‘Ons wil net groet’, sê familie van vermiste kleuter

Gelukkiger tye. Klein Lee Mentoor (5) voor sy verdwyning.

Die familie van die vermiste Liyaqat “Lee” Mentoor sê hulle besef hy is dood – veral nadat Onke Mashinini Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind is aan moord met voorbedagte rade op die seuntjie.

“Ons is tevrede. As ʼn familie voel ons dat die regstelsel ons nie in die steek gelaat het nie.

“Ons weet hy is weg. Ons het vrede gemaak daarmee. Al wat ons nou wil hê is om ʼn regte begrafnis vir hom te hou. Ons wil net totsiens sê,” het Estelle Delport, Lee se tannie, Saterdag gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vyfjarige Lee is op 16 Maart verlede jaar die laaste keer lewend gesien. Hy is glo deur ʼn paartjie in ʼn silwer motor opgelaai toe hy deur Mashinini by sy ouma se huis in Roodekrans aan die Gautengse Wes-Rand afgelaai is. Sy ma, Kaylah, het hom as vermis aangemeld.

Mashinini, Kaylah se destydse vriend, is Vrydag skuldig bevind aan sy moord, al is die seuntjie se liggaam nooit gevind nie. Delport het gesê Mashinini het tydens die verhoor nooit enige aanduiding gegee dat Lee nog lewe nie.

“Ons het by tye gevoel miskien is daar hoop en Onke [Mashinini] gaan ʼn onthulling maak oor wat regtig gebeur het en dat Lee nog lewe en êrens is. Maar daar was níks.

“Ons wil net afsluiting hê. Dit is so wreed. Ons het besef hoe wreed en harteloos hy [Mashinini] is deur alles net toe te hou. Iemand weet wat aangaan,” het sy gesê oor die familie se onophoudelike soektog om die seuntjie se oorskot te probeer opspoor.

“Ons weet nie waar Lee is nie. Dit breek ons.”

Mashinini word later vandeesmaand gevonnis. “Ons wil hê hy moet lewenslank tronk toe gaan. En nooit parool kry nie. Die sleutel moet weggegooi word,” het Delport gesê.

Die Mentoor-familie het AfriForum se private vervolgingseenheid ná sy verdwyning genader omdat hulle gevoel het dat die polisie se ondersoek oor Lee se verdwyning aanvanklik nie deeglik gedoen is nie.

Lee Mentoor (5).

Delport sê die organisasie se betrokkenheid het waarskynlik bygedra dat die verhoor so spoedig afgehandel is. Lee het sowat 18 maande gelede verdwyn.

“Ons is baie dankbaar vir die hulp.”

Delport het gesê die familie het ʼn stigting ná Lee se dood op die been gebring. Hulle wil op dié manier help dat geregtigheid geskied vir ander kinders soos Lee. “Dit is nie die einde van die stryd nie. Dis net die begin. Daar is so baie kinders daar buite [wat vermoor word] en ek wil dieselfde geregtigheid vir hulle ook hê. Ek gaan baklei vir hulle. Ons moet self die verandering teweeg bring wat ons wil sien,” het Delport gesê.

Sy het gesê hulle gaan ná vonnisoplegging daarop konsentreer om die owerhede te oortuig om aktief na Lee se oorskot te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

John ·

… gelukkiger tye? Met sulke beserings? Hierdie is ‘n vreemde, vreemde storie.

Delia ·

John. Ds nie beserings.
Ds n seuntjie wat of in die modder gespeel het of koek geeet het. En sy ma het dalk n fototjie geneem omdat hy so vuil was.

Christel Cornelissen ·

Dagsê John
Dankie vir jou boodskap. Die foto wys nie beserings nie, maar wel waar Lee Mentoor speel.
Ek glo dit skakel enige verwarring uit.
Groetnis
Christel
nms Maroela Media

Rikku ·

Ek bid julle vind die oorskot van klein Lee, om afskeid te kan neem. My innige simpatie aan die Ouers en Familie.

Nic ·

As my gesig so vol koek gesmeer is sou ek se dis gelukkige tye ja, of is koekeet vir jou `n straf???

Annatjie ·

Hoekom kan hulle nie daai man onder hipnose sit om so uit te vind waar daai seuntjie is of dan sy lykie is, hof kan dit mis tiestaan im so iets te kan doen. Dit sal net meer gemoedsrus vir die ouers bring.

Honey Bee ·

John, waar van praat jy. Dit lyk eerder vir my of hy in die modder gespeel het, of dalk chocolade geeet het.

Griet ·

Aaai…hoe tragies tog!
Dat ñ onskuldige ou kindtjie nou moet boet met sy lewe!
WENS tog sooo, dié mammas,wat nie sonder mans kan klaarkom, wil beter tipe boyfriends kies,voor hul kinders skade ly!!!
MAAR GOOI WEG DIE SLEUTEL EN LAST DIE SKURK LEWENSLANK SIT EN VERROT INI TRONK

Linda ·

Hierdie mense bly naby my, dis n baie tragiese geval. Die swart man wat nou uiteindelik skuldig bevind is, is van n ander Afrika land afkomstig.

Hans ·

Weereens doen Afriforum ons nuttelose regstelsel se werk vir hulle. Knap vervolging!!

Hannetjie ·

Daar moet ‘n manier wees om die skuldige aan die praat te kry!!Hy is skuldig bevind aan moord al was daar nie ‘n liggaam nie..so… kry hom aan die praat.Moordenaars het heeltemal te veel regte

KaterinaKat ·

Ai so n lieflike ou seuntjie..dit is bitterlik hartseer. Ek hoop tog met my hele wese dat ek nooit weer op hierdie demoniese planeet hoef te inkarneer nie. So siek soos die Hel self..hierdie hele vervloekte nes.

Malitza ·

Paar besonderhede is kort..die man het die kind afgelaai by die ouma waar die kind opgelaai is deur n paartjie in n kar….. Hmm mis ek nou iets? Waar in die hof het hy erken die kind is doodgemaak deur hom? Is die paartjie in die kar gevind en ondervra?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.