‘Te gevaarlik’ om kragonderbrekings in Jhb te herstel

‘n Vragmotor wat Sondag (8 September 2019) op die hoek van Main Reef- en Kerkstraat in Denver aan die brand gesteek is. (Foto: Twittere via @AsktheChiefJMPD)

Weens die vlaag van geweld wat Sondag opnuut in Johannesburg opgevlam het, kan tegniese probleme wat kragonderbrekings in die stad veroorsaak nie herstel word nie. Dit is eenvoudig te gevaarlik vir tegnici om in gebiede van geweld te beweeg.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê om veiligheidsredes word al sy spanne operateurs en tegnici uit gevaargebiede onttrek. Dit sluit in gebiede soos die Johannesburgse sakesentrum, asook Jeppestown, Malvern, Rosettenville, Hillbrow en Berea waar aanvalle op die ondernemings en huise van buitelanders voortduur.

“In sekere gebiede, waaronder Alexandra en Lenasia, het City Power die afgelope paar weke weens die aanvalle gesukkel om dienste te lewer, of kon net beperkte dienste lewer. Ons kliënte sal voortgaan om verontrief te word met beperkte of geen reaksie op kragonderbrekings in gebiede waar gevaar voorsien word,” het Mangena gesê.

ʼn Gebou in Malvern wat Sondag (8 September 2019) aan die brand gesteek is. (Foto: Twittere via @AsktheChiefJMPD)

Mangena het gesê City Power-dienste wat nie vereis dat hierdie gebiede regstreeks deur City Power-personeel besoek hoef te word nie, gaan wel normaalweg voort.

“City Power sal vandag weer die situasie assesseer om te bepaal of daar enige verbetering in die veiligheid van hierdie gebiede is, en sal elke oggend saam met ons personeel besluit [of hulle in gewelddadige gebiede ingaan]. Die gewelddadige betogings is vir City Power kommerwekkend en die veiligheid van ons werknemers en kontrakteurs is van sleutelbelang.”

Intussen het die ANC ʼn beroep op wetstoepassers gedoen om ʼn permanente oplossing vir die xenofobiese geweld te vind in die lig van die jongste geweld wat in Johannesburg opgevlam het.

Wetstoepassers wat ontplooi is in die Johannesburgse sakesentrum waar geweld opnuut opgevlam het. (Foto: Twittere via @AsktheChiefJMPD)

Pula Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het terselfdertyd ʼn beroep op die publiek gedoen om nie eie reg te gebruik nie. “Die ANC het geveg vir vrede en sekuriteit vir almal en ons moet nooit misdadigers of opportuniste toelaat om ons gesamentlike pogings vir vrede en stabiliteit te ondermyn nie,” het Mabe gesê.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het Sondag mense gemaan om weg te bly van die Johannesburgse middestad en spesifiek die gebied rondom die MTN-taxistaanplek nadat betogers weer die strate ingevaar en ondernemings begin aanval het. Dit is die jongste voorval in ʼn vlaag van geweld teenoor buitelanders wat op talle plekke oor die hele land opgevlam het.

Mabe het gesê hoewel dit verstaanbaar is dat “wetsgehoorsame burgers siek en sat is vir diegene wat ons kinders in prostitute en dwelmverslaafdes verander”, verwelkom die ANC alle buitelanders wat wettig in die land is en die land se wette gehoorsaam.

“Die ANC veroordeel voorvalle van xenofobie waar ook al dit mag plaasvind.”

ʼn Gebou in Malvern wat Sondag (8 September 2019) aan die brand gesteek is. (Foto: Twittere via @AsktheChiefJMPD)

Humanitêre hulp aan buitelanders

Die Stad Ekurhuleni het in reaksie op die xenofobiese aanvalle twee sentrums op die been gebring waar sowat 800 daklose buitelanders, onder wie 227 kinders, tans gehuisves word. Dié buitelanders is sonder heenkome gelaat weens xenofobiese aanvalle in die Mandela- informele nedersettings en die Nhlapo-gedeelte van Katlehong.

