Dros-verkragting: ‘Geen ouer moet sien wat ek gesien het’

Nicholas Ninow tydens Woensdag se verrigtinge in die hooggeregshof in Pretoria.

WAARSKUWING: Besonderhede in die berig kan sommige lesers ontstel en is nie geskik vir kinders nie.

Die meisie wat verlede jaar in ʼn Dros-restaurant in Pretoria verkrag is, het Dinsdag aan die hof gesê haar verkragter, Nicholas Ninow, het haar na die damestoilette agtervolg.

Die dogtertjie, wat nou agt jaar oud is, het vanoggend agter geslote deure en deur kringtelevisiekamera getuig. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Phindi Louw-Mjonondwane, het na afloop van haar getuienis gesê die kind is baie slim en sy is baie trots op die manier waarop die kind getuig het. Die meisie het getuig om sekere aspekte van Ninow se pleitverduideliking op te klaar.

“Die beskuldigde het in sy weergawe gesê die kind het hom in die toilette gekry. Dit was belangrik vir die staat om die kind te roep om te getuig oor die gebeure wat tot die voorval gelei het, asook dat die beskuldigde haar agtervolg het. Sodoende wil ons aan die hof bewys dat hy die bedoeling gehad het om haar seer te maak,” het Mjonondwane verduidelik.

Sy voer aan die staat het bewys Ninow het beplan om die kind leed aan te doen.

Die meisie se ma het ná haar, ook agter geslote deure, getuig. Die kringtelevisiebeeld was afgeskakel en slegs haar stem kon in die hof gehoor word. Staatsadvokaat Dora Ngobeni het dié maatreël versoek sodat die ma nie weer deur die gebeure getraumatiseer word nie.

Die ma se identiteit word ook weerhou om dié van haar kind te beskerm.

Die ma het aan die hof vertel sy en haar dogter is die dag van die voorval na die restaurant waar sy die meisie by die speelarea registreer het. Haar kind het ʼn wynrooi spanbroek met ʼn blou kolletjiesrompie bo-oor en ʼn blou T-hempie gedra.

Volgens haar kon sy later nie haar kind by die speelarea opspoor nie en het sy en die kinderoppasser in die damestoilette na haar gaan soek. Die deur van die middelste toilethokkie was toe.

“Ons het aan die deur geklop en ek het haar naam geroep. Sy het van agter die deur na my geroep en gesê ek moet haar help. Ons het aan die deur gestoot, maar daar was weerstand van binne. Die persoon aan die anderkant van die deur het toe gesê ons pla hom en wat soek ons,” het sy getuig.

Sy het gesê hulle het uiteindelik die deur oopgedwing. Sy het haar dogtertjie gesien, opgetel, uit die toilette geneem en aan ʼn ander vrou gegee om na haar om te sien. Die meisie het nie haar spanbroek of onderklere aangehad nie en daar was bloed op haar rompie.

Nadat sy seker gemaak het haar dogter is veilig, het sy na die manstoilette gegaan omdat sy gesien het ʼn naakte Ninow het daarheen gevlug.

“Ek het gaan kyk wat aangaan want ek het gesien hy is kaal. Toe ek daar kom het ek gesien hoe hy homself [sy geslagsdeel] met my kind se klere afvee,” het sy getuig.

Sy het ook gesien hoe Ninow haar dogter se broekie in die toilet afspoel.

Die ma het haar kind se wynrooispanbroek op verskeie foto’s in die fotoalbum wat as bewysstuk ingedien is, uitgewys. In sommige van die foto’s hou ʼn bebloede Ninow, geklee in slegs ʼn onderbroek, die spanbroek onder sy arm vas. In ander foto’s lê die broek saam met sy gordel op die manstoilette se vloer.

Ninow het kop onderstebo in die beskuldigdebank gesit en soms trane afgevee terwyl die ma getuig het. Die ma het gesê sy en haar dogter kry steeds berading na die voorval.

“Geen ouer moet sien wat ek gesien het nie. Dit gaan emosioneel nie goed met my nie,” het sy getuig.

