Tsjegge gevonnis vir besit van vetplante

Sommige van die vetplante waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Twee Tsjeggiese burgers, Jaromir Chvastek (65) en Tomas Malir (56) is swaar beboet nadat hulle in die onwettige besit van 1 026 vetplante in Bitterfontein in die Wes-Kaap gevind is.

Lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê lede van die Malmesbury-veediefstal en bedreigde spesieseenheid het die twee se voertuig verlede maand deursoek en op die plante afgekom.

“Nadat hulle skuldig gepleit het, is hulle skuldig bevind en gister in die Kaapstadse streekhof gevonnis tot twee jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is. Hulle is ook beveel om R500 000 elk in die misdaadbateherwinningsrekening in te betaal,” het Traut gesê.

Traut het gesê die polisie verwelkom die vonnis en beskou dit as ʼn gepaste waarskuwing vir oortreders van natuurbewaringswetgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Belangrikste inligting verswyg. Niemand sê wat met die vetplante gedoen is, nie. Hopelik weer geplant.

Schalk ·

Kyk maar bietjie na die rastas rondom worcester en ander internasionale burgers sowel beaufort wes.

Koos de Meyer. ·

Ek het nie geweet dis onwettig om vetplante aan te hou nie.

Liesl ·

Dalk net die bedreigde spesies, Koos?

Maroela Media, kan julle asb. vir ons meer duidelikheid gee daaroor?

Elsa ·

Koos, dis onwettig om vetplante in die veld uit te haal as jy nie n permit het nie

jaco ·

Het hulle werks-, besigheids- of verblyfpermitte dat hulle wettig in SA mag wees?
Ek vra maar net, want NET om as toeris in hulle land in te kom, moes ek my verlede, hede én toekoms uiteensit vir ‘n visum aansoek EN toe meeste van daardie vrae weer beantwoord by aankoms in Tsjeggië

Gert van Wierdapark ·

Geluk met die Vet-vangs! Wat is die misdaad-herwinnings-rekening? en waarvoor word dit aangewend? Dit kan dalk loon om belonings uit te loof vir moorde op studente en vroue soos die onlangses in die Wes-Kaap. Laat geld help om die uitvaagsels aan te keer!

De Villiers ·

Dis mos nou ń gepaste straf vir dié oortreding. Nou wonder ek net waarom die meeste renostermoordenaars slegs ‘n boete van R150,000 of dalk R200,000 kry, wat ook ń uiters bedreigde spesie is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.