Die politieke oorsprong van wetteloosheid

‘n Winkel in Germiston, oos van Johannesburg word geplunder (3 September 2019). (Foto: Themba Hadebe/AP)

Die wydverspreide wetteloosheid in Suid-Afrika laat mense tereg wonder oor hoekom dit juis in Suid-Afrika voorkom. Daar is immers geen teken daarvan in buurlande soos Botswana, Namibië, Zimbabwe, Mosambiek of Swaziland nie.

Die wetteloosheid kom so wyd voor dat daar nie ’n enkelvoudige oorsaak waargeneem kan word nie. Dink maar aan uiteenlopende gevalle van die verval van orde soos grootskaalse aanvalle op buitelanders, die massa ontwrigtings en plundering van middestede, landwye diensleweringsproteste, aanvalle op vragmotors en georganiseerde ontwrigting deur taxi’s. Daar is verskeie redes vir hierdie verskynsel, wat strek vanaf die ANC se struggle-strategie, tot staatsverval en teleurgestelde verwagtings.

Onregeerbaar

’n Belangrike deel van die oorsake van wetteloosheid lê opgesluit in die ANC se pre-94-projek om die land onregeerbaar te maak. Mangosuthu Buthelezi het die ANC reeds in 1985 gewaarsku dat dit daartoe gaan lei dat die land ná 1994 steeds onregeerbaar gaan wees. Die politieke kultuur van onregeerbaarheid wat die ANC-in-struggle geskep het, het inderdaad ná 1994 deel van die oorheersende politieke kultuur in die land geword.

Identiteit

Dit bly mense verras dat die wydverspreide opstande teen swak ANC-regering, nie omsit in steun vir opposisiepartye nie. Suid-Afrika het ons kiesers in die afgelope tien verkiesings sedert 1994 (6 nasionaal en 4 munisipaal) oorweldigend vir identiteit in plaas van beleid of prestasie gestem. Ontevrede mense verander nie van party nie, maar verander hoogstens die faksie wat in beheer van die bepaalde partystruktuur is.

Politiek vs. ekonomie

Die politiek het verwagtings geskep waaraan die ekonomie nie kan voldoen nie. Benewens die grondwetlike bepalings oor sosio-ekonomiese gelykheid met betrekking tot behuising, gesondheidsorg, welsyn en bestaansekerheid, het die ANC se beloftes ook skuld gemaak.

Dit kan duidelik gesien word in die geweldige toename in Suid-Afrika se staatskuld oor die afgelope dekade. Hierdie skuld groei so vinnig dat gesiene ekonome reeds gewaarsku het dat dit nie volhoubaar is nie en dat die land op ’n fiskale afgrond afstuur. Prof. Jannie Rossouw van Wits het bereken dat net staatsdiens salarisse en welsynstoelae binne jare die hele nasionale begroting sal verteer as daar nie dringend rem aangedraai word nie. Dit word vererger deurdat die regering nie hul ondersteuners se verwagting bestuur nie en selfs nog duur projekte soos die NVG aankondig.

Staatsverval

Die gaping tussen wat die regering wil doen en wat die staatsdiens kán doen, raak al groter as gevolg van die regering se transformasiebeleid. Dit lei tot groot ontevredenheid onder ANC-kiesers wat al kwater word omdat die verval van die staatsdiens ander dienste laat platval. Die regering wil nie harde keuses maak tussen ’n werkende staat en ’n staatsdiens as werkskeppingsdiens nie.

‘Verontregting’

Wêreldwye navorsing wys dat wanneer die gaping tussen wat mense wil hê en wat hulle kán kry, te groot raak, mense gewoonlik opstandig raak. Die rede is dat hulle verontreg begin voel as hulle nie kan “kry” wat hulle dink hulle geregtig op is nie. Hoewel dit in globale terme vreemd sal wees as mense verwag om gratis grond, huise, munisipale dienste, medies, pensioen, onderwys, opleiding en elektrisiteit by ander belastingbetalers via die staat te kry, is dit in Suid-Afrika “normale” verwagtings waarop mense geregtig voel. Die ANC se “stem vir ’n lewe” in plaas van “werk vir ’n lewe” is hiervoor verantwoordelik.

