Mogoeng veroordeel neerhalende opmerkings teenoor regters

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: Flickr/GovernmentZA)

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het beledigende opmerkings en aanvalle op die land se regters, veral vroue, skerp veroordeel.

“Selfs al word bewys dat ʼn spesifieke regter ʼn fout in ʼn uitspraak gemaak het, is al wat verantwoordelike Suid-Afrikaners hoef te doen om die uitspraak te kritiseer op grond van die punte waarmee hulle nie saamstem nie. Regters behoort nie bespot te word nie, veral nie in dié tyd waarin mense oënskynlik dink dit is aanvaarbaar vir hulle om vroue te behandel soos hulle goed dink nie. Ongeag van wie die aanvaller is, ons is gekant teen aanvalle op vroue en ál ons kollegas,” het die hoofregter Vrydag by ʼn mediakonferensie gesê.

Sy opmerkings kom nadat EFF-leier Julius Malema verlede maand by ʼn Vrouedagsaamtrek in die Noord-Kaap na regters as “getraumatiseerd en oud” verwys het. Hy het aan party-ondersteuners gesê “onderwys moet gratis wees sodat meisies opleiding kan ontvang en in die toekoms selfversekerde regters kan word, sodat ontslae geraak kan word van onbevoegde regters wat bedreig voel deur die politici wat voor hulle verskyn”.

Malema het gesê die EFF gaan “die wapens opneem” as regters hulle uitsprake aanpas na gelang van wie in die hof voor hulle verskyn.

ʼn Dag voor Malema se opmerking het EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi na regter Lettie Molopa-Sethosa gekap en gesê sy het gesukkel om deur haar eie uitspraak te lees, asook dat sy nie enige vertroue in die regstelsel inboesem nie. Melopa-Sethosa het een van verskeie verdoemende bevindings teen Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane gemaak. Die EFF was deel van dié hofsaak teen pres. Cyril Ramaphosa.

Op ʼn vraag oor of hy met Malema gepraat het, het Mogoeng gesê die leier van die rooi barette is aan die parlement verantwoordbaar.

“Ek het nie met mnr. Malema gepraat nie, hy word deur die parlement ontplooi en ek glo dit is die parlement se plig om te ondersoek wat ook al teen mnr. Malema ondersoek moet word. Hy doen nie verantwoording aan my nie, maar aan die parlement en die mense van Suid-Afrika.

“Die speaker van die nasionale vergadering [Thandi Modise] is ʼn lid van die Regterlike Dienstekommissie en ek ken haar as iemand wat diep verbind is tot die kommissie se werk.

“Ek glo sy gaan doen, saam met ander lede van die parlement, wat nodig is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jan wet ·

Maklik om feite en bewyse te eis. Waar is en was al die eerlike regters met regter Nkola Motata se dronkbestuur sage. Sy leuens, rassistiese aanmerkings en die feit dat hy vir jare, tot en met aftrede met volle betaling by die huis gesit het en nooit vervolg is nie. Sodoende,, maak die staat, elke regskommissie en elke regter hul skuldig aan bedrog. “Cadre protection”

daniel ·

Niemand behoort enigiets wat mnr Malema kwytraak as die waarheid te ag nie.

Johann ·

So selfs die hoof regter is bang om Julius aan te vat en aan te spreek en te laat vervolg?

Grassie ·

Nou wonder ek – die regters wat die groot “moordsaak” van die man wat van die bakkie afgeval het of die doodkissaak verhoor het – moet ons hulle nou vereer? Voor hulle buig en hulle U Edele noem? Daar sit witmense in die tronk, sommige heeltemaal onskuldig en andere wat heeltemaal buite verhouding gestraf is. Ag nee magtag.

Maljan ·

Nou maar hoe kla jy hier? Het jy of enige iemand anders n woord gerep tydens hierdie verhore? Nee toe het almal geswyg en gesê “kry vir julle.” Wat die doodskis dui gedoen het was oordrewe maar hulle vonnis is geheel en al buite verband. Ari. Selfs met vorige veroordelings sou 100 uur gemeenskapsdiens n bepaalde straf gewees het.

Grassie ·

Maljan – jy is verkeerd. Ek en baie ander het nie geswyg nie, ons het hier op MM baie geskryf en gekritiseer oor albei sake. Miskien lees jy nie die nuus gereeld nie. Sommige kommentare is geplaas maar baie is verwyder. Baie van ons was ontevrede omdat Afriforum en hul super-advokaat nie daardie mense van die begin af bygestaan het nie want daar was teen hulle gediskrediteer omdat hul wit was.

Swart Piet ·

Ekt goeie raad vir die hoof regter – soos my ou samajoor altyd vir ons altyd gese het –
“I will not get mad, but I will get even”.
Gee jou howe en regters opdrag om op die EFF in te ‘zoom”.

