Die 21-jarige Charles Leclerc (Ferrari) het Sondag op Monza nie net sy tweede agtereenvolgende Formule Een-Grand Prix meesterlik gewen nie, maar sy ervare spanmaat, Sebastian Vettel, erg in die skadu gestel.
Lees meerAlles vir Sondag 8 September 2019
Geweld breek weer in Jhb uit
Die polisie het mense gemaan om weg te bly van die Johannesburgse middestad nadat geweld weer uitgebreek het.
Bejaarde in tehuis-woonstel vermoor
Jeanette van Wyk het nog 19:00 Saterdagaand op die tehuis se roepradio ingeskakel, maar Sondagoggend om 08:00 was daar geen antwoord nie en is ondersoek ingestel.
Hongkong-betogers vra Trump om hul te bevry
Onrus heers al vir meer as drie maande in Hongkong.
Vrou dood, talle vas na geweld in Kaapstad
Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het gesê die geweld het uitgebreek nadat die polisie klopjagte op onwettige sjebeens in die area gedoen het.
‘SA politieke risiko vandag erger as onder Zuma’
“Om ʼn ekonomie se enjins van groei uit die hande van politici te hou, is nie net goeie besigheid nie, maar –die belangrikste – ʼn openbare weldaad.”
Paralimpiese atleet verbeter eie SA rekord
“Dit is nou my hooffokus in die aanloop tot volgende jaar se Paralimpiese Spele.”
Man se liggaam twee weke ná ongeluk gevind
“Die familie vat dit baie swaar.”
Kanker eis nou meeste lewens in ryker lande
Kanker eis nou meer lewens van middeljariges in welvarende lande as kardiovaskulêre siektes, volgens nuwe navorsing.
Mening: Rassie behoort nr. 12-trui aan Frans Steyn te gee
Rassie Erasmus is nie ʼn rugby-afrigter wat daarvan hou om te gaan krap waar dit nie jeuk nie, maar die tyd is nou ryp om Frans Steyn op binnesenter te kies, skryf Pieter Kruger.
Nigerië se president kom SA toe
Suid-Afrikaanse ondernemings is die afgelope week in Nigerië geteiken uit vergelding vir die xenofobiese aanvalle wat onder meer in Pretoria en Johannesburg plaasgevind het.
Steve Smith gee Engelse krieketspan steeds nagmerries
Wanneer die son ná vanjaar se reeks om die As gaan sak, gaan die Australiese kolwer Steve Smith steeds by die Engelse krieketspan spook.
DA kap na politici ná Bethlehem-plaasmoord
Die DA in die Vrystaat het in reaksie op Vrydagaand se plaasmoord buite Bethlehem gesê politici moet ook van die verantwoordelikheid neem vir geweld teen vroue en kinders.
Jong Kanadees skok Serena Williams in eindstryd
Die Kanadese sensasie Bianca Andreescu het die 37-jarige Amerikaner Serena Williams se planne laat ontspoor om tennisgeskiedenis te maak.
Gedagte vir die dag: Vertel die goeie nuus oral
Julle het mense geword wat ons voorbeeld – en ook die Here s’n – volg, toe julle onder baie moeilike omstandighede die woord aangeneem het met ’n blydskap wat van die Heilige Gees kom. Óral het julle geloof in God bekend geword! (1 Tessalonisense 1:6, 8)