Hierdie algemene gevoel van verontregting is waarskynlik die grootste rede vir die wydverspreide wetteloosheid in die land. Staatkundiges noem hierdie verskynsel “relatiewe verontregting”, omdat mense nie werklik verontreg is nie, maar so voel as gevolg van die polities geskepte verwagtings.

Die beginpunt van ’n oplossing hiervoor is dat daar ’n groter werklikheidsbesef sal moet plaasvind. Mense sal met feite in plaas van beloftes moet begin werk. Tweedens sal politici hul beloftes moet afskaal, en sal beleidsrigtings wat die staatsdiens ondermyn, gestaak moet word.

Laastens sal wetstoepassers regsekerheid moet skep deur wetteloosheid doeltreffend te bekamp. Indien dit nie gebeur nie sal hardwerkende belastingbetalers al minder gewillig wees om die staat se melkkoeie te wees wat net moet betaal sonder dat hulle inspraak in die besteding van hul swaarverdiende geld het.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anna ·

Dankie vir ‘n goeie artikel. Ek stem ook met Jerry – die situasie is deur die ANC geskep en onderhou deur massa optrede in plaas van realiteite. Daar sal nooit ‘n werklikheidsbesef wees nie. Die leiers sal altyd konsentreer op (onbereikbare) beloftes eerder as feite.

AV ·

Die beginpunt van die oplossing, nl ‘n werklikheidsbesef is juis onmoontlik. Ongeskooldheid, gebrek aan kennis (van bv ekonomiese beleid en politieke beleid om maar net twee te noem) en die volgehoue populistiese uitsprake soos onteiening sonder vergoeding deur die ANC en EFF is ‘n absolute teenpool vir die skep van ‘n ruimte waar mense tot realistiese insigte sal kom oor dit wat moontlik is en dit wat bloot nie moontlik is nie.
In Afrika weeg die emosie altyd meer as die intellek, daarom leer ons net op die harde manier dat iets (soos sosialisme) nie werk nie.

Anoniem ·

Ons weet maar te goed, wat Jy saai sal Jy maai, is dit nie nou wat gebeur NIE ! Jammer wees is ‘n klein bietjie te laat.

Jerry ·

Waar situasies ontstaan wat buite beheer van die ANC staat en owerhede optrede strek, dan het dit kaderstrukture georkestreerde gemeenskaplike wetteloosheid tot gevolg in opdrag en onder beskerming van die ANC/eff politieke leierskap. Dit was en is nog altyd die ANC/eff se manier om probleme wat nie volgens wet uitgesorteer kan word nie, met gemeenskappe van die wetsongehoorsame optrede van die massas, uit te sorteer!

barend v d westhuizen ·

die probleem s dat suid afrika se mense alles wil he en verwag hulle moet dit kry en die regering belowe te veel en dit is tyd dat die sapd trug gaan en wet en order toe pas die buur lande het ne daar die probleme nie wand hulle polisie diens laat dit nie toe nie en as jy dit doen sal jy bars

Geen hoop ·

Al oplossing. Verlaat die land, stop alle buitelandse hulp, laat die mense “hulle land” regeer en kom terug oor n paar jaar jaar en begin van voor af bou.

Kerneels ·

Indien die ANC in 1994 geluister het was daar nog hoop. Nou is dit te laat.

ChrisE ·

Die ou gesegde lui mos, wat jy saai sal jy maai. Die huidige regime het met buitelandse hulp en binnelandse weerbarstigheid aan bewind gekom. Sosiale ongehoorsaamheid, protes en onvergenoegdheid het ook tot die oorgawe gelei. Die skoen is nou aan die ander voet. Nou is die persone wat dit propageer het aan bewind. Makliker om te “rule” as te “govern”

Tjaart du Plessis ·

Daar is nét soveel ganse wat nét soveel goue eiers kan lê. En dan jaag hulle nog die ganse weg ook.

Dr Phil ·

Waar woorde! Die groot probleem is egter dat hierdie ‘n westerse (koloniale?) standpunt is wat uiters ongewild bly by die aa en see en hulle ongeskoolde stemvee. Hulle wil absoluut nie hiervan oortuig word nie, want dit sal beteken dat daar GEWERK moet word – iets waarvoor die kommies nog nooit juis bekend was nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.