Ramaphosa stuur spesiale gesante om in Afrika te gaan mooipraat

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

ʼn Span spesiale gesante, aangestel deur pres. Cyril Ramaphosa, het vertrek om boodskappe van solidariteit aan verskeie staatshoofde en regerings oor die Afrika-vasteland te gaan lewer, het die presidensie Sondag gesê.

Die span, bestaande uit oudmin. Jeff Radebe en ambassadeurs Kingsley Mmabolo en Khulu Mbatha, gaan besoek aflê aan Nigerië, Niger, Ghana, Senegal, Tanzanië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië.

Die spesiale gesante het ʼn boodskap van Ramaphosa oor die voorvalle van geweld wat in sommige dele van Suid-Afrika uitgebreek het. Talle daarvan was gemik op buitelanders en hulle eiendom.

Ramaphosa is gister in Harare, waar hy ʼn begrafnisdiens vir oudpres. Robert Mugabe bygewoon het, aanvanklik deur die skare uitgejou. Ramaphosa het in sy toespraak daar om verskoning gevra vir die vlaag van geweld.

Verskeie Afrika-lande het ook planne beraam om hulle burgers uit Suid-Afrika na hulle geboortelande te help terugkeer.

“Die spesiale gesante gaan regerings in die geïdentifiseerde Afrika-lande op die hoogte bring van die stappe wat die Suid-Afrikaanse regering doen om die aanvalle te beëindig en die oortreders voor stok te kry,” het die presidensie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

John ·

… vat busse saam met geld… en bring hulle saam… ons kort nog baie moeilikheid.

Michael P ·

Oooo. !!! Lekker vakansie vir hulle. Hulle moet die probleme hier uit sort wat gaan n gepraatery nou help .

Rupert Ashford ·

Begin by die oortreders wat die hele Afrika met oop arms verwelkom het om wettig of onwettig in te kom om te plunder, roof, moor, verslaaf aan dwelms, in prostitute en misdadigers te verander. SA is ‘n pragtige gevallestudie vir Europa en die VSA oor waarom mens jou grense moet beskerm en self te besluit wie kom in, hoeveel kom in, en wanneer kan hulle inkom.

My opinie ·

Rupert Ashford jy is 100% korrek. Diegene wat SA se grense so graag wou oopgestel hê vir (all our african brothers and sisters) moet hulself afvra hoekom ander Afrika lande juis nié hul grense vir die res van Afrika oopstel nie. Geen land kan net enige iemand die land laat binnekom en permanente verblyf toelaat nie. Sommige “leiers” maak staat op anargie want dan is opswepery van massas makliker. Die raskaart word gespeel – soos ook nou weer – en word daar geweld aangehits teenoor die minderheid van wie verwag word en wie gedwing word om die meerderheid te help onderhou. Die minderheid bou op en preserveer en die meerderheid vernietig

Sieg ·

Ramaboiltheparra jy lieg hoekom het jy nie die aanvalle dadelik gestop nie??? Enige van die lande wat jou glo is dom.

JR ·

Kyk maar na die AJE nuuskanaal 406 daar sien en hoor jy die waaheid van Suid Afrika skande skande

Sarel ·

Selfs Afrika gaan nou sy rug op SA draai. Wel gedaan ANC. Julle wou mos SA Grense oopgooi. Skade is onberekenbaar.. Mense gaan terug na hulle lande maar die Misdaad Mafias bly

Julius ·

Die buitelanders word nie aangeval nie. Ons weet mos hoe cr kan lieg. Moet hom nie glo nie.

LR ·

Nou slaan ou Rampie vure dood. Dis hoogtyd dat ou Rampie ware leierskap toon.

Geitjie ·

Praat, praat praat, maar niks word gedoen nie. Een grroot grap?!!!!

Diertjie ·

Pateties!!! Hy Kan nie eers dinge by ons regruk nie!! Wat n sirkus!!!

Fred ·

Stem saam…hulle is baie goed in mooi praat,praat……en wining en dining op ons koste…… Verder niks

Boemerang ·

Hoe het die ANC homself nie tot muishondvlak regeer nie!

Tong innie kies ·

Hoekom gaan doen die slapgat nie sy eie vuil werk nie.Ek begin dit oorweeg om my hoed vir zuma stadig te begin afhaal.

Koos de Meyer. ·

Nou word daar weer gekruip en more, oormôre stroom hulle maar weer terug. En so sal dit aanhou, die melkkoei is besig om op te droog en een van die dae is die heuning ook op. Dan is dit net sand.

Christien vd Westhuizen ·

Wat n tragiese betreurenswaardige situasie en regering

JR ·

Toemaar hulle sal net weer met die ou storie voor die dag kom daar is nie plaas moorde of aanvalle op buitelanders nie dit is omdat hulle in verdrukking moes lewe in die apartheids era dit maak my siek een lieg storie op die ander

Anoniem ·

Mors eers die verhoudinge op en probeer dit weer regmaak TE LAAT – DINK EERS, DOEN DAN

Kallie ·

Radebe gaan sy swaer en dié se swaer se besighede bevorder.

Gert van Wierdapark ·

Skerp man skerp, mnr die prez. Spin Afrika se koppe met mooi-praatjies – hulle sal jou glo soos ons jou glo. Mnr Radebe is n goeie keuse as voor-Prater – maar pasop dat die oefening nie net “olie op die vuur” is nie!!

Willehond ·

Lag my n papie vir die klomp clowns! Beste vermaak in n lang tyd! Bwa ha ha!!!!

Hanna Hoekom ·

Wat die ou Paddaman nie verstaan nie, is dat die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners NIE hierdie ongenooide gaste in ons land wil he nie! Die kastige “besigheid” wat hulle hier kom doen is 80% van die kere onwettig en skandelik. Geen voordeel vir SARS nie!

Andre ·

CR kon net ‘n e-pos aan die ander lande gestuur het. Sou baie goedkoper en meer effektief wees

Hennie ·

Stem André maar moet nie vergeet nie hy kan nie spel nie want sy voorganger kon nie lees nie ek sien hy het nou weer
n nuwe aanwensel om sy regering oog toe te knyp as hy praat wil seker nie die waarheid vierkantig in die oë kyk nie

Colin ·

Gaan die “gesante” sommer n draai by die boeregemeenskap ook maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.