Sy het beweer Ninow het die kinderoppasser in die gesig met sy gordel geslaan, maar Ninow het vroeër ontken dat hy enige van die vroue aangerand het. Die kinderoppasser het tydens haar getuienis gesê Ninow het na hulle geslaan, maar niemand getref nie.

Die staat het vandag sy saak gesluit. Ninow se regsverteenwoordiger. Herman Alberts, het ook die verdediging se saak gesluit sonder om enige getuies te roep.

Die partye gaan môre hul betoë voor uitspraak lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Jax ·

As hy my kind was, het ek hom vir ewig laat toesluit en van hom vergeet. Hy hoort nie in die samelewing nie!

Tanya ·

Hang hom dit is wat hy verdien het. Los ons kinder kleinkinders uit. Bring doodstraf uit vir verkragters en moordernaars

Lizelda ·

Hy wil dwelms die skuld gee maar hel dit klink my eerder sy denke was baie helder!!!!! GEMORS!!!!!!

Spook ·

My brain kan die wreedheid nie Klein kry nie. Ek kan dit nie begryp nie…..ek is sonder woorde. Here, bewaar ons kindertjies, ons leef in wreede, siek tye

jene ·

Die getuienisse van die twee kelnerinne, en die kind, en kind se ma stem nie ooreen nie. Die kelnerinne het getuig Ninow het hulle nie raak geslaan met die belt nie. Die ma het getuig hy het die een kelnerin in die gesig geslaan met die belt. Die kind se hy het haar na die toilette toe gevolg, waarom het sy dan ingegaan as sy so slim is om te sien n man volg haar na die toilette toe ?? Ek dink hy was reeds in die toilet toe die kind aan die deur geklop het om te urineer !!! Kinders kan mie wag as hul n toilet wil gebruik nie.

Dan ·

Liewe Jene,
Wat ek vir jou wil sê sal ek eerder los .Blameer die kind omdat sy kinderlik is/ opgetree het? Sy is slim, maar ja, sy is maar slegs JAAR oud gewees. Geen kind hoort in so situasie nie, sy het nie die situasie geskep omdat sy ‘n noot gehad het nie. Hy was in die eerste plek voorberei vir sy dade en NIE waar hy moes wees nie!! Niemand hoort in daai situasie nie, hy is ‘n volwasse man?!!
Die belt is bysake, wat ‘hy’ gedoen het is verskriklik. PUNT. Dit is NIE die KIND se skuld NIE. Familie lees hier wat geskryf is, wees sensitief teenoor die saak en mense. Magtag.

Linda ·

Die een kelnerin het ook getuig dat sy die kind tot by die toilet se deur geneem het, waarom het sy dan nie gesien dat n man volg hulle ?? Of die kind is oogemaak of die kelnerin jok dat sy nie die kind tot by die toilet se deur geneem het !

Linda ·

Ek vat glad nie Ninow se kant nie, maar die getuienisse se weergawes stem nie ooreen nie en is nie heeltemal korrek nie.

Heidi ·

Regtig! Die monster is n dronk druggie wat homself buiteweste gedrink het. Die dogtertjie het NIKS verkeerd gedoen nie. Kom by!

Linda ·

Hierdie is n baie ernstige aanklag, mens kan nie verskillende weergawes van gebeure hierin gee nie. Die kind en haar ma se getuienis is nie heeltemal korrek van die gebeure wat plaas gevind het nie. Ninow moet gestraf word, maar hierdie ding was nie vooraf beplan nie. Dit het net gebeur.

Tinkerbelle ·

Linda, as jy sê die ma en dogtertjie se getuienis is nie korrek volgens die gebeure nie, klink dit my jy moes dan daar gewees het om te weet wat die VOLLE waarheid is. Hoekom gaan getuig jy nie? Dan spaar jy die mamma en dogtertjie die trauma…

Amelia ·

Hoekom vertrou jy die weergawe van iemand wat onder die invloed was bo die van die ander? Dis baie menslik om gebeure nie 100% reg te onthou nie. Dit is hoe die brein werk. Maar Ninow was boonop bedwelmd EN wil homself minder boos laat voorkom, so het rede om die feite te verdraai.

