Parlementslede vertrou nie polisie met wapenamnestie nie

vuurwapen-rewolwer-koeels-wapen

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Parlementslede oor partygrense heen het vanoggend op ‘n oorsigvergadering van die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor justisie en sekuriteit reguit gesê hulle het nie vertroue dat die polisie die vermoë het om ‘n voorgestelde amnestietydperk vir die inhandiging van ongelisensieerde vuurwapens suksesvol en veilig te bestuur nie.

Dit is nou prakties bykans onmoontlik dat die amnestietydperk, wat volgens die beplanning van 1 Oktober vanjaar tot 31 Maart aanstaande jaar sou duur, nog sal plaasvind, want die komitee, wat die amnestietydperk moet goedkeur, vergader nie volgende week nie (LP’s is in hul tuisprovinsies vir oorsigwerk) en ook nie die week daarna nie (dis reses) en teen die daaropvolgende week moes die amnestie al begin het, so dit is hoogs onwaarskynlik dat die amnestie gaan gebeur soos beplan.

Die vergadering het heel belowend vir die polisie begin voordat dit so erg uitgetorring het. Senior polisiepersoneel het ‘n goed nagevorste en volledig verantwoorde verslag gelewer oor presies hoe die amnestie sou werk.

Die doel van die amnestie sou wees om die hoeveelheid onwettige en ongelisensieerde vuurwapens in omloop te verminder met die doel om onder meer geweldsmisdaad in te kort, en om mense die geleentheid te gee om vuurwapens wat hulle nie meer wil hê nie, op ordelike en beplande wyse in te handig.

Indien jy eienaarskap of besit van die wapen oor ‘n lang tydperk kan aandui (en die wapen nie by iemand anders gesteel is nie) is dit moontlik om die wapen as jou eie te lisensieer mits jy die regte stappe volg.

Die polisie het vervolgens ‘n omvattende plan voorgelê oor hoe die amnestie kan werk, insluitend oor die vervoer van die wapens, die nagaan van die vuurwapengeskiedenis asook die geskiedenis van die beweerde eienaar, die vereistes waaraan polisielede moet voldoen om die amnestie te help administreer, die dokumentasie en aftiklyste wat benodig word, die identifisering van een bergplek per provinsie waar die vuurwapens gestoor kan word voor vernietiging, die riglyne vir vernietiging en die wyse waarop ballistiese toetse gebruik moet word om toe te sien dat vuurwapens wat by die pleeg van misdade gebruik is, nie vernietig word sodat bewyse verlore gaan en misdadigers skotvry daarvan afkom nie.

Daar was nog ‘n duisternis fyn uitgewerkte administratiewe besonderhede en die polisielede het afgesluit met die mening dat daar wel uitdagings is maar dat hulle meen hulle sal al die slaggate kan oorkom.

Toe nou nie, want daar en dan draai die gety toe teen die polisie.

Die kritiek is gelei deur die DA-LP George Michalakis, wat gesê het mense vertrou nie meer die polisie met onwettige of ongelisensieerde wapens nie omdat duisende ingehandigde wapens tydens ‘n vorige amnestieproses aan misdadigers verkoop is, met dodelike gevolge vir die algemene publiek.

Michalakis het ook gevra of amnestie werklik misdaad laat daal, want dis wetsgehoorsame mense wat hul wapens inhandig, nie die misdadigers nie. Hy het aangevoer die skuiwergate in die Vuurwapenwet moet eers uitgepluis word voordat amnestieperiodes suksesvol bedryf kan word deur die polisie.

Waar sulke sentiment nog van die DA as amptelike opposisie verwag kon word, was dit vier punte van ernstige kritiek uit die gewoonlik mak ANC-banke wat die polisiepersoneel se dag in ‘n nagmerrie laat verander het.

Eerstens is aangevoer amnesties word gekniehalter as vuurwapens waarmee misdade gepleeg is nie ingehandig kan word nie, want dis juis vuurwapens wat in misdade gebruik word wat die probleem is.

