Mosambiek óók reg om burgers weens geweld uit SA te neem

ʼn Gebou in Malvern wat Sondag aan die brand gesteek is. (Foto: Twitter via @AsktheChiefJMPD)

Mosambiek het nou ook sy stem gevoeg by die koor Afrika-lande wat hul burgers teen die situasie in Suid-Afrika gewaarsku het, of gereed maak om hul burgers uit die land te neem.

Die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, het volgens STV Noticias gesê sy land tref voorbereidings vir die repatriasie van honderde Mosambiekers uit Suid-Afrika, nadat voortslepende geweld hier gelei het dat soveel as 500 van dié land se burgers dakloos gelaat is.

Nigerië het ook berig dat meer as 600 van sy burgers gereed staan om terug te keer na dié land.

Suid-Afrikaanse ministers het gister ʼn spesiale veiligheidsvergadering gehou en onderneem om onwettige immigrasie na Suid-Afrika te stuit.

“Wat betref die indiensneming van ongedokumenteerde buitelanders, gaan ons toeslaan op private sakeondernemings wat nie by arbeids- en immigrasiewetgewing hou nie. Binnelandse sake, die polisie en departement van arbeid gaan inspeksies verskerp,” het die ministers in die veiligheidsgroepering gesê.

Die polisie het intussen gesê honderde mense is nou reeds weens die geweld in hegtenis geneem, terwyl minstens vyf burgers van ander Afrika-lande hier vermoor is.

Ghana het bevestig dat drie van sy burgers beseer is en nog vyf in hegtenis geneem is, terwyl Kenia gesê het twee van sy burgers is hier vermoor.

Abike Dabiri, hoof van die Nigerians in Diaspora Commission, het ʼn beroep op Suid-Afrika gedoen om mense wat deur die geweld geraak is te vergoed, ʼn oproep wat Nigerië se laerhuis gesê het hy ook ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Poot ·

Ek dink daar kort n hengse klomp nulle by die hoeveelheid wat gereed is om die land te verlaat.

Rowan Grobler ·

Owerhede moet buitekanders, wat onwettig in die land is, vastrek en deporteer.

Sandra ·

Blessing in disguise? Daar is in elk geval te veel onwettige immigrant hier.

Kerneels ·

Sodra hulle klaar is met die migrante kom hulle vir die wittes.

humor ·

Hoe ver moes hierdie onbeheersde grens oorspoeling toegelaat word voordat die regering se oe stadig begin oopgaan. Hierdie gebeure is n geweldige aanklag teen die ANC regering. SA het reeds so ontaard in n donker helhool dat sels Afrikalande in mees vervalle toestand nie meer kans sien om hul burgers daaraan blood te stel nie.

ES ·

Jy weet jou land is verdoem as ander Afrika lande hul burgers onttrek…

Een van my kollegas het my vertel dat haar huishulp se man ‘n klein spaza winkel bedryf wat die afgelope naweek saam met hul huis tot op die grond afgebrand is – en hulle is burgers van ons land wat afkomstig is van Limpopo. Die skare wou niks weet nie, hul het die winkeltjie en die huis afgebrand…

Totale anargie…

Clipper ·

Dit is n skande en n swart klad op ons naam. Die swak grensbeheer deur die anc het die mense toegang tot die land gegee en nou verdryf ons en vermoor ons mense hulle. Ek skaam my vir die land wat ek eenmaal met my lewe sou verdedig het. Ek skaam my ook vir ons patetiese regering

humor ·

Dit is terselfdertyd n duidelike klap in die gesig en n boodskap aan die sg. liberale globaliste dat hul ideologie nie haalbaar is nie.

Swerwer ·

Wag maar tot alles weer kalm is,dan stroom dit weer in sonder moeite,dit is mos hulle “struggle” maters.

Pieter ·

Stem kan kom en gaan soos hulle wil so lank hulle net vir die anc stem

Lou ·

Daar is miljoene onwettige immigrante van Afrika lande in SA. Nou wil hulle 500 en 600 laat terug keer. Die gebrek aan intelligensie in Afrika is verstommend. Dit moet seker iets in die water of lug wees wat dit veroorsaak.

koos ·

Net een vraag. Hoeveel boere is die afgelope 25 jaar vermoor?
Dan bied Australie aan om boere na hulle te laat kom, en dan is ons regering op hulle agterpote.
Snaaks dan dat ek nog niks gehoor het van onse CR in die lyn van ” Dit gebeur nie”, “Dit is nie so nie”, “Ons mense is veilig”, “Almal in die land is berangrik” nie?
Ek aanvaar geen moord as normaal nie, ongeag die ras van ‘n persoon. Net jammer die regering voel nie ook so nie, of miskien voel hulle so maar het nie die wil om iets daaraan te doen nie.

Joke! ·

Maar Zuma het mos gese die grense moet oop wees vir almal!!

