Bejaarde in tehuis-woonstel vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn 83-jarige vrou is Sondagoggend in haar woonstel in ʼn tehuis in Schweizer-Reneke, Noordwes, gevind.

Jeanette van Wyk het nog 19:00 Saterdagaand op die tehuis se roepradio ingeskakel, maar Sondagoggend om 08:00 was daar geen antwoord nie en is ondersoek ingestel, het Lon Seyffert, bestuurder van die Silwerjare-tehuis, gesê.

Van Wyk het in ʼn woonstel op die tehuis se perseel gebly.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het gesê Van Wyk se liggaam is op die vloer van haar woonstel gevind. “Die woonstel was deurmekaar en ʼn ruit is gebreek om toegang te kry.”

Dit is nog nie seker hoe Van Wyk vermoor is nie, maar volgens Tselanyane was daar bloedspatsels om haar mond en is sy vermoedelik verwurg. Sy het geen ander sigbare beserings gehad nie.

Die moordenaar(s) het ʼn sak vol kruideniersware gepak, maar is blykbaar deur iets die skrik op die lyf gejaag aangesien hulle sonder die sak gevlug het. In die stadium blyk dit dat net Van Wyk se selfoon gesteel is.

Volgens Seyffert is die palissade om die tehuis oopgebreek om toegang tot die perseel te kry. Daar is ʼn klomp spore gevind wat die vermoede laat ontstaan dat meer as een verdagte dalk betrokke was.

Seyffert het gesê inwoners van die tehuis is erg getraumatiseerd na die moord op Van Wyk. Nagenoeg 100 bejaardes word by die tehuis gehuisves.

Die tehuis is deel van die NG Kerk se welsynsafdeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Muffin ·

My innege simpatie met die familie en al die ander inwoners.
Ek dink personeel is betrokke.

Heidi Lundie ·

So opinionated “Muffen” Hy/Sy los sommer die saak op sonder ENIGE ondersoek!

WOW! ·

Sjoe ‘Muffin’, bespiegel much? En ‘Lina Carstens’, waarom jou katterigheid? Plaas betoon jul medelye met familie en vriende. Flip, Ek verstaan Nou waarom ons wit Suid Afrikaners nie kan saamstaan Nie. Almal van ons is so ‘opinionated’. Sies! Ek skaam my!

Polities korrek ·

Muffen dalk het heidi en wie die ou misdaadjie begaan daarom weet hulle jy is verkeerd en opinionated.

Kokkie ·

Wat gaan aan? Hoekom word Muffin so aangeval ? Hy/ sy is net so geregtig op sy mening soos enigiemand anders.

Hannetjie ·

Weer ‘n weerlose bejaarde…en ook in ‘n plek waar sy moes veilig wees.So hulpeloos….sterkte vir haar geliefdes

Netso ·

Dit is mos nie die eerste keer dat ‘n bejaarde hier vermoor word nie? Wanneer gaan sekuriteit opgeknap word?

Ja nee ·

As ek die bogenoemde kommentaar lees bly ek maar eerder stil. Meester blankes het altyd n eier te le….. Dit is ook waar dit bly….,

sannie ·

Eintlik is julle almal net gewoon “Common” ‘n lewe is weggeruk en julle gee sulke sinnelose kommentaar

Chris ·

Sannie Weet jy wat is commen ? Deur ander te boelie om nie hulle mening te mag lug nie . Die is n vry land en vryheid van spraak is almal se reg .

Pop ·

Kommin is nie eers die woord vir mede afrikaners hier bo nie, julle is ing-t spulletjie. Ek is soms gewalg vir my nasie. Innige jammerte vir die familie van my. Om so die ewigheid in gehelp te word deur n bose ding. Breek deur pallisade om n weerlose ou mensie te dood. Mag God die Vader met ons wees.

Elsabie ·

Hoekom is daar nie sekuriteit nou ingestel om die ander ou mensies op te pas nie??

MJ ·

Hierdie afgelope week se nuusberigte word net al hoe sieker en sieker…
Sterkte aan hierdie tannie se familie.

bernard ·

hoe breek hulle pallesade af? ek dog dis baie goeie kwaliteit

Hennie ·

Swart op wit geweld… Geen probleem mos nie?! Dis soos ou Cyril en sy lamgat squad dit wil hê!

Keelvol ·

Baie jammer dat die familie so iets moet deurgaan en verwerk.
Wanneer bejaardes op ‘n plaas vermoor of aangerand word skree almal : Hoekom het hulle kinders nie na hulle omgesien nie? Soos nou weer met Miemie in Betlehem.
Die dame was in ‘n aftree oord ook nie veilig nie.
Punt is ons is nêrens veilig nie.
Ons op die plaas bekommer oor die kinders in die stad en die kinders bekommer oor ons.
Weerlose bejaardes word oral geteiken. Die samelewing is siek en ek het nie die oplossing nie.
Almal skree “Menseregte” maar het geen idee wat dit beteken nie.

Oujongvrou ·

Hierdie regering weet, vat aan mense se weerloses en jy breek hulle. Daarom gaan niks gedoen word. Maar ons almal is net 1 dood skuldig, so hulle moet oppas. Hulle dag sal ook kom.

JD ·

Hartseer , kwaad , hoekom is ons so neerhalend en onverdraagsaam teenoor mekaar , wanneer gaan ons besef ons is amper uitgewis , ons is te min om mekaar ook nog sielkundig te verwoes , baie sterkte aan die familie , hoop die skuldiges word gou gevang .