‘n Tweede argument uit ANC-kringe was botweg dat die polisie nie die vermoë het om die wapens veilig, effektief en eerlik te hanteer soos vereis word nie.

Derdens het ‘n ANC-LP in ‘n uiters ongewone stap die DA by name gelyk gegee dat die polisie nie besig is om te verbeter nie, en nie die vertroue van die gemeenskap geniet nie.

Laastens is uit die ANC-banke aangevoer polisiestasies word so swak beveilig en in stand gehou dat dit glad nie ‘n goeie idee is om die ingelewerde wapens daar te hou nie want misdadigers sal die polisiestasies aanval en beroof.

Al die skerp kritiek op die polisie het die komiteevoorsitter, Shahidabibi Shaikh van die ANC, so ontstig dat sy die vergadering verdaag het sonder dat die vrae beantwoord is.

Shaikh het gesê die moontlikheid van ‘n amnestie sal een of ander tyd in die toekoms weer bespreek word, maar nie nou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ig ·

My moeder het haar gelisensieerde wapen ingegee onder vorige amnestieperiode. Die doel was konverskering van wapens, toe het die polisie die wapen oorgedra aan n wapenhandelaar wat die wapen toe verkoop het, hoe oneties, ek het die bewyse, dit daar gelaat!

JohanR ·

Ek stel voor as jy rerig moet jou wapen/s inhandig, dat dit sommer hier voor jou stukkend geslaan word (baie klein klein stukkies), of in die rooi warm oond gegoei word voordat jy die vertrek verlaat. Soe sal jy weet dat daai selfde geveer, nie die volgende week in die hand van ‘n bende in Lavender Hill, ‘n ses jarige kind dood nie, of ‘n boer dood skiet nie!

sweis ·

Jy hoef nie n wapen in te handig nie,n geweersmit kan die wapen deactiveer en n sertifikaat uitreik.

piper ·

ek het twee rewolwers ingehandig met lope so ge buig dat dit sal ontplof as dit gebruik word

schaun ·

Ek vertrou nie die sa polisie nie ,ek moet nog n goeie een ontmoet.

Manie van Worcester ·

Ek ken n hele paar werklik goeie en eerlike polisielede wat hulle werk met trots doen.

schaun ·

Ek glo jou Manie ons wens almal ons kan in die Wes kaap bly maar ek bly in Gauteng.

Johanna Botha ·

Ag wie vertrou nog die polisie …hulle monitor net !

Leon Pit ·

Ons sorry die land is is sy glorrie.
Proe dit of los dit.

Pieter ·

Wat hulle nie als sal doen om ons blankes te ontwapen nie hulle mag daai wapens nie weer verkoop nie want hulle het nie die wapen by jou gekoop nie dit is bedrog hulle moet dit vernietig

Kobus ·

Wel, uiteindelik . Nou will el hour wat Bekkie Cele te vertel het.

KrokodilBotha ·

Mors van tyd. ANC se monitor mag is nie gepla oor wet en orde , of ouma se skietding nie. Hulle verloor hulle eie wapens elke dag. Korup en onbevoeg.

KrokodilBotha ·

Vertrou die parlement die polisie dan met hulle eie wapens ? Cele sal almal vertel wat hulle wil hoor.

Leon ·

Moenie worry nie. Die wapens word maar net aan die rowers oorhandig wat dit gebruik vir rowe. Hulle vernietig net die wapens wat nie meer lekker werk nie. Dink julle nou vir een oomblik ‘n bende of transito en bank rowers en die plaasmoordenaars gaan hulle wapens laat wettig of terug handig. Ha ha ha.

Hannetjie ·

Ag asseblief…die wapens is nie die enigste manier waarmee mense vermoor word nie.Byle…pangas en messe en baie ander maniere word gebruik mense dood te maak.Hierdie is maar net ‘n manier om ‘n sekere deel van die bevolking te ontwapen.En…onse polisie ‘verloor’ ook hul wapens .