Trojaanse Donkie ·

Nigeriers word uitgevlieg, as ons beurt kom sal jy moet passasiers skepe moet gebruik, die probleem is waarheen? Holland , duitsland, portugal, engeland ?

Tong innie kies ·

Moenie bekommerd wees nie.Die een groep wil ons in die see jaag maar die ander verban ons op die strand,dus bly ons net waar ons is.

Kotjie ·

Ek het my miesies se fountjie geskaai!! Die meeste van die ander mense wat hiernatoe stroom is ook swart!!soos die meeste wat reeds hierbly! Nouja!! Ons bly lekker en wil he dat almal moet lekker en vylig wees!! Maar…. nou kom daar allerhande anderste mense ook hiernatoe??? Ander idees!! En befoeter alles!! Hoe nou gemaak? Se my groot asseblief!!! Die wittes met baie verstand raak nou net minder!! Ek vra maar net!! Hou julle eie mensie veilig in julle eie land en beee happy!! Want julle kan!!! Ek weet!! Party van Afrika se afgestigte plekke is ouer as Suid Anfrika en hulle het goed oorleef!! Julle kan ook!! Trust my!! Ek glo!!!

HESTER ·

Malawi. Kenia. Ghana, Mosambiek en Nigerië kom haal julle mense
ABIKE DABIRI vra vergoeding vir Nigerierse burgers. Lekker man. Ons eis vergoeding vir plaasmoorde se mense.
DEPORTEER ALLE ONWETTIGE IMIGRANTE ASB

Hanna Hoekom ·

Neem asb AL jul burgers en hul ongure praktyke terug na hul lande toe. En gaan bestudeer weer julle syfers: daar kort n hele paar nulle! Hier is letterlik miljoene onwettiges in ons land. Time to say good bye!

LOSKOP ·

Dit is jammer die getalle is nie 500 000 en 600 000 duisend nie

Niklaas ·

Ja, dankie vir weggaan , en moet tog nie te lank talm met die inpakkery nie . Bly dan ook sommer weg vir ewig. Hier is net teveel burgers van veral Zimbabwe wat nie vir SA enige aanwins is nie.

Ingo ·

600 Nigeriërs wat wil teruggaan na hulle land toe,ek hoop die 3 000 000 ander Nigeriërs wil ook só besluit neem!
Volgens wat ek al te doen gekry het hulle is daar net n paar goeie Nigeriërs,die meeste ander is dwelmsmokkelaars besig met een of ander onwettigheid.
Maak asb. die hekke oop sodat hulle makliker kan uitgaan…en sluit dit dan dig sodat hulle nie weer kan terugkom nie.
Hulle is glo hier want hulle vlug vir die geweld uit hulle land,maar gaan dan elke paar maande huistoe na n hulle families om die geld wat hulle hier onwettig gemaak het na hulle families te vat.Klink glad nie na n vlugteling nie.

Gaps ·

Nee hulle vlug ni van die geweld in Nigeria nie. Hulle vlug van die gereg hier. Hier kan hulle ni maak en breek soos hulle wil nie. Amper niks crime in Nigeria ni. Ek en my gesin is baie veiliger hier as in SA.

Santie ·

As ‘n immigrant wettig in die land is, is dit reg en hulle moet goed behandel word. Dit beteken die persoon het vaardighede wat kan bydra tot SA se ekonomiese ontwikkeling. Maar wat soek ónwettige imigrante hier? Hiér is nie ook nie werk nie? Iets waaroor ek nuuskierig is, is dat opstandigheid net teen sekere lande se immigrante geopenbaar word. Is dit dalk diegene wat dwems in ons land inbring en ‘n gevaar vir die kinders inhou? Baie ander lande se imigrante bly baie lekker en is veilig. Hoekom so?

Ig ·

Koebaai, laat wiel punt in die wind, die anc sal julle eers oor 4 jaar weer nader trek om stemme te kry

marous ·

Die res van afrika sien dwarsdeur die leuens van die leiers van die mishoop . Geen buurland is meer afhanklik van die hool nie . Wag tot hierdie spul van die honger krepeer en op hul kniee staan en die buurlande smeek vir hulp . Dit gaan baie vinniger kom as wat hulle dink .

chrisjan ·

Hierdie klomp lande kan nie hul burgers gou genoeg uit ons land uit verwyder nie!Ons het hopeloos te veel burgers van ander Afrika lande in ons land.Hoe gouer hulle almal na hul tuis lande toe terug keer hoe beter vir ons almal.
En ja dis buitelandse sake en die SAP se skuld dat xenophobiese aanvalle nou plaasvind.Hulle kon dit lank gelede verhoed het as hulle hul werk lank gelede begin DOEN het.
Vat jou goed en trek Ferreira . . . . . . of is dit nou Ndlovu + +?

se net ·

Asb, asb kom haal jul mense wat in ons land op die reeds powere staat kom teer. Ons almal ly onder hul en dan kom moor hul ook nog van my mense op hul plase. Groot groot groot asb.