Stormjaars ·

Ek het twee dogters wat ek soos goud oppas as ons uitgaan. Daai monster het nie ons respek nie. Ek se ook doodstraf. In Amerika is daar n man vir 175 jaar tronk toe gestuur oor bestasting van gimnaste as hulle span dr.

Linda ·

Mens moet versigtig wees om nie verdere rasse haat hier te versprei deur te getuig dat hierdie hele situasie beplan was. Die kind was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Ninow kon enige iemand anders verkrag het.

Amelia ·

Linda, dit klink eerder of jy vir hom wil opkom net omdat hy wit is. Die kind was nêrens waar sy nie moes gewees het nie. HY was waar hy nie moes gewees het nie,en het gedoen wat hy nie moes gedoen het nie. Vooraf beplan of nie.

Stella ·

Ek Se weer,,hoekom staan die familie hom by,,asof hy n slagoffer is,hulle moet hom los en dat hy self sien kom daaruit,,

Ek is ook daar ·

Daar is baie sulke gevalle. My dogter en 3 ander [waarvan ons weet] is ook gemolesteer deur ‘n familielid. Daar is mense wat bankvas agter hom staan. Oor 2 weke is ons weer in die hof, ek hoop en bid dat die waarheid sal seevier en dat die mense wat ons kinders as leunaars uitmaak hul kop in skaamte sal laat sak. Dit is ‘n vreeslike ding wat gebeur en ons kinders kry seer, aan al die meisiekinders en vrouens wat daardeur is – hou moed en hou jou kop hoog!

Tinkerbelle ·

Agtervolg kan beteken dat hy NA haar by die badkamer ingegaan het… Nie soos 007 agter haar aangesluip het nie. Dis ongevraagd om sarkies te wees oor die dogtertjie se intellek. As van julle slimmer was sou jul eerder niks gesê het nie. Almal wat kommentaar lewer oor die ma en kelnerin se weergawes moet mooi dink, die berig sê kinderoppasser, nie kelnerin nie. As JULLE wat nie deur die trauma gegaan het nie, nie eers die feite kan reg lees nie hoe verwag julle dat almal wat daar was presies uit dieselfde mond gaan praat. Elkeen vertel wat hul gesien het. So iets gebeur nie net nie! Dis snert!! So volgens Linda het die dogtertjie geklop en toe gebeur dit net dat hy naak is, sy vol bloed en ook sonder haar kleertjies… Hoe GEBEUR so iets net?? Sterkte aan die dogtertjie en haar familie.

Plain Jane ·

Ek sê bring die dood straf terug vir die tipe wreedhede. Ek lees die staat sê dood straf sal dinge virerger….ek sê hang hul in die publiek soos in die 1800s dan sien ons wie raak bang vir ñ misdaad pleeg

Hippie Chick ·

Tinkerbelle, jou kommentaar is in die kol. Welgedaan!!
Die beste speler/skeidsregter is altyd die een wat op die paweljoen sit en reageer op wat van ‘n afstand waargeneem word.
Geen kind, nee, geen NIEMAND verdien wat hierdie dogtertjie moes deurgaan nie!

Iens ·

En dis meer as n jaar gelede? Almal kan nie so presies presies onthou wat gebeur het nie, praat nou v kelnerinne en kinderoppasser en selfs die mamma. Dink net deur watse verskriklike trauma hulle is. So sommiges hier se kommentaar is regtig onvanpas soos bv Linda sn. Hoekom ENIGE blaam op die dogtertjie plaas???

Dina ·

Annette, die oordeel kom ons nie toe nie. En ja n ma sal lief bly vir haar kind al doen hy wat. Hy is nie n ding nie, hy is n mens wat vasgevang is in sonde se verwoesting. Wat hy gedoen het is verkeerd en wreed, maar blameer die mag agter die daad, naamlik satan. Die skuldige het dalk self trauma beleef as kind. Niemand weet wat aanleiding hiertoe gegee het nie. Moenie n oordeel oor jouself bring deur ander te oordeel voordat jy nie self in hul skoene gestaan het nie.