Die Stad Ekurhuleni sê in ʼn verklaring hy het ʼn gesamentlike bedryfsentrum geaktiveer om humanitêre en verwante hulp te bied aan die mense wat geraak word. “Verskeie stadsdepartemente verskaf die nodige ondersteuning, soos afvalverwydering, kragvoorsiening en bykomende ablusiefasiliteite,” lui die verklaring.

Wetstoepassers wat ontplooi is in die Johannesburgse sakesentrum waar geweld opnuut opgevlam het. (Foto: Twittere via @AsktheChiefJMPD)

“Die stad voorsien ook bystandkragopwekkers, metropolisie-patrollies en wetstoepassers om mense waar nodig vir noodsaaklike vervoer te vergesel.”

Kos, mediese dienste, komberse, matrasse, speelgoed vir kinders en sanitêre ware word ook by die twee sentrums aan die hulpbehoewendes verskaf. Verskeie niewinsgewende organisasies, waaronder Dokters Sonder Grense, Rooi Kruis en plaaslike kerke, het hulp aangebied om ontwortelde buitelanders by te staan.

“Planne om buitelanders weer te integreer in die gemeenskappe waar hulle uitgewerp is, is reeds ingestel, asook om die nodige dokumente te bekom vir ongedokumenteerdes.” Die regering sal buitelandse burgers wat verkies om na hul land van herkoms terug te keer, help om dit te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Werner ·

As hulle dit sekuriteid vir almal noem wil ek nie weet hoe lyk dit as hulle die dag se nou het ons nie meer sekuriteid nie

Christa ·

Hoe Langer die regering talk on die land te regeer Soos hul eersters wou, hoe meer Sal die demone die land verwoes. Hou maar op met kla en vat maar die gemors

Vonkprop ·

Ek sien nie een foto waar die wetstoepassers werk nie. Almal staan net rond in groepe. Miskien is dit dalk ‘n goeie idee om nie rond te staan nie en pro-aktief op te tree om geweld te voorkom, maar duidelik wag hulle tot iets gebeur en dan sal die groepie opbreek en begin monitor.

Lana ·

Die ANC doen ‘n beroep op wetstoepassers “om ‘n permanente oplossing vir die xenofobiese geweld te vind”.
Ai, dis darem moeilik om ‘n land reg te regeer, ne ANC?
Nou los die regering die probleem voor die deur van wetstoepassers!!

HPV ·

Sou die wetstoepassers dalk ‘n plunderaar, stroper,betoger beseer word hy of sy aangekla en kan selfs in die tronk beland. Siek anc regime met ‘n uiters siek stelsel.

JJ ·

Nou word hulle gehuisves en na omgesien terwyl duisende Suid Afrikaners op straat bly en hulle eie pootjie moet krap.
Mens sukkel om ”n ID kaart of lisensie te kry maar die wat nie dokumentasie het nie sal voorsien word sommer net so.
En wie betaal vir die vlugte na hulle lande SAL al klaar bankrot. Ek stem nie saam met die geweld nie maar dis ons liewe ANC se eie skuld. Geboue in Johannesburg word al jare lank gekaap deur buitelandrd en niemand het niks daaraan gedoen nie. Wat soek die mense in ons land anyway Ons werkloosheid is seker van die hoogste in die wêreld. Groot maatskapye gaan hulle tassies pak en wegtrek uit ons land.

wiehan ·

Ek sien die Leiers in die lande waar die emigrante vandaan kom kla so oor die aanvalle in SA en dat ons niks daaraan doen nie. Hoekom sorteer hul nie die gemors in hul lande uit nie, dan het hulle mense nie nodig om na ons land te vlug nie. Vee eers voor jou eie deur voor jy voor iemend anders se deur wil vee.

Danie Theron ·

Vraag is nog altyd: Wat soek so baie buitelanders in SA?
Antw is voor die hand liggend: Hul soek ‘n beter lewe…dit wat die ANC in 1994 aan bleikbaar die hele Afrika belowe het…daar die oop grense.Swak ekonomiese toestande in Afrika word gerieflikheidshalwe ge-ignoreer. Hoekom word korrupte Afrika leiers nie gedwing om sosio ekonomiese omstandighede in hul lande te verbeter?Hoekom moet die RSA die kers wees?Mnr Mabe praat absolute twak. Dis sy organisasie wat vroeer jare onrus aangewakker het, totaal onvermoeend is om te regeer en nou nie weet hoe om sake te hanteer. Die klein welpie wat hul gedink het is ‘n hond het oornag skielik in ‘n briesende leeu ontwikkel.