Anoniem ·

Mosambiek, maak asb net seker julle neem almal terug en moet asb nie weer vir SA om hulp vra wanneer julle land verspoel nie. Julle mors ons tyd en geld.

Boervrou ·

Kan iemand asb vir my n tel nr gee waar ek n dwelmhandelaar kan rapporteer. Polisie doen hom niks want hulle koop goedkoop onwdggige digsrette by hom

JG ·

Laat weet die SAPS (lees Monitering Dienste) dat jy n dwelm-handelaar geskiet het…kyk hoe vinnig is hulle by jou…

Gert van Wierdapark ·

Stem saam. Mosambiek vat al jul renoster-stropers ook saam! Voorstel:Om SAL n “gratis” ekonomiese inspuiting te gee, kan hul aanbied om vir die volgende 6 maande al die Afrika onwettiges hier, na hul tuiste terug te vlieg. He-he-he!

Anoniem ·

Die polisie sal niks doen nie Boervrou, waar gaan hulle dan hulle gratis “loose draws” kry?

Grassie ·

Dit is sommer net praatjies – daardie leiers van die ander lande weet as hul miljoene burgers wat tans op Suid-Afrika parasiteer na hul lande terugkeer gaan hulle vr… ekskuus tog, krepeer van ellende want daar is geen werk (en kos!) vir hulle nie. Hulle is almal derdewêreld piesangrepublieke. Ek sal veral bly wees as die Nigeriërs en Masbiekers koers kry, maar dit gaan nie gebeur nie,

Zorro ·

We wish you luck as we wave you goodbye! Hoop daar gaan nou minder dwelmmiddels, postitusie en gewelds misdade wees!

Danie Theron ·

Afrika “leiers” behoort te vra waarom vlug hul burgers uit hul lande van herkoms?Dis glad nie moeilik om dit te antwoord. Nerens word oor die oorsake bohaai opgeskop omdat witmense nerens daar ‘n faktor is! Ons raak rerig nou moeg om die kers te wees!!!

Cherokee ·

Ek wens Frankryk wil ons wat in die 16de en 17de eeu hierheen gekom het, ook terug neem.

Johanna Botha ·

Wel ek sou ook gaan want hier is niks oor va SA nie …sad but true.

Carol ·

Te veel onwettige immigrante bly STEEDS hier. Powere spulletjie wat teruggaan en die ironie is: NIE VIR LANK NIE.

HeinRich ·

Hullen gaan nie weg nie. Hulle gaan net die res van die familie haal.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou…. as al die “illegals” waai, hoe gaan die A&C die volgende verkiesing wen?

Opistophthalmus ·

Hulle met buste weer aanry net voor die volgende verkiesing

Dorothy ·

Suid Afrika moet skrik omdat Mosambique mense wil kom haal, Mosambique kan nie eers vir die sorg wat daar is nie. SA het hulle op die voete gehelp en toe dit goed gaan moes al die wit professionele mense onmiddelik die land verlaat. Al die harde werk verniet. Met hulle oorstromings was SA goed genoeg om geld te stuur. Hoe meer Afrika lande hulle mense kom haal hoe beter is ons hoop op herstel. Al die gemors loop hier rond.

Onnodig ·

Pasop dat hulle nie hul mense begin terugvat sodat hulle uit die pad is wanneer hulle ons land dalk wil aanval nie. Dit bekommer my nogal

John ·

So van Mosambiek gepraat. Toeriste wat ‘n foutjie begaan of dit waag om daar te sterf, sien hul land eers na baie slapies en baie geld en baie polisiebesoeke. Nou verwag die onwettige Eskomkragtappers om betaal te word sodra hulle uitgevang word. Antie Mandela No 3 kom van daar. Sy kan dalk so ietsie gaan verduidelik oor die wette van aantrekking- of afstotingskrag wat sè daars groot moeilikheid as mens met baie blikkies of soiets heen-en-weer oor landsgrense vlieg of vlug…

Foxi ·

TARRA…..TOEDELS….GOODBYE……. CHEERS. Nou kan ons eie mense miskien aan die werk spring.
Sjoe….en hier is BAIE werk. Begin skoonmaak……….

@Foxi ·

Korrek en hier is ook BAIE van hulle maar wil nie eintlik werk nie.

Kerneels ·

Die lone vir die wat wil werk sal met 500% styg. Verby is die dae van goedkoop arbeid.

Jerry ·

Lande van Afrikaner herkoms mag dalk in die toekoms ook vliegtuie stuur. Afrikaner organisasies wat so baie oorsee rondrits het hopelik vir hulle lede se onthalwe sulke gebeurlikhede voorsien vir die toekoms.

