Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het twee siek bemanningslede in afsonderlike operasies op skepe by Port Elizabeth en Kaapstad te hulp gesnel.
Lees meerAlles vir Saterdag 14 September 2019
Ramaphosa by Mugabe-begrafnis uitgejou
Meer as tien Afrika-leiers en verskeie oudpresidente het Mugabe lof in die Chinees geboude stadion toegeswaai. Die stadium was nie naastenby vol nie en die meeste roubeklaers was ondersteuners van Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party.
2 sterf in gru-ongeluk
Die vrou in die ander voertuig is ernstig beseer.
Adjunkminister wou help toe ongeluk gebeur
Die ongeluk het naby die Maubane-brug, noord van Pretoria, plaasgevind.
‘Ons wil net groet’, sê familie van vermiste kleuter
“Ons het by tye gevoel miskien is daar hoop en Onke [Mashinini] gaan ʼn onthulling maak oor wat regtig gebeur het en dat Lee nog lewe en êrens is. Maar daar was níks.”
Verkrag, vermoor maar ‘tragedie gaan ongesiens verby’
Hess (19), ʼn student aan die Universiteit van die Wes-Kaap, se liggaam, asook dié van haar 85-jarige oupa, Chris Lategan, is einde verlede maand in hul woonstel in Parow ontdek.
Tsjegge gevonnis vir besit van vetplante
Die polisie verwelkom die vonnis en beskou dit as ʼn gepaste waarskuwing vir oortreders van natuurbewaringswetgewing.
Adjunkminister, nog 4 sterf in ongeluk
Die president het ook sy medelye betuig met die gesinne van die vier mense wat saam met die adjunkminister op die toneel dood is toe hulle passasiers wat in ʼn ander ongeluk betrokke was, probeer help het.
Een dood, tientalle beseer toe hyskraan op sleepwa losruk
Paramedici het absolute chaos op die toneel aangetref.
‘Meer geld nodig vir volhoubare verdedigingsvermoë’
Die weermag ding mee met maatskaplike projekte vir geld, maar die komitee meen ʼn beduidende belegging in die weermag is tot voordeel van die versekering van die land se soewereiniteit. Hy het ook gesê ʼn belegging in die plaaslike verdedigingsvervaardigingsbedryf gaan die ekonomie stimuleer en werk skep.
Nuuskanaal verwerp EFF se rampokkery-bewerings
“[eNCA] gaan ook nie enige menings of byeenkomste van die EFF uitsaai, as hulle bona fide gedokumenteerde kritiek op die party hanteer deur die media eenvoudig te verbied nie. Ek doen ʼn beroep op die EFF om sy posisie te heroorweeg.”
Mogoeng veroordeel neerhalende opmerkings teenoor regters
Malema het gesê die EFF gaan “die wapens opneem” as regters hulle uitsprake aanpas na gelang van wie in die hof voor hulle verskyn.
Ramaphosa besoek familie van vermoorde Pta-taxibestuurder
Baloyi se moord het gelei tot gewelddadige opstande deur taxibestuurders wat buitelanders, wat hulle glo vir die stad se dwelmprobleem verantwoordelik is, geteiken het.
Ramaphosa vra nuwe aanslag in stryd teen geweld
Ingevolge die Grondwet en parlementêre reëls is die president by magte om te vra vir ʼn buitengewone sitting van die twee huise van die parlement om spesiale sake te bespreek.
Gedagte vir die dag: Prioriteite
As ’n man nie sy eie huisgesin kan bestuur nie, hoe kan hy vir God se gemeente sorg? (1 Timoteus 3:5)