Man se liggaam twee weke ná ongeluk gevind

Tyrone Lessing

Die 27-jarige man van Alberton wat sowat twee weke gelede oënskynlik spoorloos verdwyn het nadat hy in ʼn ongeluk betrokke was, se liggaam is meters van die ongelukstoneel af gevind.

Die familie van Tyrone Lessing is kwaad vir die polisie en meen hulle is twee weke lank in die duister gehou terwyl Tyrone se liggaam Vrydag etlike meter van waar hy in ʼn ongeluk was, gevind is.

Tyrone was óf die aand van 24 Augustus óf in die vroeë oggendure van 25 Augustus op die hoek van JG Strijdomweg en Rubystraat in Mayberry Park in ʼn ongeluk. Sy oranje Mini Cooper is erg beskadig hier gevind, maar daar was geen teken van Tyrone nie.

Jordan Lessing, Tyrone se broer, het vroeër gesê sy broer se selfoon is ook in die motor gevind. ʼn Grootskaalse soektog na Tyrone is onmiddellik begin.

Jordan en hulle ma, Charlotte O’Connell, het al die hospitale in die omgewing óf besoek óf geskakel om Tyrone te probeer opspoor, maar sonder welslae.

Hulle het ook lykshuise gekontak en pamflette wat Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, gemaak het oral in die gebied versprei.

Volgens Tyrone is sy broer se liggaam Vrydag in ʼn riooldrein op die ongelukstoneel gevind. “Die familie vat dit baie swaar.”

Die familie het ook baie onbeantwoorde vrae oor hoe Tyrone se lyk nie vroeër gevind kon word as hy heeltyd daar by die ongelukstoneel was nie.

Kapt. André de Jager, woordvoerder van die polisie, het bevestig Tyrone se liggaam is gevind. Volgens hom ondersoek die polisie in die stadium ʼn saak van strafbare manslag en duur die ondersoek na die voorval voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Outoppie ·

Dit kan net met ons polisie gebeur. Oë is nie waar hul moet wees

Strandloper ·

Tragies. Sterkte aan die familie. Poliesie is ook nie meer wat dit was nie!

sweis ·

Is daar nog enige departement in die huidige regering wat bevoeg is om hulle werk te doen,ek weet nie wie was die ergste vernietigende vent in afrika nie mugabe of de klerk.

WILLEM ·

Jy kan nie vir Mugabe en de Klerk in dieselfde asem noem nie. Kry jou kop reg!!

Jan P ·

Waar is sy beursie met geld, id en bankkaarte? Ek was in 2016 op die R59 op n ongeluks toneel waar die bestuurder 30m van die voertuig gevind is digby die kliprivier. Hy was soontoe gesleep. Miskien verwar hulle die drein met n stormwater pyp waar hy aansluit by n amdereen. Die tipe konstruksie lyk soos n drein. Geen mens kan n drein oopmaak Sonder die regte of nagemaakte gereedskap nie. Hy kon bloot uit die motor geslinger gewees het en tot binne die drein gerol het.

Susan ·

As ek reg onthou is daar by die 1ste berig reeds deur verskeie mense voor gestel dat daar in die onmiddelike omgewing na hom gesoek moet word, want dit het al voorheen gebeur by ander ongeluks tonele.

Randie ·

Pampoen, dis wat ek ook wonder…. dis wat ek sou gedoen het. Soek self, hoekom altyd vir ander wag en blameer??

Vraagteken ·

Pampoen, ek stem ten volle saam met jou. Hoekom het die familie ook nie self gaan kyk nie?

Pieter ·

Jip en van de klerk hoor jy nie n woord nie die anc het hom mijoene gegee om die land vir hulle te gee

Nienie ·

Dis die Polisie se werk om dit te doen. Die familie is alreeds getraumatiseer met d ongeluk. Maar ek sou ook self gaan soek het op d toneel om my familielid op te spoor. Baie sterkte aan d familie.

HP ·

Ons polisie se opleiding blyk nie goed te wees nie. Daar is net te veel uitvalle waar polisie betrokke is.

Arme man ·

Miskien nog gelewe, toe vermoor hulle hom en gaan sit hom daar?

Please ·

As ek so na die wrak van motor kyk dink ek slegs wonderwerk sou gebeur indien hy nog sou leef. Hoekom sou hulle hom vermoor maar selfoon wat waardevol is is nog in motor gevind. Moenie vir jou simpel hou nie

Jaco ·

@please so jy dink nie wonderwerke gebeur nog nie?
Jy het gebed nodig of dalk n kerk waar die Gees van God werklik teenwoordig is.
Ons is in n womderlike kerk en beleef die Gees van God altyd.
Ek sien ook baie wonderwerke gebeur en dit gebeur gereel met my.
Ons dien n GROOT MAGTIGE God.
Amen

Netta ·

Jaco, net so. Ons dien lewende God van wonderwerke.
Jammer vir die familie.
Moet asseblief nie veralgemeen oor die polisie nie. Daar is toegewyde lede. Het julle wat hul veroordeel al vir die polisiemag gebid?

