SA ‘veilig’ indien Brexit-sonder-ooreenkoms voortgaan

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling (Foto: Ayanda Ndamane African News Agency/ANA)

Suid-Afrikaanse poste en beleggings is veilig selfs indien Brexit sonder ʼn ooreenkoms sou voortgaan, het Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, Woensdag gesê.

Hy het aangekondig ʼn samewerkingsooreenkoms is tussen die Suider-Afrikaanse Doeane-Unie en die Verenigde Koninkryk gesluit.

“Ons het ʼn ooreenkoms in plek, wat deur die kabinet goedgekeur moet word. Dit sal ʼn soomlose ooreenkoms verseker tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk indien Brexit sonder ʼn ooreenkoms sal voortgaan. Dit is goeie nuus vir poste en goeie nuus vir beleggings,” het Patel tydens ʼn perskonferensie in die parlement gesê.

Indien Brexit sonder ʼn ooreenkoms sal voortgaan, sal die Verenigde Koninkryk uit die Europese Unie onttrek sonder ʼn onttrekkingsooreenkoms.

Patel het gesê dit sou ʼn verwoestende impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad het, veral die voertuig- en motorkomponente en kos en wynbedryf in die land, aangesien bykomende invoer- en uitvoerkostes ter sprake sou wees.

Die minister het gesê ná ʼn lang onderhandelingsperiode is ʼn ooreenkoms aangegaan en dit sal van krag wees sodra Brittanje die EU op 31 Oktober verlaat. Die Suider-Afrikaanse Doeane-Unie bestaan uit Suid-Afrika, Lesotho, Eswatini (Swaziland), Namibië, Botswana en Mosambiek.

“Ons is bewus daarvan dat die debat in die Verenigde Koninkryk voortduur wat betref Brexit, insluitend die sperdatum en voorwaardes van onttrekking. Ons is egter tevrede dat, wat ook al die uitslag mag wees van die betrokke proses, ons handelsverhouding met die Verenigde Koninkryk sal voortduur sonder ontwrigting.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Donderstorm ·

Q.Waar is die dae van die goud standaard heen? Sien goud pryse gaan op sekere lande berei hul voor koop goud op.

Ray ·

Vrugte, groente, wyn, goud, diamanté, car components…… Toerisme. Moenie so negatief wees.

John ·

Indien Brittanje uittree kan daar sonder die EU as middelman onderhandel word, waarom so aangaan. Die EU is die struikrower wat beheer oor roetes wil behou.. en die beursies. Veiligheid en groei is kamma die oogmerk. Duitsland se mag kwyn en sy ekonomie nie waffers nie. Duitsers is almelewe woedend wanneer hulle nie in beheer is nie… ons minister maak’n groot gewag oor bly, maar niks oor ons gly… en agteruitgang nie. Lekker joppie… waarin hy kan poer-poer al vir jaaare… sonder druk en dryfkrag….

Kallimaari ·

VK doen beslis die regte ding. Europa is besig om te misluk, en die ekonomië van lande soos Frankryk, Duitsland en Italië gaan stelselmatig agteruit. Die Europese skip het lankal begin sink.

Rupert Ashford ·

Enige land wat nie “veilig” is as so-iets gebeur nie, kan net hulleself blameer – dit is nie asof die VK gister besluit het hulle loop nie – dit sloer al vir amper 3 jaar. So welgedaan aan die SA doeane-unie. En enigiemand wat benadeel word deur Brexit sal vind dat dit die EU is wat die skade veroorsaak.

Eva ·

Gaan besoek Europa gerus. Soveel geld en vooruitgang, jou asem sal wegslaan. Hoogste standaarde.

Attie. ·

Ek was nog altyd ten gunste van Brexit, al het ek geen saak met die Engelse nie, maar my seun is ‘n Britse burger en hy is geweldig teen Brexit. My simpatie lê by die Walliesers en Iere wat daagliks moet veg om hul taal te behou teen die Engelse en ook hulle moet toesien, net soos ons, hoe hul kinders verplig word om in Engeland te gaan woon en werk. Indien Skotland eendag in ‘n referendum besluit om by die EU aan te sluit sal die woorde wat ek as kind gehoor het dalk nog waar word. “There wil always be a country where England used to be.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.