Risko ·

Hulle is ons land se grootste probleem. Hulle laat kriminele vry loop. My gewese swaer (Coert Kruger) het gister skuldig op moord op sy seun gister gepleit het is los op ‘n waarskuwing! In Botswana sou hy gehang het. Gelukkig is ons Skepper die finale regter en Hy maak nie foute nie en word nie omgekoop nie!

Petrus Heigers ·

Ek wonder net waar het die sogenaamde regters hulle kwalifikasies vekry/gekoop? Daar is definitief verskil van uitsprake teenoor blankes as vir swartes

Michael P ·

Ek lees nou hier bo ons sal die
wapens opneem.Dit is die Boko Arum van Suid Afrika Kan hierdie slim regters dit nie agter kom nie.

Ep ·

Regter Mogoeng daar het jy net n paar voorbeelde Nou daag ons jou uit om met n antw te kom indien nie aanvaar ons dat jy saamstem daar is korrupsie en kaap by jou onderdane So die bal is in jou hande …. ons wag Regter

Hannetjie ·

Nou wat nou? Hier is Malema mos nou skuldig aan opmerkings en hy moet dan mos nou verantwoording doen en verskyn.Sien…nou kom hy weer weg

Swannie ·

En dit komende van `n Hoofregter wat SLEGS engels in sy hof toelaat en dus die grondwet ondermyn ?????

John ·

Mens raak baie bekommerd oor die hoofregter se heftige reaksie en baie uitsprake en toesprake… Hy behoort nie so verdedigend en uitgesproke te wees nie, eerder teruggetrokke en stil en absoluut korrek ooreenkomstig sy amp. Te veel sè oor ditjies en datjies laat respek juis kwyn…

jaco ·

Interessant, hierdie swart op swart kritiek. Our people is toe nie so peace loving soos wat voorgegee is nie.

Arak ·

Die belaglike uitsprake van die grondwethof boesem ook nou nie juis baie vertrou in nie. En kyk maar net die uitspraak oor die ou landsvlag. Dalk tyd om bietjie voor jul eie deur te vee, u edeles…

Arno Scheepers ·

Regter mogoeng times 2 NIEMAND in hierdie land het meer respek vir ons howe en regstelsel nie. Dubbele standaarde, vooroordeel, partydigheid en openlike rassisme teenoor Blankes is die grootste redes daarvoor. En mogoeng times 2, JY moet persoonlik aanspreeklikheid aanvaar daarvoor. Ons ervaar jou as n rassis en een wat al die bogenoemde klagtes ondersteun. Nee wat, julle moet maar die kritiek en die pak vat. Dit is welverdiend.

Jerry ·

Dit is hoekom onse mense moet “back off”, sodat swart vir swart uitsorteer. Die kwaad volg die kwaad. Hoop maar Afriforum neem kennis!

Saint ·

Ek wil graag met die hoofregter saamstem.
Maar daar bestaan bewyse in die uitsprake in die Coligne saak en ook in die sogenaamde doodskis-saak, eaar die voorsittende beamptes eintlik wetsverydelende uitsprake gelewer het en buitengewoon en onnodige strawwe toegedeel het

Ja swaer ·

Mogoeng, jy is self nie te vars nie. Daar is talle voorbeelde van regters wat droogmaak. Begin maar by die een in Oscar Pistorius se saak en daar is nog n klomp. Beskerm jy onbevoegdheid? En since when is Malema ontplooi deur die parlement? Kom nou, hy het n setel gewen in jou demokratiese verkiesing. Jou mense het hom in die parlement geplaas. Die konstitusionele hof is bekend daarvoor dat hulle die ANC gunstig is en veral die Wes Kaap se regters is bekend vir foute wat hulle gereeld maak. Erken dit maar die bewyse is daar

m.d.r. ·

Sy Edele se kritiek laat my dink dat sy Edele meen die ander Edeles is eie familie van die Engel Gabriel en mag derhalwe nie gekritiseer word nie.!
Sy Edele se rekord boek is self nie te skoon nie—in sy uitspraak oor Afrikaans op Ukovs het hy die universiteit beskryf as ‘n “scarce commodity”……’n “commodity” wat al 1904 deur Afrikaners gestig is…..geboue, inhoud et al. Maar wanneer ‘n land se geskiedenis geignoreer woord vir ‘n polities korrekte regsuitspraak……bestaan daar eintlik geen REG meer nie….

Omkoopbaar ·

Regter IS OMKOOPBAAR EN HET NIE ALTYD die belange van vrouens op die hart nie. Veral wit regters word omgekoop om oom boetie ken vir boetie se kind uit die tronk te hou. Malema is wel reg met dit. Regters is pionne op die skaak stel. Die RESULTAAT van die kondisie van ons land is die bewys. Duuuuu

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.