Brian Molefe en Hlaudi Motsoeneng se kostes aan Solidariteit wat al betaal is, beloop sowat R1,3 miljoen en sal aangewend word om soortgelyke belastingvergrype aan te vat.
Lees meerAlles vir Woensdag 11 September 2019
Reserwebank sê ekonomie steeds onder druk
Die Reserwebank het Dinsdag gesê die ekonomie sal na verwagting nie meer as 0,6% groei in die huidige jaar nie en alhoewel die land ʼn tegniese resessie vrygespring het, is daar steeds afwaartse druk.
SA ‘veilig’ indien Brexit-sonder-ooreenkoms voortgaan
Suid-Afrikaanse poste en beleggings is veilig selfs indien Brexit sonder ʼn ooreenkoms sou voortgaan, het Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, Woensdag gesê.
Parlementslede vertrou nie polisie met wapenamnestie nie
Dit is nou prakties bykans onmoontlik dat die amnestietydperk, wat volgens die beplanning van 1 Oktober vanjaar tot 31 Maart aanstaande jaar sou duur, nog sal plaasvind.
Gesin in ‘finansiële verknorsing’ ná moord op tronkbewaarder
Elize Marais, die voormalige vrou van ʼn tronkbewaarder wat grusaam vermoor is, het Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig oor die trauma en finansiële probleme wat sy ondergaan het ná Quinton Williams se afsterwe.
Staatsgrond sal gou herverdeel word, sê Mabuza
Die regering sal binnekort ʼn aankondiging maak oor die herverdeling van staatsgrond vir landboudoeleindes, het adjunkpres. David Mabuza Woensdag aan die nasionale raad van provinsies gesê.
ToekomsVenster: Xristus
Hoe dit ook al sy, hierdie Christus is ons Koning. In Sy Naam sal ons die oorwinning behaal.
Toetsbeampte vas oor ‘bedrog’ met rybewyse
Die optrede teen die 60-jarige man het gevolg na inligting vroeër die week ontvang is dat hy glo bestuurslisensies uitreik sonder om die aansoekers te toets.
Dros-verkragting: ‘Geen ouer moet sien wat ek gesien het’
Ninow het kop onderstebo in die beskuldigdebank gesit en soms trane afgevee terwyl die ma getuig het.
Toyota en Lexus nou ‘slimmotors’
Toyota word die eerste vervaardiger in die wêreld om dit as standaard op sy hele reeks voertuie te bied.
Mening: Wenspanne en derbies lok die toeskouers
Die gekla dat Suid-Afrikaanse rugby aan die uitsterf is en wat uitsluitlik gebaseer is op die bywoning van plaaslike rugbywedstryde, is nie die volle waarheid nie.
Tieners sterk aan ná ongeluk wat ouerpaar eis
Dit is nie in die stadium duidelik of Jonathan se gesondheid hom sal toelaat om teen dán sy ouers se begrafnis by te woon nie.
Man word internet-held ná ‘klein goeie daad’
“Dit is my geaardheid om iemand te help wat hulp nodig het. Dit is ongelooflik dat so eenvoudige ding, so klein goeie daad, só baie reaksie kan uitlok.”
Weldoeners gee 67 hartpasiëntjies weer hoop
“Ons word elke keer verras met die vrygewigheid van ons luisteraars. Mense raak al hoe meer vrygewig, ten spyte van hul eie nood.”
Vyf vas wat kitsbank op Hotazel glo wou opblaas
Die vyf insittendes in die bussie is deursoek en die polisie het beslag gelê op ploftoestelle, drie pistole – waarvan een ʼn speelgoedpistool was – en handskoene.
Resep-video: Konfyt-en-klappertertjies
Dié tertjies is maklik en vinnig en perfek vir teetyd!
Apple stel goedkoper iPhones, TV-stromingsdiens bekend
Die jongste reeks iPhones bring beter funksies en beter foto-kwaliteit met sy kameras, verbeterde batterylewe en ʼn aanloklike prys.
Audi se buksie is mooi en luuks
Ek hoor mense dan vra: Hoekom wil mens só ʼn klein tjor hê?
Ondersoek na verdagte kontrakte by SAUK verwelkom
Onreëlmatighede rondom twee kontrakte van meer as R100 miljoen by die openbare uitsaaier het aan die lig gekom.
Video: Adam Tas deel wenk vir die viswaters
As ʼn lusmaker vir dié episode het Tas ook ʼn wenk vir die mense wat wil seker maak hulle trek die grootste vis eerste uit die dam se water.