Anoniem ·

Ek het geen simpatie met die mannetjie. Hy kan maar lewenslank sit.As goed hom pla hy het n hand, nie nodig om n kind of n vrou te verkrag.

Leon ·

Hy was so bedwelmd en so op sy “trip” hy het nie geweet waar hy is of wat hy doen nie. Hoe kan hulle van hom verwag om te weet wat hy gedoen het. Dit is die aaklige gesig van dwelm misbruik.

Arrie ·

New Leon, die dwelm CAT, maak mens nie deurmekaar, DAT jy nie Weet wat jy doen nie. Hyt presies geweet wat hy doen.

Francois ·

Jy gaan n duur prys betaal vir wat jy aangevang het ou seuna, jou hele lewe is daarmee heen en dit as gevolg van n snuif tik. Jy hoef nou nie meer bekommerd te wees oor tik of om oor die boude getik te word nie, daar waar jy gaan is “plenty”. Se net vir mamma om die vaseline ook op die lysie te sit !

MCS ·

Die bybel sê die son kom op vir die gelowige en ongelowige dit reën ook by altwee. Ek oordeel ook wat hy gedoen het want dit is verkeerd. Die duiwel loop soos ‘n leeu en kyk wie kan hy verslind. Maar Jesus het ook vir sy sonde gesterf en as hy sy saak met die Here regmaak kan hy saam met die wat hom so sleg sê wat ” glo” dat hul gered is eendag die ewige lewe beërwe. Mense wat waarlik kinders van God is en Jesus se liefde in hul harte het, skel nie mense so. Wraak kom ons nie toe.

nett ·

@wielie, hy het ‘n kind maar dankie tog hy sal nooit naby die kind kan kom nie!

Abe ·

wiellie.
Hy het n biologiese kind. Tegnies het hy ook 50% toegang tot die kind.

GESKOK ·

Annette, wees versigtig wat jy spreek. n Ma se liefde vir haar kind het nie perke nie. Dit is nie n “light switch” wat jy net kan afsit omdat jou kind skielik nonsens aangejaag het nie. Daardie ma kry swaar om haar seun in daardie omstandighede te sien. Onthou ook, die ma kan nie gestraf word vir haar seun se dade nie.

Persoonlik kry ek daardie seun se ma baie jammer. Ek kan my nie indink hoe enige ma moet voel in so situasie nie. Ek haal my hoed af vir haar dat sy daar is om hom te ondersteun.

Ronel ·

@Annette het jy al “The Shack” gekyk? dit kom presies op dieselfde neer, Kyk gerus, dis baie goed!

Abe ·

Dina,
Hoekom mag ons hierdie afskuwelike daad nie veroordeel nie? Al die feite wat tot dusver aan die lig gekom het dui daarop dat ons hier te doen het met seker die mees laakbare misdaad wat iemand teenoor n vrou kan pleeg. Omstandighede van die besondere saak maak dit nog erger: dis teenoor n kind gepleeg, amper in die openbaar, skaamteloos erken, ens.
Enige redelike persoon met die minste oordeelvermoe moet kan sien dat dit n afgryslike daad is. Ons het nie net die volste reg om dit ten sterkste te veroordeel nie maar dit is elkeen se plig teenoor die memsdom om dit te doen.

Kraai ·

Hy hare het gerys van woede teenoor Nicholas Neno toe ek die artikel lees. My hart gaan uit na die gesin. Ek kan nie dink wat die ma op daardie oomblik moes deurgaan toe sy haar kind saam met vark vind nie.

