Toetsbeampte vas oor ‘bedrog’ met rybewyse

Bredasdorp se lisensietoetssentrum en voertuigtoetsstasie. Foto: Verskaf

Die hooftoetsbeampte van Bredasdorp se lisensietoetssentrum en voertuigtoetsstasie in die Wes-Kaap is vanoggend deur ʼn ondersoekspan van die nasionale departement van vervoer en polisiebeamptes van die dorp in hegtenis geneem.

Die optrede teen die 60-jarige man het gevolg na inligting vroeër die week ontvang is dat hy glo bestuurslisensies uitreik sonder om die aansoekers te toets.

Maroela Media verneem dat bewyse teen die beampte, wat sowat twintig jaar diens het, bekom is toe twee van die “suksesvolle” aansoekers, aan wie hy lisensies uitgereik het, ondervra is.

Volgens die verkeersafdeling se rekords het albei hulle bestuurderslisensies ontvang ná hulle met voertuie van bestuurskole in die omgewing vir die toets opgedaag het.

By nadere ondersoek is egter vasgestel dat die betrokke voertuie nie op die bepaalde datums wat hulle glo getoets is aan die aansoekers verhuur is nie. Die inligting op die stelsel was dus vals; hulle is nooit getoets voor hulle bestuurderslisensies uitgereik is nie.

Bredasdorp se lisensietoetssentrum en voertuigtoetsstasie. Foto: Verskaf

Een was in besit van ʼn ekstra-swaarvoertuiglisensie en die ander een het ʼn swaarvoertuiglisensie gehad. Daar is na bewering vir elke lisensie R1 000 aan ʼn tussenganger betaal wat met die verkeersbeampte saamgewerk het.

Groot bedrae is na bewering ook vir padvaardigheidsertifikate en leerlinglisensies betaal en dit word nou verder ondersoek.

ʼn Lid van die ondersoekspan wat tydens die arrestasie teenwoordig was, het aan Maroela Media gesê die saak is ook aan die spesiale ondersoekeenheid (SOE) in Kaapstad oorhandig.

Die verdagte is die afgelope twee jaar in ʼn bestuursposisie by die toetssentrum en daar word vermoed dat hy van toe af lisensies sonder bestuurstoetse uitgereik het.

Die Bredasdorp-toetssentrum het egter in die tyd nie ʼn toename in aansoekers getoon nie. Normale volumes is hanteer en die beweerde bedrog het dus baie subtiel plaasgevind.

Die verdagte verskyn later die week in die plaaslike hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Cherokee ·

Genieve, jy kwoteer my gedagtes terwyl ek die berig gelees het. ‘n Man wat, as hy ‘n gesin het, huistoe moet gaan en vir sy vrou sê hy (hulle!) is in bolliestraat. Die pensioen wat hy opgebou het kan hy aktiveer. Dit sal oor 5 of 7, 8 jaar die helfte van die koopwaarde hê wat dit nou het. Daarmee saam behoort daar ‘m gewete te wees wat wonder oor wat daardie onbevoegde bestuurders op die pad gaan aanvang. Die munisipaliteit behoort sy rekord na te gaan oor lisensies deur hom uitgereik.

Pieter ·

Dit is hoekom baie van hulle nie weet wat is n stop teken nie

Muffin ·

Lg jy se dit kos R2000 in Vereeniging. Ja dit is seker so maar onthou daar is heelwat meer voete in Vereniging as in Bredasdorp so die bedingingsmag is hoer.

Dink vir 'n slag ·

Dink die spul korruptes (en die wat vir hulle geld in die hand stop) glad nie daaraan dat hierdie mense verkeerdelik lisensies kry om willens en wetens op ons paaie te bestuur – waar hulle self, hulle eie familie en geliefdes ook moet beweeg?! Geen genade vir die spul.

Lolla ·

Hulle leer ook nie uit die ander se foute dat jy uitgevang gaan word nie. Nou is hy sy 20 jaar pensioen ook kwyt.

Pieter ·

Nee hy gaan nou met verlof tot die ondersoek af gehandel is wat mos 2jaar neem met volle selaris en dan plaas hulle hom net oor na n ander toets stasie toe

SêMaarNet ·

Kla hom sommer aan vir poging tot moord, of iets soortgelyk. Hy plaas mense met dodelike wapens op die pad. Gaan na vir wie hy “gehelp” het, en kyk of hulle oortree het op die pad, en kla hom sommer dan vir daardie oortredings ook aan. Plus vat sy pensioen af, en laat hom daarna in ‘n lykshuis sonder betaling werk. O, ja, en vat sy lisensie ook af.

Wondernet ·

Die deler is so goed soos die steler. Die wat betaal het en nie getoets is nie net so skuldig en moet vervolg word

m ·

Ja ek sit ook nou so en wonder of iemand dalk dood is in ‘n ongeluk wat veroorsaak is deur iemand aan wie hy ‘n lisensie uitgeryk het. Dit maak hom seker skuldig aan moord of strafbare manslag?