Gaitsigubib ·

Netta as ons so veralgemeen dan praat ons tog nie van die paar mense wat nog hul deel doen nie. Mens sal mos nie die skoen aantrek as dit nie pas nie. Ek het self vir n staatsdiens gewerk en kan uit ondervinding se dat korrup en nikswerd sagte beskrywings van die werklikheid is.

m ·

Dis baie sad, jammer vir sy familie se lyding, RIP.
Dit laat my dink aan die kommentaar van een die lesers hier op Maroela Media, “Arno”. Hy het gese toe die storie gebreek het om in die omgewing van die ongeluk te gaan kyk!! Die polisie het obviously al dit van te vore oorgekom, maar dit lyk nie vir my hulle leer van experience nie!!!

Gerrit ·

Baie jammer oor die! Is enige van die familie dalk ‘n Louis Lessing wat in FH Odendal skool gegaan het?

Elize ·

Moet n mens nou glo die seun het self in die riooldrein ingeklim!!! Daar is n flippen swaar deksel op, of gaan dit noual so sleg in SA dat riooldreine nie eers meer deksels op het nie.

Boy van die Suburbs ·

@ Elize ~ Korrek! Die deksels word weg gedra en vir scrap metal verkoop!

Ig ·

Die polisie is so skerp as hulle vinnig omdraai loop hulle teen hulself vas.

Askies ·

Please, dis nie dat ek my simpel hou nie, dit is nie die eerste maal (onlangs) dat die motor verniel en die persoon (wegraak) nie, hulle kon hom iewers vermoor het, toe sorg dat die motor lyk asof dit n ongeluk was, en later die lichaam gaan dump het, die polisie is nie onosel nie, en al is daar wel wat mens kan bevraag teken, daar is gesoek, deur baie mense, en soos Elize dit stel, niemand gaan klim self in n riool drein in, trek die deksel(wat onmoontlik is) oor jou kop en wag om dood te gaan nie. Nogmaals, jammer vir my simpel boodskap

Jaco ·

Jy glad nie simple nie.
Klink nogal oulik.
Please moet leer oor Wonderwerke.

Tanya ·

Is omdat hulle hulle werk nie kan doen of nie doen nie dit is n tragiedie vir familie

Laetitia ·

Shame. Heel moontlik nog gelewe en hulp gaan soek. Innige simpatie aan sy familie.

Please ·

Ek is jammer dat ek dinge so aangewakker het. Ma mens moet net realisties dink. Suid-Afrika het ‘n hoë werkloosheidsyfer en hulle of wie ook al sal eerstens die selfoon gryp en gaan verkoop. En vir jou Jaco, ek is ‘n Christen wie in ‘n lewende God glo en op hom vertrou. Ek is jammer as jy dink ek glo nie in wonderwerke nie. Dit gebeur nog maar soos jul kommentaar mens deesdae siek maak vergeet julle gedurig waaroor die berig eintlik handel dan wil julle liewers aandag gee aan die wie kommentaar lewer en wat daar te sê word. Die belangrikheid van die saak is hier word berig oor die polisie nie hul werk deeglik gedoen het nie. Niks meer nie. Weereens jammer vir die ongerief van my kommentaar.

Chris ·

Ai Jaco. Wil graag in jou wonderwerke glo maar is dit nie dat God die help wat hulself help nie?

Jaco ·

@Chris.
Nie my wonderwerke nie my vriend God se wonderwerke. Al wat nodig is om n wonderwerk te beleef is geloof.
God is n God van genade en Hy kyk nie na wat jy doen of hoe j dit doen nie maar Hy kyk eerder na j Hart.

@Chris ·

Chris, dit is absoluut nie so dat ons God die help wat hulself help nie. Daar staan baie duidelik geskrywe en ek het regtig baie in my en ander se lewens gesien dat God genadig en betroubaar is teenoor die wat volgens Sy Wil lewe. Dit beteken hoegenaamd nie dat slegte dinge nie met ons gebeur nie (op hierdie aarde). Verskil is dat ons elke dag met gelukkigheid en vertroue in ons hart mag weet dat ook al is ons nie die rykste of magtigste op die aarde nie, sal ons eendag saam Hom lewe in die paradys, wat meer werd is as ENIGE iets werelds. En die wat net hulself gehelp het en ander seermaak (goddeloses), sal daarvoor voor Ons God moet verantwoording doen. En Ons Verlosser is n regverdige God

Koos ·

Nee dis on aanvaarbaar die man was miskien nog lewindig en sy lewe kon gered word . DAGVAAR DIE STAAT VIR EN POLIESIE EN MINISTER VAN GESONDHEID . HULLE PERSONEEL WAS PATETIES . KOPPE MOET ROL IN SO GEVAL EINTLIK IS DIT MANSLAG .