Marianne ·

Vreeslik hartseer…..waar is haar menseregte…???
Lafhartiges wat weerlose mensies aanval….
Vader bly in beheer…..
Baie sterkte aan al haar familie, vriende en mede-inwoners….moes n groot skok gewees het….mag Vader julle styf vashou!!

Corrien ·

Vader bly in beheer ja. Maar Vader het ons as beheerders met verantwoordelijkheden aangestel. Ons moet hulle uitwis en nie meer toelaat om ons lewe en dierbares te vermoord nie.

Griet ·

Liewe tannie Jeanette,op wat ñ onwaardige wyse is jy oorlede, die tannie by wie ek baie as kind,by gaan bly het.
Baie sterkte vir julle Johan,Hannelie en Chris,mag Hy julle Vertroos.
Ek hoop nounet,die twee wagte wat vandag daar aangestel is,na tannie Jeanette se dood,BLY PERMANENT!
My ouers is ook daar

Elsa ·

Ek is SO jammer vir die verlies van hierdie familie en krag ontvang soos benodig.
Mag die dame in vrede rus.

Mag die engele ons toevou in hul vlerke en ons so beskerm word.

Alida ·

Ai siestog die arme tannie moes vreeslik bang gewees het. Dit is baie baie tragies. Mens weet nie hoe haar kinders en kleinkinders hierdie walglike daad verwerk nie. Hoop die gemors word gou gevang.

lolla ·

ek is self n bejaarde en sorg vir my man…. hy is verswak….nog meer?as ek maar ons kan nie bekostig om in n outehuis/versorgingsoord gaan bly nie….. ja nog in ons eie huis en nie regtig die veiligheidsmaatreels wat ek wil he nie …net honde[wat ook versorg moet word met moeite] … my kinders kan ons nie versorg nie en ek weet ons lewe nie soos hulle goedkeur nie [want ons doen ons bes met ons beperkte krag a g v finansies en fisiese krag] want ons kan niks anders bekostig nie …. ek wou al n kamer uitverhuur aan bejaarde mense maar ek kan nie nog mense versorg nie ….. en met my ‘moeilike man’ kan ek dit nie doen nie…. ek wens ek kan my man by n plek kry waar hy versorg kan word…. ek sal myself kan versorg…. maar hy sal nerens gaan nie want hy glo ek moet hom versorg of ek kan of nie …. maar dis n feit bejaardes is kwesbaar …….en beslis nie veilig in versorgings plekke nie want daar is personeel wat hulle agteraf misbruik…. en baie beheer by sulke plekke wil dit nie aanvaar as jy dit aanmeld nie ….. ek weet want ek moes gereeld dit aanpraat toe ek by tehuise gewerk het en ook geliefdes daar gehad het!!!
kinders en bejaardes is baie kwesbaar en die mishandelaars is mans [security] en vroue [versorgers] …. en ja sekere kulture is meer wreedaardig teen oor ander…..selfs in hospitale!!

KaterinaKat ·

Lolla, probeer om n ordentlike jonger man te kry om die kamer te huur, as jou man dit sal toelaat. Baie jongmense soek bekostigbare verblyf. Maak net seker hy is ordentlik. Dan het julle darem iemand anders wat daar woon, en hy is jonk genoeg om homself te versorg. Vra miskien rond by kerke in jou omgewing.

Hennie ·

Dit het nou tyd geword dat ons moet opstaan teen hierdie elemente wat net maak wat hulle wil en mense doodmaak wanneer hulle wil .Kom SA staan saam dit het ons nie meer nodig nie want die doodstraf gaan nie terugkom nie .

Alida ·

Die woord “staansaam” is holrug gery. Hennie neem die voortou dan staan ons saam.

SjN ·

Bejaardes gaan juis na tehuise vir versorging en beskerming en dan die tragiese geval. Dit moet traumaties wees vir die ander inwoners. Dit vir kruideniersware en n selfoon. Daar moes binne inligting verskaf gewees wat gelei het tot die onaanvaarbare optrede, hoop die skuldiges word gevind en gestraf, sterkte aan al die tannie se geliefdes.

WAAROM ·

Innige simpatie aan die familie. Moet regtig ‘n groot skok vir julle gewees het om hierdie nuus te ontvang het. Tehuise is so gesteld op hekke wat moet toe, besoekers wat eers moet aanmeld ens maar hoe is dit moontlik dat niemand gesien het dat daar met die heining gepeuter word nie? Is daar nie kamaras nie?

Hartseer dogter ·

My moeder is ‘n paar maande oorlede en daar was sprake van haar in ‘n versorgings eenheid sit deur die ander kinders omdat sy nou “voltydse versorging” nodig het. Wat maar net ‘n mooier woord vir ‘n ouetehuis is waar hulle in meeste plekke verwaarloos of mishandel word. Dank aan ons Vader dat hy haar kom haal het voor dit haar lot was. Baie hartseer sy is nie meer hier maar ek het vrede in my hart dat niemand haar meer kan seermaak nie en waar sy is, is sy baie gelukkiger as meeste van ons op hierdie verwronge en siek aarde.

Susna ·

Kan nie glo nie. My Ma was op Schweizer Reneke in die ouetehuis vir n hele aantal jare. Nog een van die beste tehuise in ons land. Die Kerk die Schweizer gemeenskap, en boere in die omgewing het n groot bydrae gelewer by hierdie tehuis. My innige simpatie aan die familie van hierdie ou mensie. Soos ek daardie gemeenskap ken sal wie ookal verantwoordelik is vir hierdie gruwelike daad sy moses teekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.