Natascha ·

Laat hul wapens in en uit teken soos destyds, Dan kan daai een persoon wat geteken het vir daai wapen verantwoordelik gehou word. In die ou dae was dit nie toelaatbaar om jou wapen huis toe te vat. Jy moet hom terug teken. Weermag en Polisie was dieselde.
Maar met deesdae se polisie en weermag het jy soo baie mense wat korrup is, dat mens niemand meer kan vertrou.
Die goeies is baie skaars gesaai.

Iemand ·

Ek het twee jaar gelede al hernieude bevoegdheid gekry maar wag steeds vir my vuurwapenlisensies. EK SAL ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE my vuurwapen inhandig nie. Ek het vuurwapenlisensie in my is nie die groen en n lank vervalle witte. Dit is volgens my wettig.

KrokodilBotha ·

Daarso bel die nommer vroeg oggend of laat aand. 012 353 6111. Bel gereeld , moenie nonsens vat nie.

Kokkie ·

Ek is nou nuuskierig. Wie se nommer is dit hierdie, Krokodil. \en vir watter doel moet ‘n mens dit skakel.

Willem Grobler ·

Soos met alles soek hulle die oorsaak van die probleem op die verkeerde plek. Die vuurwapens is nié die probleem nie. Nog mie een van my wapens het hier uitgesluip en iemand gaan vermoor nie. Die land se morele grondslag is vernietig – mense het geleer dat jy kan wegkom met bedrog, diefstal, aanranding, moord, meineed ensovoorts. Die SAPS is nie gebore in staat om wet en orde te handhaaf nie, hul misdaadintelligensieafdeling is vernietig, poste is gevul op grond van velkleur en ANC lidmaatskap. Nee wat, hierdie twak van wapens inhandig en amnestie is praatjies vir die vaak. Geen misdadiger gaan ‘n wapen inhandig nie. Hulle maak dit dan duidelik dat elke wapen ballisties ondersoek gasn word!Dis soos om te verwag die misdadigers moet by sy lokale polisiestadie aanmeld en sê hy het iemand geskiet! Belaglik.

Careltjie ·

In die eerste plek. Die SAPD lede het nie die nodige bevoegdheid om die wapens in ontvangs te neem nie. Tweedens, hul het nie die nodige veilige bergingsfassiliteite nie. Derdens, dit is nie wapens wat misdade gepleeg het, wat by wettige eienaars is nie. Vierdens, moet nooit jou vuurwapen in iemand se hande plaas wat nie vir jou die nodige bevoegdheid kan toon vir daardie tipe vuurwapen nie. Die belangrikste is – jy het ‘n reg om jou en jou gesin te beskerm. Moet nooit dat daardie reg van jou ontneem word nie. En ek daag die media uit om behoorlike ondersoeke te loots na die SAPD se bevoegdheidsopleiding en waar hul die opleiding kry, dws opleidingsbane, hoe gereeld, word dit jaarliks gedoen ens. Daar is werklik niks in plek nie en ek weet dit. Hulle bluf die hele SA. Hoe kan mens jou vuurwapens in hulle hande plaas?

Attie. ·

Indien jy jou wapen vandag inhandig mag jy dalk eendag spyt wees. Geen skelm gaan sy wapen inhandig nie. Neem liewers die wapen en olie hom mooi en bêre hom waar jy hom vinnig kan kry in ‘n noodgeval. Gaan skiet met die ding op ‘n gereelde basis. Dit is nou die tyd om te weet jy kan jouself en jou gesin verdedig.

J ·

Interessant, die meeste massa skietery in Amerika vind in “gun free zones” plaas. Terwyl hulle vuurwapens inneem om misdaad te bekamp, moet hulle sommer ook aanstekers, rekenaars en messe inneem om brandstigting, kuberkrakery en messtekery te stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.