Jan P ·

Waar is sy beursie met geld, id en bankkaarte? Ek was in 2016 op die R59 op n ongeluks toneel waar die bestuurder 30m van die voertuig gevind is digby die kliprivier. Hy was soontoe gesleep. Miskien verwar hulle die drein met n stormwater pyp waar hy aansluit by n amdereen. Die tipe konstruksie lyk soos n drein. Geen mens kan n drein oopmaak Sonder die regte of nagemaakte gereedskap nie. Hy kon bloot uit die motor geslinger gewees het en tot binne die drein gerol het.

Spyker ·

As ek dit nie mis nie ….het daar n man op maroela so iets gepraat dat mense om die toneel rondkyk ?..

LoodKurkprop ·

Spyker jy is doodreg …vra maar die ouens van ER24/NETCARE etc…dis algemeen regoor die wêreld dat mense gereeld selfs tot 100m weg van die wrakke gevind word…hulle word uit geslinger terwyl wrakke aanhou rol of loop…veral wanneer dit naby bome/velde afdraendes etc. gebeur, mense het in die eerste berig se kommentaar gesê hy lê daar iewers,soek hom net….dis hartseer.

anton ·

Ja die polieste het net weer ”GEMONITOR”
Hulle moet hulle naam vinnig verander want n polisiemag is hulle lankal nie meer nie!!!

Sdl ·

Dis n salaris die einde van maand.
Beleef dit elke dag. Niks vreemds.

Wielspore ·

As my kind of familie lid se liggaam nie by ‘n ongelukstoneel opgespoor word nie, sal ek self met ander familie en vriende op die toneel na hom gaan soek.

JohanL ·

Baie tragiese geval hierdie. Ek wil amper nie glo dat sy lyk nie destyds kort na die ongeluk gevind is nie. Maar ja, ongelukkig moet ek want met onse SAP is so iets moontlik. Ek is ook stomgeslaan dat familie/vriende nie die lyk opgespoor het as hulle ook help soek het nie. Iets is nie lekker nie.

Wat egter die slegste is, is hoe sekere kommentators totaal van die punt afdwaal en tot by Mugabe en de Klerk draai? Dat mense so laag kan daal om enige onderwerp te manipuleer om hul griewe te lig, is skokkend. Dit wil voorkom asof die vlak van kommentaar (let wel nie alle kommentaar nie asb) in baie gevalle daal tot dieselfde intellektuele vlak as die debat wat in die Parlement plaasvind. Asb mense, kom ons as MM lesers ruk onsself reg en debatteer sinvol.

kolla ·

Ag kom nou mense. Die polisie het beslis die gebied aanvanklik gefynkam en die familie of mense wat hom geken het, het verseker die toneel besoek. As dit so ooglopend was waar die liggaam was sou iemand dit gesien het.

Swanna ·

Jan ek wil ook weet hoe beland ‘n persoon se liggam in ‘n riool drein of af voer water drein. Hier is iets nie lekker pluis nie. Die polisie of verkeers polisie moet antwoorde verskaf. Anton hulle noem hulle self die monitering mag. Spyker volgens die berig is hy in ‘n drein gevind nie in die veld of area daarom nie” IN’N DREIN !!!!”

LM ·

Dis nogal sleg dat die berig foute in het… Tyrone is oorlede maar kyk na paragraaf 7… Volgens Tyrone is sy broer se liggaam. Sjoe julle moet proeflees voor julle plaas.

Sterkte aan die familie in die hartseer tyd!

Ekke ·

Ons Polisie diens, weermag, Hospitale enige diens wat gelewer word deur die staat is pateties!!!! die vraag is hoekom? meeste van ons weet hoekom

kolla ·

Ek het persoonlik uitstekende diens by twee verskillende staatsklinieke hier in Kaapstad gekry. So ek kan ongelukkig nie met jou saamstem nie.

Arno ·

“M” jy is baie oplettend. Dit is baie sad dat juis my woorde reg was en my innige simpatie met die gesin. As ons Polisie geweet het wat hulle doen was dit lankal oor.

Skybird ·

Presiese opleiding en Trots om Uniform te dra en die Gemeenskap te Dien bring groot verskil. Misdaad-tonele, veral MVO se ondersoek het 250m in al 4 rigtings voor en rondom “point of impact” begin, dan word toneel uitgemeet 50m vanaf alle leidrade mbt die voorval bv: slaggat, rem merke ens. Die inligting word oorgedra op Sketsplan volgens skaal en met fotos be-aam, vir alle partye betrokke om die toneel te sien /lees sonder om daar te wees. Indien die Trots gevolg was, sou beseerde / oorledene dadelik gevind/opgespoor gewees het. Snuffel honde word anders as Spoorsny honde opgelei en gebruik, tyd faktore speel groot rol hier in. Trotse Oud Lid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.