vra my self, is dit demokrasie?? Wat moet ek my kinders leer, wat se mens vir hulle om hul in die land te hou, waneer ek se hulle se hulle gaan die skip omdraai en hul vra hoe, wat moet ek antwoord?

Pottie ·

Laat hulle gaan ek weet dit is nie lekker nie maar die skip gaan nooit om draai nie kyk na ons buurlande daar is jou antw

Keelvol ·

Ja Ramaphosa, jy het jou hand oorspeel met jou mede Afrikane. Hoe jy jou huidige polisiemag geaktiveer gaan kry wil ek nog sien. Dis ‘n klomp lui vetties wat net beweeg as daar kos by betrokke is!

Deon ·

48 000 konstabels wat R1 000 000 per jaar verdien beteken meer as 160 000 wat minder as R300 000 per jaar verdien. Goed opgelei, professioneel, gemotiveerd, met ten minste ‘n 3 jaar graad of nasionale diploma. Offisiere moet oor ‘n M graad beskik en veeleisende senior kursusse deurloop.

Nel ·

Swak mensemateriaal het die SAPD tot in sy kern verrot so te meer dat gewone landsburgers nie meer weet wie die gevaarlikste is nie – misdadigers of polisielede? So hoe de drommel wil die ANC, wie se morele standaarde net so twyfelagtig is vir die polisie opdrag gee om misdaad vas te vat?? Dit is – sagkens gestel – om van naar te word .

marous ·

Mazungus gaan ook hul grense sluit …. met belasting . Hou maar dop .

Ongeduldig ·

My magtig! Praat, praat en praat….stop dit…dis verkeerd…Dink jy regtig Cyril hulle luister??? As hulle nie wil hoor nie, moet hulle VOEL! Hou op yap en neem aksie!

Nico K ·

My probleem met Marthinus se kommentaar is dat dit ‘n veralgemening is. Ek ontken glad nie dat daar heelwaarskynlik baie Nigeriers by mafia verwante bedrywighede betrokke is nie, maar sodra mens sê “die Nigeriërs” is dit verkeerd. Want van die “Suid Afrikaners” in die polisie wat volgens jou saamwerk. Suid Afrikaners is dus net so skelm. Want dit is wat op die oomblik gebeur. Kriminele roof winkels want die “buitelanders” is skelms. So stelling kan nooit waar wees nie. En ons almal doen dit. En dit word ook teen ons gedoen. Iewers jare terug is ‘n swartman onregverdig behandel deur ‘n blanke, nou sê die ANC “die Blankes” het die swartes sleg behandel. En ons gaan nog jare ly onder die veralgemening. So moenie dieselfde verkeerde ding te doen deur te veralgemeen nie.

Adrian ·

Oor die algemeen is nigerians betrokke by mensehandel, gekaapte geboue en DAN DWELMS. Hierdie skuim moet uit die land uit hul vergiftig jong mense en ons kinders. In Nigeria is hul totaal useles en kom dan na die land om hul toksiese middels te verkoop, in n ommeseentjie het jul hul runners wat die dwelms versprei en die useless regering doen niks om dit te stop nie, ek was by polisie om dit aan te meld maar hul vra fotos en stel voor om n sting te doen maar hul se hul kan nie sommer mense deursoek nie, my genade jy hoef nie iemand te fasoliseer nie kry net n snuffel hond. Jaag die nigeriers uit die land uit ….. en klaar

Marthinus Willemse ·

Toe die offisier aan diens op die Titanic aan kaptein Smith noem dat daar baie ysberge is, het die kaptein gesê dis `n veralgemening. Toe joernaliste in 1936 by die Olimpiese Spele in Duitsland noem dat Hitler se weermag begin groei en reg maak vir oorlog, is daar gesê dis `n veralgemening.

Ek veralgemeen nie. Ek beskryf die werklikheid – wat soms baie ongemaklik kan wees. Ek keur nie die geweld goed nie; ek keur nie die plundering goed nie. En daar is kriminele elemente, deur Suid-Afrikaners. Maar, hierdie is `n damwal wat oorstroom; dit kom nie van gister af nie. Dit is openbare ongehoorsaamheid weens frustrasie van `n regering wat nie hulle regte as burgers beskerm nie, en aan `n party wat nie hul verkiesingsbeloftes nakom nie.

Twee jaar gelede is Nigeriese dwelmsmouse in Rosettenville se huise afgebrand; dit was op TV. Swart skoolmeisies word met Macdonalds-burgers verlei om swanger te word, sodat hulle kinders kan kry om in die land aan te bly. Moenie eers die moeite doen om hulle aan te kla van statutêre verkragting nie.

Nie alle buitelanders is sleg nie; nie alle Nigeriërs is sleg nie. Buitelanders werk hard, vir min geld, terwyl “plaaslike burgers” lui is. Maar wanneer die burgemeester van Jhb `n taakspan aanstel om geboue wat deur Nigeriërs gekaap word te probeer terugwen, moet jy weet daar is ‘n krisis.

Zorro ·

As die politici werklik ernstig is oor orde, dan moet hulle die polisie meer bystand verleen as tydens Marikana. Geen polisieman kan meer waag om op te tree nie, want dan word hy die misdadiger.

Tinus Coetzee ·

Nou vra die Nigeriër of sy landsgenote veilig is in Suid Afrika. Natuurlik sal Ramaphosa sê dat hulle veilig is, in Suid Afrika is daar geen probleme of plaasmoorde nie. Alles is klop disselboom en verloop volgens plan.

John ·

Waar kry die die mense die nagemaakte produkte? Werkskepping deur hierdie mense is ‘n grap. Dit is meestal familiebesighede met een of twee mense in die geboutjies. Hoekom word nie ‘n woord gerep oor die misdrywe wat voorkom nie. Hoeveel onwettige migrante kry nie Sassa- en studente-voordele nie en sit die stoele in staatshospitale vol nie. Zim het geen plakkerkampe nie… dit skiet soos paddastoele hier op. Ons regering se reaksie laat mens wonder hoeveel van hulle is oorspronklik uit ander Afrika-lande afkomstig.

Marius ·

Julle wat nou in die parlement sit het julle mense geleer om klippe te gooi en te plunder wanneer hulle ongelukkig was. Julle was met voorbokke en julle kan nie nou verwag dat hulle anders sal optree nie. Kry vir julle!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.