Tallies ·

Hierdie ANC regering pluk nou die vrugte van wat hulle begin het. Hulle het nie gedink dit kan hulle so byt nie. Nou kan of wil hulle dit nie hanteer nie.

wiehan ·

Ek sien op News24 Blade Nzimande blameer die kapitalistiese stelsel vir wat aangaan in SA met die emigrante. Vir een keer is hy reg, as ons ‘n total kominustiese/sosalistiese stelsel gehad het was die land so in sy kanon in dat niemand hierna toe sou wou kom nie. Dis hoekon hulle weg hardloop uit hul lande.

pieter ·

Ek het so 7 maande terug opgemerk in bloemfontein,dat die weermag se aanvalsvoeruie al meer word op die parade en sokkervelde, asof hulle geweet het wat kom of beplan het.

Alida ·

Stel vas waar hierdie mense vandaan kom en sit hulle op n bus of trein terug huistoe. Wat anders is daar im te doen. Daar sal nooit vrede wees solank die buitelanders instroom nie. Watter deel verstaan die ANC nie.

Erwee ·

Die monster wat gevoer is, is nou groot genoeg om sy eie maaltyd te gaan haal en dis hoe dit lyk!!! Daar is verwagtinge geskep om stemme te werf en daar kan eenvoudig nie aan daardie verwagtinge voldoen word nie. Die ekonomie kan dit nie hanteer nie. Die massa werkloses het ongeduldig geword en elke geleentheid word as ‘n rede aangevoer om eintlik te kan plunder, roof en verslind. Ons almal se karakters gaan getoets word terwyl ons deur die proses gaan. Mag ons nie te lig bevind word wanneer ons geweeg word nie. Mag HG (nie Huisgenoot nie!!!) ons kompas hierdeur wees.

Ogies ·

Dit het niks met xenophobia te doen nie. Doodgewone openlikke diefstal en beskadeging van eiendom sonder enige gevolge vir die oortreders

welkom ·

‘Planne is reeds ingestel …. asook om die nodige dokumente te bekom vir die ongedokumenteerdes … ´
???????

Liewe onwettige buitelander
Baie welkom in die nuwe Suid-Afrika. Ons nooi jou hartlik uit om die land onwettig binne te kom; sodra jy hier is sonder die nodige dokumente, sal ons jou help om dit te kry.
Groete
Suid-Afrika

Gert van Wierdapark ·

Die Reenboog-nasie groei net – ook wat probleme betref!

KrokodilBotha ·

Gert ja. Daai een Suid afrika ook. Lees nou die DA gaan mense afdank , oor swak , of liewers minder stemme met verkiesing, geld wat weg geraak het , ensv ensv. Die groot geldelikke ondersteuners ontrek van die DA. Met verkiesing het hulle 400 miljoen Rand gekry. Daars blykbaar nie geld nou vir BONUSSE nie. ANC LITE…

Thinus ·

Die ANC is useless en het nie ‘n clue hoe om’ n land te reggeer nie.

Peet ·

Dong!!!!!! Val die pennie in die slot. Ons owerhede wil nie/kannie probleme herstel met krag toevoer. Wil nie/kannie onwettige verbindings herstel nie. Hulle is ‘votas. Verkeers reëls word ge-ignoreer – wil nie/kannie optree.
Is ek ‘n paar dae agterstallig – chop chop word die krag ontkoppel.
O ja jy gaan nie hulle met klippe gooi EN jy betaal soos ‘n gek jou belastings en jou rekeninge.
Ek ‘n distelaat van die situasie noem mens anargie.
O ja ek hoor Bob was ‘n held mits jy nie die Zimbabwiër in die straat vra nie.
Mr Ramaphosa vat die leisels vas en kyk na jou gansies wat die goue eiers lê al is ons wit hoewel daar mense van kleur is wat ook onder die probleme ly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.