Nuuskanaal verwerp EFF se rampokkery-bewerings

EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF)

Die nuuskanaal eNCA sê hy verwerp bewerings deur EFF-leier Julius Malema dat die kanaal stories manipuleer om hom as ʼn rampokker uit te beeld.

Die kanaal het Vrydag in ʼn verklaring ook gesê hy verwerp die bewerings dat hy beeldmateriaal van Malema verdonker in ʼn poging om Malema meer ongewens te laat voorkom as absurd.

“Ons verwerp hierdie belaglike en gewaande opvattings. Ons is verbind tot die beginsels van regverdige, akkurate en onpartydige verslaggewing en nooi mnr. Malema om voorbeelde te verskaf van waar ons hom as sodanig uitgebeeld het, asook om die kwessie met die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika op te neem,” het Jeremy Maggs, hoofredakteur van enCA, gesê.

Die kanaal het gesê hy is ook diep bekommerd oor die party se besluit om die ondersoekende verslagspanne amaBhungane en die Daily Maverick se Scorpio-span by partypolitieke byeenkomste te verbied, nadat albei organisasies onthullings oor Malema en EFF-adjunkpresident, Floyd Shivambu, gedoen het.

“Albei die ondersoekeenhede doen belangrike en dapper werk deur korrupsie en wanbestuur aan die groot klok te hang en hulle pogings mag nie op enige manier in die wiele gery word nie.

“Die verbod van media-organisasies van politieke byeenkomste is die begin van ʼn afdraande pad na die einde van demokratiese beginsels in Suid-Afrika.

“Ons gaan ook nie enige menings of byeenkomste van die EFF uitsaai, as hulle bona fide gedokumenteerde kritiek op die party hanteer deur die media eenvoudig te verbied nie. Ek doen ʼn beroep op die EFF om sy posisie te heroorweeg.”

Maggs het ook gesê enige beeldmateriaal van EFF-geleenthede wat die kanaal dek, sal aan amaBhungane en Scorpio beskikbaar gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Neels ·

Ek kan werklik nie verstaan waarom dit so nodig is om Malema blootstelling te gee in ons nuusmedia nie. Boikot die man en sy gevolg, gee hulle absoluut GEEN dekking en kyk hoe vinnig hy sy wysie verander. Hy is in elk geval van nul en gener waarde

Nel ·

Dalk moet hy ‘n slag sy mond toehou – dan sal hy al klaar beter lyk.

Ronel ·

As daai diep donker gat op sy gesig toe is, sal dinge in die land beter gaan. Die man ly aan een of ander vervolgings waan en ‘n BAIE lae selfbeeld (Lees IK)

Johann ·

Warm sinkplaat koue kat? Of is dit arrogante kat warm pote? Of is dit kat sien sy gat? Anyway…netnou is ek in die moeiliheid oor ek n kat dom, arrogant, vermeteld, groot bek, magsbehep, onaantasbaar, onverandwoordbaar, skelm, kern korrup noem.

Gert van Wierdapark ·

Ek stem saam met Max du Preez wat Vrydag weer versoek het dat geen “lewendig onderhoude” met Malema gevoer MOET word nie. Sodoende kan halwe waarhede, leuens en opstokery nie plaasvind nie!!!! Ware Efl “nuus” kan dan behoorlik deurgegee word.! “Finish en Klaar!!

Manie ·

Dankie tog. Nou kan ek darem een nuus kanaal kyk waar die rampokker nie gaan verskyn.

Bekommerd ·

Malema jry net teveel dekking. Hy verteenwoordig maar n ou klein % van ons bevolkking.

Blommie ·

Ek stem heelhartig saam met Neels en die ander bydraes!! Gee Malema minder of geen nuusdekking nie!!

Nog n Marius ·

Wie sal Julius wil laat sleg lyk. Hy doen goed genoeg by hom self

Dis Nou ·

Asseblief hou op om enige aandag aan die malletjie te gee. Niks wat hy kwytraak, stel enige verstandige mens in belang nie

Gupta ·

Weet eindelik nie hoekom J Maggs so letterlik “agteroor” buig met n verduideliking aan JM/EFF nie!!!!! Ignoreer net en gaan aan met die goeie werk wat julle doen by 403.

Wonder maar net. ·

Is dit nie die selfde nuuskanaal wat leuns oor Orania versprei het nie en nou moet omverskoning vra nie?

HPV ·

Moeg siek en sat vir die geweldaanhitser se gesanik, tyd om niks van hom uit te saai het aangebreek.

Johanna Botha ·

Die media gee aan hom sy stem …so moet nie nou kom huil nie !

HPV ·

Johanna, jy is reg, hulle het hom gemaak en sy party laat groei. Selfs met sy bestaande 10% ondersteuning kry hy meer as 60% blootstelling.

Foxi ·

Ek dink almal raak nou moeg vir sy snert van wat hy doen en sê. Maar hoe meer tou hy kry, hoe meer losser word hy. Maar die tou word nou ook korter en stywer……..

Marie ·

So eintlik wat hy sê is dat hy wil witter wees. Swart is ongewens volgens hom. So ‘n rassis. Sies.

John ·

… ons Zondo-kommissie kan ons gerus verder vermaak met ‘n paar dae rooi snert. Laat weet net vroegtydig dat ons verlof kan insit want dit gaan sports wees…

Pieter ·

Ons toekomstige president moet darem sy fair share in die media kry, of hoe ?

Jack Sadie ·

Ek smaak daai laaste sin van die eerste paragraaf: Ja, dis maar moei vir hulle om te besluit of dit wat daai moroon sê bloot absurd of gewoon ongewens is!!! Weet nie hoe die nuuskanaal gaan besluit nie:)

Hans ·

Kla hom aan vir rassisme – hy se donkerder mense is minder aanvaarbaar in die media. Jy kan nie n rampokker se beeld verder “verrampokker” nie. Hy is reeds een of nie.

Saint ·

Juju is een.van daai ouens wat glo dat hie harder en hoe meer n leuen verkondig word hoe gouer word dit vir die waarheid geglo.
Tipies Stalanisties

Sêmaarnet ·

As ek daai gesig sien soek ek dadelik my antinaar pilletjies. Ek wonder hoekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.