Podlitiek: Stede in onlus en Mboweni wil die vure blus

‘n Man hardloop weg van die traangas nadat hy goedere uit ‘n winkel in Germiston, oos van Johannesburg geplunder het (3 September 2019). (Foto: Themba Hadebe/AP)

Opgestel deur die Podlitiek-span

Met die hutsteken #SouthAfricaShutDown wat die rondte op sosiale media doen, het Podlitiek dit goed gedink om nie, soos ons moederland, hals oor kop by nog ’n week se bespreking van nuus en gebeure in te boender nie.  Hierdie week is Paul Maritz en Hermann Pretorius aan die woord met ’n vars insig op die jongste plaaslike en internasionale opspraakwekkendhede.

Die gesegde lui dat waar ’n rokie trek, is ’n vuurtjie… nou ja, in Pretoria en Johannesburg trek daar tans ’n hele magdom rokies. Podlitiek bespreek die tragiek van ’n inmekaartuimelende openbare mening oor veiligheid, met veral persone van ander lande wat in die afgelope weke se xenofobiese geweld geteiken is. Volgens berigte is daar reeds ten minste vyf mense oorlede, en die vraag op almal se lippe is (in die woorde van dr. Theuns Eloff se boek): Wat nou, Suid-Afrika?

Tweedens kom die voorgestelde ekonomiese reformasie van die minister van finansies, Tito Mboweni, aan die woord. Paul daarop dat hierdie dokument, wat so skelm ingeglip is en vir ’n rukkie onder die radar gebly het, nie noodwendig enige nuwe inligting met die leser meedeel nie – dit is eerder die ANC se interne reaksie op die dokument wat interessant is. Die vraag oor ideologie en beleidsrigting bestaan onder die ANC in hierdie stadium, met party wat die sosialistiese droom blindelings sal deurtrek, en ander wat besef dat die realiteit oorweeg moet word.  Luister gerus na hierdie interessante insetsel.

Laastens kyk die twee paneellede na wat presies in Brittanje aan die gang is. Hierdie eens stabiele politieke stelsel het onlangs grootskaalse bedankings uit sy heersersparty, die Konserwatiewe Party, gesien, en Boris Johnson se Brexit-plan het die hele land skynbaar in rep en roer.

Wat jy ook al doen, moenie vergeet om Podlitiek weekliks te luister nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Die feit dat alles so op ‘n kritieke tydstip verkeed loop vir CR moet tog iewers iemand laat wonder of daar nie ‘n hand in die paai is nie. Hoe toevallig is toevallig. Al die misdaad pla nie niemand in die regering nie totdat dit nuttig word. Die volk was nog altyd ‘n lekker tranetrekker-hulpmiddel wanneer dit nodig word. Kyk hoe Trump gepeper is sedert hy verkies is. Feitlik die hele wèreld is nou teen hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.