Ramaphosa vra nuwe aanslag in stryd teen geweld

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het gevra vir ʼn gesamentlike sitting van die nasionale vergadering en die nasionale raad van provinsies om ʼn nuwe aanslag te bespreek in die stryd teen geweld teen vroue, het die parlement Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Speaker Thandi Modise en voorsitter van die nasionale raad van provinsies, Amos Masondo, het Woensdag ʼn brief daaroor ontvang.

Ramaphosa het gesê alle Suid-Afrikaners is verantwoordelik om te verseker dat die voorvalle van geweld teen vroue oor die afgelope twee weke die keerpunt word in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld.

Die jongste misdaadstatistieke is vandeesweek uitgereik. Dit skets ʼn donker prentjie van ʼn toename in misdaad, wat ook voorvalle van seksuele oortredings soos verkragting en ander geweld teen vroue insluit.

Duisende mense, meestal vroue, het ook gister na die JSE in Johannesburg opgeruk waar hulle strenger optrede in die stryd teen geweld, asook groter betrokkenheid van die private sektor daarteen, geëis het.

Ramaphosa het gister self gemeenskappe in Pretoria en Ekurhuleni besoek en mense gevra om saam te staan teen xenofobie en geslagsgeweld.

Ingevolge die Grondwet en parlementêre reëls is die president by magte om te vra vir ʼn buitengewone sitting van die twee huise van die parlement om spesiale sake te bespreek.

“Die nasionale raad van provinsies is besig met ʼn weeklange provinsiale oorsigprogram in al nege provinsies volgende week. Die Woensdagprogram sal moontlik opgeskort word sodat afgevaardigdes deel van die sitting kan wees,” het die verklaring gelui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Joon ·

Ja nee alles is donker in Suid Afrika. Maar JESUS CHISTUS is die lig van die wereld. Hou vas aan julle geloof

Josua Keys ·

Dis tyd dat Cyril die ware Wetboek Raadpleeg en homself bekeer en terugdraai na die wil van onse Vader, solank mense wette geskryf en toegpas is gaos onstuitbaar dit is reeds regoor die wereld bewys en steeds lag politikuste die voorstel af. CYRIL!!!!!!! WAT LEER DIE BYBEL JOU???? DIE OPLOSSING VIR AL, EK Sê WEER, AL SA SE PROBLEME IS DAARIN OPGESKRYF dit is die eenvoudigste wet om toe te pas en te bestuur en min mense wil dit besef veral jul politikuste . PLEASE READ YOUR BIBLE MR RAMAPHOSA as easy as that you don’t need a degree to do that just follow protocol and for once in your life LISTEN PLEASE!!!!

Josua Keys ·

To make it easier Cyril, study the Ten Commandments and you will save South Africa depending if you can get the rest of the ANC to follow this vision, then you will see your skyscrapers, high speed trains, flying cars 95% of South Africans employed with roofs over their heads with clean running water, toilets, bathrooms, properly educated children who respects there parents, teachers, a first world economy and a well disciplined and clean country, with people begging to cross our borders to join the Kanaan of country’s not people praying to leave South Africa.

Johanna Botha ·

Ag vader al die nuwe planne en intussen verdiep die gat net jaar op jaar ….alles net warm lug !

Klip inni Bos ·

Lees Openbarings dan sal julle sien ons is presies waar ons moet wees.

John ·

Dit is duidelik hoe die vroulike optoggangers (Waar was hul kinders?) die oplossing sien, soos alle verwoede optogte in SA… antie-sassa… voor in die kwaak-kwaak-koor alweer reguit agt die reuk van geld aan… die JSE vir vergoeding. Volgende keer is dit seker die Reserwebank… vir ‘n goudstafie vir pyn en lyding… Ag ja… Is hulle so klein? Is daar nie groteres nie… Onthou ek dra baie swaar…

Piesang ·

Vreeslik maklik om op te los. Maak julle kinders groot met regte voorbeeld, respek, dissipline en ‘n lat!

Klip inni Bos ·

Lees Openbarings dan sal julle sien ons is presies waar ons moet wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.