Stiksienig of onverskillig?

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Deur Jeannette Gnade

Die Pan Afrikaanse Parlement (PAP) hou vandeesweek sy soveelste sitting by die Gallagher-landgoed in Midrand. Suid-Afrika is die hoofkwartier van die PAP, wat met soveel trots en verwagting in 2004 tot stand gekom het.

Een van die hooftemas op vanjaar se sitting is die uitreiking van die spesiale Afrika-paspoort. Dit sal nie alleen oor-grens besoeke vergemaklik nie, maar kan ook tot ʼn opbloei in handel lei.

Ongelukkig is die normaalweg skouspelagtige opening van die parlement ontsier deur talle klagtes van afgevaardigdes oor die misdaad in Suid-Afrika. Verskeie vooraanstaande burgers van die vasteland is tussen die lughawe en die landgoed agtervolg, oorrompel en van hul besittings beroof. Dit is ook nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

Die regering het een of twee keer spesiale polisie-beskerming vir die buitelandse besoekers aangevra, maar vanjaar lyk dit asof die pleidooie op dowe ore val; in so ’n mate dat ʼn groot groep afgevaardigdes ʼn mosie wou afdwing dat die PAP se hoofkantoor na ʼn ander land verskuif word.  Dit is ʼn klad op Suid-Afrika se naam.

Die vorige ANC-presidente, Nelson Mandela en Thabo Mbeki, het groot gewag gemaak van ʼn enkele parlement vir Afrika. Dit sou eenheid en selfstandigheid bevorder en ʼn handelsklimaat skep.

Op die oog af lyk dit asof die Zuma-regering belangstelling in die Afrika-parlement verloor het. Geen vooraf publisiteit is gekry nie en geen hoëvlak amptenare is gevra om die opening by te woon nie.

Dit staan is skrille kontras met die Afrika Unie se beraad in 2015, toe president Omar al-Basjir van Soedan nie alleen strydig met ʼn bevel van die Internasionale Strafhof genooi is nie, maar deur die Suid-Afrikaanse regering gehelp is om te ontsnap. Dit was in in weerwil van ʼn hooggeregshofbevel dat hy nie die land mag verlaat nie.

Die Zuma-administrasie het daarna openlik kant gekies vir al-Basjir en baie gou is  met planne begin om Suid-Afrika aan die Strafhof te onttrek. Al wil die ANC dit nie erken nie, was dit moontlik een van die oorsake van sy kwynende steun in verlede jaar se munisipale verkiesing.

Die man op straat het begin wonder hoe die regering ooit misdaad op eie bodem gaan uitroei as hy nie eens skroom om die wêreld te tart met sy bewondering en steun vir ʼn vermeende oorlogsmisdadiger nie. ʼn Regering wat ongehoorsaam is, kan seker nie wetsgehooraamheid van sy burgers verwag nie?

Dit is verstommend dat ʼn regering nie eers besef dat hy nie konsekwent optree nie. Of is dit na aanleiding van die Suid-Afrikaanse staatshoof se dubbelpratery? Hy ontken dat daar iets soos vreemdelinge-haat in die land bestaan, maar bly doodstil oor die feit dat 12 Somaliese winkeleienaars binne twee maande in Khayelitsha vermoor is.

Binne die ANC-strukture sê hy niks oor grondonteiening sonder vergoeding nie, maar wag net tot hy alleen is of voor ʼn groep bondgenote praat. Is die ANC en sy leier stiksienig, onverskillig of bloot domastrant?

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
william

Wat ek nie verstaan nie, in 1994 was die grondwerk daar sodat ons as n’ sogenaamde nuwe nasie, n’ “superpower” kon word. MAAR met ELKE wet, met ELKE uitspraak, met Grants, Afbreek van ekonomie was dit duidelik dat nie EEN ding vir SA sou beter gaan nie. ELKE ding wat hulle aanpak is tot niet . Die “midas touch” omgekeer!. Mense word gebore om te haat en vermoor. Ja ANC , julle het n’ “goeie ” storie om te vertel!.. Die Korrupte en walglike kriminele SA word nou ook ervaar deur ons besoekers. KRY die govt. nie skaam nie?.. Of… Lees meer »

Willem

PAP!–haha lekker gelag..lag myself PAP..

Heinrich

Die enigste rede waarom Zupta nog nie te veel aandag gegee het aan die PAP nie, is dat SA nog ten spyte van die cANCer se pogings bly funksioneer (hoe wankelrig ook!). Hier is nog te veel hofsake wat keer dat hulle teen die land breek; so hulle kon daarom nog nie genoeg tyd afstaan om aandag aan die res van Afrika te skenk nie. Johannesburg word mos ge-adverteer as “A World Class African City”; hy is nou al so mooi ver-Afrika deur die cANCer dat die res van Afrika nie eers meer hier wil kom uithang nie!

zahn

Ek sal baie graag wou gehad het dat mense soos kortbroek of Pierre Uys hierdie een vir ons moet antwoord. Die anc ismos destyds as DIE ANTWOORD vir alles verkondig.

jean

“Eenheid en selfstandigheid”……………..Whahahaha!.. Hulle sal nooit weet wat dit beteken nie.