Deon ·

Buitelanders in vlugtelingskampe praat van ‘n naderende burgeroorlog. Hulle ken die tekens want hulle is al daardeur in hul tuislande. Indien wittes vasgevang word in ‘n burgeroorlog, waar kan ons aanmeld vir beskerming? Lyk my ons is uitgelewer aan die genade. Die Suidlanders het ‘n noodplan, maar is daar ander planne. Ons glo steeds alles sal regkom, maar ons kan ook vinnig uitgemoor word, totaal onvoorbereid. Ek is nie oor myself gepla nie, maar wat van jong kinders?

kolla ·

Dis uitstekende nuus dat die klomp teruggaan waar hulle vandaan kom. Meeste van hulle lê ‘n las op ons gesondheidsstelsels ensovoorts. 90% van hulle is in elk geval karwagte.

kolla ·

Die klomp is eintlik ondankbaar. Nou kla hulle terwyl meeste in die land onwettig is. Wys hulle en check almal se dokumente en deporteer al die onwettiges promptu…en verban diesulkes sodat hulle nooit weer hiernatoe te kom nie.

KrokodilBotha ·

Van daai Zims en Malawiers is van die beste werkers, pasop wat julle wens.

HeinRich ·

Jy is reg. Die immigrasie kwessie is ingewikkelder as wat dit lyk.

Francois ·

Asseblief kom haal al die “Aliens”!!!! Daar is ten minste 10 tot 15miljoen in ons lans en hulle drink water en gebruik krag waarvoor hulle nie betaal nie. Net Zimbabwe se aliens in Gauteng aleen reken hulle is omtrent 5 miljoen. Wat van al die ander afrika lande? Hier is teveel mense om te deporteer!

Marthinus Willemse ·

Die Mosambiekers is nie `n probleem nie. Hulle praat Portugees, en die suide van Jhb is `n sterk Portugese enklawe. Baie Portugese wat daar bly het in 1975 vanuit Angola gevlug. Hulle is harde werkers. Net soos die Zambiërs, Kameroeners en Malawiërs.

Die probleem is die Nigeriërs. Meeste huise in die suide van Jhb word deur hulle gekoop.

Hulle leen geld by `n stokvel, bv R300 000. Dan, moet die stokvel hierdie bedrag in ses maandelikse dele in hulle bankrekening inbetaal. In die sewende maand gaan hulle bank toe vir `n huisleneing. Die ses-maande state wys dat hulle `n maandelikse “inkomste” van R50 000 “verdien”. Hulle kies `n huis, bv een van R800 000, en kom ooreen met die verkoper om die huis te koop vir R1,1 miljoen, waarvan hulle `n “kickback” van R300 000 soek. Die bank staan `n lening van R1,1 miljoen toe, die verkoper kry sy geld, en betaal die koper die R300 000. Hulle betaal dan die stokvel terug. Daarna, verhuur hulle die huis uit: een kamer per familie, vir R3000 per maand. Een “kamer” is goedkoper, en moet die tuin in stand hou; `n ander moet die erfbelasting betaal. So verdien die huiseienaar geld om in Alberton `n luukse huis te koop. Hy betaal elke maand, vir die volgende twee jaar of so, `n dubbele premie op sy huislening. Dan gaan hy bank toe vir `n verdere huislening op `n volgende huis…

[Hierdie het `n Nigeriër aan my verduidelik, om my huis te koop.]

Cherokee ·

Dan behoort die Nigeriërs, met hul ekonomiese kennis en talent, hier te bly want die lokale swart bevolking sal nie so iets kan uitdink nie. Met kinkels soos daardie hoort hulle in die ekonomiese sektor.

Christa ·

So Nou Kan ander Lande self beleef wat ons mense Moet verduur deur die plunderaars. Ons Mooi land het in n oorlog zone ontaard, Wie Moet ons bedank?
…..

Sprakeloos ·

Verduidelik asb net vir my.Hoekom op dees aarde is daar nog nie geboortebeperkings in ons land nie??? NO JOB-NO kid .if you can’t feed then don,t breed them.Hoekom is die Afrika lande so oorbevolk met so min werksgelenthede.

Magda ·

Nigeria – jou burgers vergoed , van hulle is onwettig en verkoop goed SONDER OM BELASTING te betaal of enige bydrae te gee vir die grond waarop hulle staan of bly – VERGOED DIT SAL N DEM DAG WEES.

HeinRich ·

Dit is vandag merkbaar stiller in Pretoria, Sunnyside.

Afgesien van die wie gevlug het, is baie ook gearresteer deur immigrasie polisie. (Besighede in Esselens straat is R2500 beboet as hulle onwettige werkers het.)

Ek skat 30% tot 40% van Sunnyside se imwoners is immigrante.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.