Linda Merwe ·

Mense die Bredasdorp man se streke is nie die uitsondering nie, dis die reël. Ek twyfel of die aantal eerlike lisensie beamtes daarbuite ñ bus sal volmaak. Gooi nie die skelm instrukteurs en hulle werkgewers weg nie. Die eerlike, hardwerkende bestuurskool ondernemings bars om te oorleef en die skelm, geldgierige idiote floreer

Die Skim ·

Die staat moet audit doen op all verkeersbeamptes en krimmenele rekords na gaan – ek glo daar sal net n kwart oorbly met skoon rekords

Kobus ·

Bewys dat die hernuwing van lisensies elke 5 jr nie in sy doel slaag nl. om.onwettige lisensies te voorkom. Skrap dus die beslommernis. Net onnodige kostes

Johanna Botha ·

Weer en weer dieselfde ding oor en oor …en die wetstoepasers kry eintlik niks reg nie …tronke vol maar die probleem bly !

Geko ·

Dit is hartseer. Sulke gedrag hoort nie by n Verkeersdepartement nie. Mnr die verdagte, hoop jy sit nie n Voet weer by jou werk nie.

HoTbLoOd ·

Skelm se vet brand uit. Jy kan 99 keer weg kom met ‘n ding,maar die 100ste keer word jy gevang.

Lena Jonk ·

Hierdie lisensiekopery is niks nuut nie, ek het in die laat tagtigerjare by n plek gewerk, ek vra toe vir die skoonmaker of hy toe sy lisensie gekry het, hy se nee maar ek spaar nou R1000 want ek koop dit by n man. Kan julle nou mooi dink hoeveel van swaarvoertuiglisensies en gewone lisensies al uitgereik is na daardie jare, dan wonder ons hoekom al die ongelukke. Dit was in Pretoria , wat van ander plekke waar dit ook was.

Leon ·

En dan sê die dom verkeersowerhede “Speed Kills”. Dit is die ouens met hulle gratis lisensies wat “Kill”. Geen wonder ons verkeer is in sulke chaos nie. Dit het al in 1994 begin en nog nooit opgehou nie.

M ·

Daar geen eerlike ou meer in n bestuursposisie in die Metro nie. Ek is so moeg vd algehele wetteloosheid in die land. Probeer bietjie in Pta middestad bestuur tuasen die taxi’s. Hulle dwing jou net eenvoudig in n rigting in, ry waar hulle wil oor robots, nie n saak met n voetganger. En raai wat die Metro Polisie kyk nie eers in hulle rigting nie. Maar as ek so iets doen, word ek onmiddellik afgetrek en sommer dubbel gefine.

jakes ·

Komaan, die beskuldige is een van minstens 250 werkers wat dit doen landswyd. As jy hom aanklae en vonnis dan moet jy 90% van verkeerspolisie en SAPD lede ook in hegtinis neem vir omkopery. Geen wonder dat SA as n rampokker staat beskryf word nie.

abc ·

Moet asb ook nie van die arme “onskuldige” bestuurskool vergeet nie!! dit is immers sy klient.
Die toetsbeampte gaan dalk geskors word maar as hy heel moontlik ‘n goeie prokureur kry en die saak wen na 2 jaar (agv verskye redes soos dalk te min bewyse teen hom), kry hy heelwaarskynlik sy werk weer terug, pension en mediese voordele moet dan ook sekerlik uitbetaal (vir die geskorsde tyd) Dit behoort dan mos oorgenoeg geldjies te wees om sy hele gesin oorsee te “‘verhuis” . Het destyds uit ‘n perd se bek gehoor wat so paar jaar gelede in dieselfde boodjie gesit het as dié een – die perd is nou, natuurlik sak en pak oorsee.

Ruby ·

Ek sien baie van hulle op die pad elke dag.

Hierdie is nie die uitsondering, dit is die norm.

As hulle agterkom jy betaal nie ‘n bribe by die bestuurstoets, dan druip hulle jou vir die simpelste goed.

Met my seun se bestuurstoets, sê die dame hy moet ry…hy sê hy kan nie nou want daar kom ‘n kar aan!
Sy sê toe “Ha, are you a speedcop now?” My seun het net stilgebly en nie gereageer op haar uitlokking nie.

Dit is alombekend dat hulle die blanke kinders target.

aj ·

Name and shame them all!

Elkeen van die omkopers wat met vals lisensies rondry moet aan die publiek bekend gemaak word!

lydenburg mpumalanga ·

In Lydenburg, Mpumalanga kan jy ook vir jou een koop.

Gerhard ·

Dit het al in die tagtigerjare begin, as dit nie vroeër was nie.
Die padwaardigheidsertifikate is ook ‘n ander storie.

Geko ·

Wie het veroordeel? Wat reg is, is reg. Godsdiens en wat verkeerd is, kan jy nie bymekaar bring nie. God is always good.

Flippen good ·

Moenie oordeel nie, sodat julle nie self geoordeel word nie. Die oordeel waarmee julle oordeel sal julle geoordeel word & Met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet sal julle weer gemeet word.
MATHEUS 7 V 1-2

Geko ·

Wonder of iemand Al die verdagte se naam weet. Sal dit nie goed wees om te weet, voor almal wat daar werk onder dieselfde kam geskeur word nie?

Bestuurskool ·

Geen klient van enige bestuurskool was betrokke nie. Juis bestuurskool kliente wat hardverdiende geld betaal vir opleiding sodat hul eerlik hul lisensies kan bekom.
Wees versigtig met wilde bewerings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.