Stuiwer ·

Die meisietjie is maar agt jaar oud. Sy is nie so slim as wat sy voor die tyd gecoach is wat om te sê nie. Die hele hofsaal was gister deurtrek van ANC-lede. Hierdie saak is ongelukkig nie om justice vir die dogtertjie te kry nie. Dit het ‘n politieke speelbal geword om rassisme verder aan te hits. Die skuldige hoort agter tralies, na my mening vir die res van sy lewe. Dit maak nie saak watter kleur die kind is nie. Dit wat hy gedoen het, is dierlik en onvergeeflik om die minste te sê.

Amelia ·

Vergeet maar van die ANC Women’s League wat al weer politieke punte probeer score deur iets wat niks met hulle te doen het nie. Ek glo nie enigiemand is dom genoeg om te dink hierdie gedrag is verteenwoordigend van enige iemand anders as net Ninow self nie. Hy verdien die kwaaiste straf en ek glo hy sal dit kry, en dit is in elk geval wat die oorgrote meerderheid witmense ook wil hê moet gebeur. Ek voel geen assosiasie met hom nie en hy verdien geen simpatie net vir die feit dat hy wit is nie. Die ANC mors net hulle tyd daar.

Sê ook ma net ·

Dankie tog. Sien uiteindelik in die kommentare dat sommige mense besef êrens is iets nie reg nie…

Amelia ·

Om dinge nie 100% soos iemand anders te onthou nie is so normaal soos dat die son bedags skyn.

Carlien ·

Hy het soveel lewens verwoes.. Sy eie en die kind s’n. Hy gaan vir die res van sy lewe moet saamleef met wat hy gedoen het.. Mag hierdie kindjie dit verwerk en aangaan met haar lewe..

Rudi ·

Regstelling MCS Jesus het nie vir sy sonde gesterf nie (Hy was sondeloos) Jesus het vir ons sondes gesterf.

Attie. ·

Hoe skaam ek my vir my mense, tog besef ek vandag dat my mense nie die mense is wat my taal praat nie, my mense is Christene met dieselfde waardes oor die wêreld heen, ongeag ras of taal. Ek voel jammer vir die beskuldigde want en glo dat hy met demone besmet is of was. Ek voel so oneindig jammer vir die meisietjie en haar familie en ek wil hulle verseker dat as ons kan sal ons die doodstraf terugbring want die knaap hoort nie in die samelewing nie. Aan my kom die oordeel nie toe nie. Ek haat die satan wat hom die dinge laat doen het.

Karel ·

Stem saam, Attie. Wanneer mens aan dwelms verslaaf is, tree jy nie normaal op nie. Bly daar is ‘n hof wat oor sake moet besin en beslis.

Anoniem ·

Hoe kan dwelm- en drankmisbruik as versagtende omstandighede aangevoer word? Dis mos’n al te gerieflike verskoning… Dit moet dalk eerder as verswarende omstandighede tel. Bly weg van dwelms en (oormatige) drank, dan sal daar baie minder moeilikheid in die wereld wees.

Reggie ·

Sy doppie is geklink, binne die tronk of buite die tronk hulle gaan hom dood maak!

Sê maar net ·

Al wat ek vra is : Hoekom het die ma nie saam met haar dogter toilet toe gegaan nie. In vandag se lewe kan jy nie dat toelaat dat jou kind alleen na ‘n publieke toilet toe gaan nie. Korregeer my indien my feite verkeerd is maar die ma het in Dros se kroeg gesit en ‘n drankie geniet?? As jy en jou kind na ‘n plek soos Dros gaan, gaan jy mos naby die speelarea sit om seker te maak dat jou kind veilig is. As jy kind toilet toe wil gaan, gaan sy mos na jou toe kom en vir jou sê : “mamma ek wil toilet toe gaan” dan gaan jy mos saam met haar of hom. Of was dit nou maar net ‘n gewoonte van die mamma om haar kind na die speelplek toe te stuur en op ‘n ander plek ‘n drankie te gaan geniet? Kyk moet my nie verkeer verstaan nie Ninouw was 100% verkeerd en hy moet sy straf kry. Maar die mamma was ook verkeerd.

Johanna ·

Dit kan wees dat hy eerste in die dames toeilette was, seker gewag vir n dame om in te kom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.