“Om ʼn gasspreker te wees, maak nie van jou ʼn akademikus nie.”
Lees meerAlles vir Dinsdag 10 September 2019
Parlement verskil hewig oor toekoms van pensioenfondse
Die debat is aangevra en ingelei deur die DA-LP Geordin Hill-Lewis. Hy het aangevoer die regering is op die punt om ʼn baie duur fout te maak en gewone Suid-Afrikaners gaan die gelag betaal.
Onderwyser agter tralies ná beweerde verkragting van sesjarige
Die departement het ʼn voorlopige skorsingsbrief aan hom beteken in die polisieselle waar hy tans aangehou word.
Rand Water beperk watertoevoer na Tshwane
Die Tshwane-metroraad het ʼn beroep op inwoners en sakeondernemings gedoen om water spaarsaam te gebruik om toevoer na alle gebiede te midde van die beperkings te verseker.
Ministers kondig stappe aan teen geweldsmisdaad
Op ʼn vraag was Dlodlo nie by magte om enige geslaagde voorkomingswerk deur die intelligensiedienste op te noem nie, maar Cele het later ʼn hele string plekke aan die Oos-Rand en in Soshanguve genoem waar aanvalle wél voorkom is.
SAUK skors werkers oor ‘sabotasie’ van Ramaphosa-toespraak
Die voorval het Donderdagaand plaasgevind toe die openbare uitsaaier die verkeerde weergawe van Ramaphosa se voorafopgeneemde toespraak op die program The Full View uitgesaai het.
Twee vas ná moord op Kaapse polisielid
Die inhegtenisnemings volg nadat lede van die polisie se blitspatrollie op ʼn wenk reageer het dat die verdagtes in die omgewing van Delft is.
SA ontken Nigerië wil burgers laat onttrek ná vlaag aanvalle
Die Nigeriese president, Muhammadu Buhari, het Maandag oor die ontruiming getwiet.
ToekomsVenster: Wonderbare Raadsman
Het jy raad nodig? Hy is die Wonderbare Raadsman wat onvoorwaardelike insig het. Laat Hy jou lei met sy wysheid. Maak ruimte vir die Wonderbare Raadsman in jou lewe.
Luister in 3 minute: Politieke risiko, duurder water en onluste
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in vandeesweek se 3 Minute, 3 Sake, ʼn peiling oor politieke risiko, die moontlikheid dat duurder water Suid-Afrika se voorland is, asook die gewelddadige onluste in die groot metro’s.
Malema by etiekkomitee verkla oor VBS-geld
Die DA voer aan dat die geld wat Malema glo aan luukshede soos hotelle, perdewedrenne en ontwerpersklere bestee het, die spaargeld van duisende Suid-Afrikaners verteenwoordig wat sukkel om daagliks te oorleef.
Medelye ná taxi swaksiende prokureur voor hof doodry
Sekwati is beskryf as ʼn toegewyde staatsamptenaar en iemand met geweldige regskennis.
Groot name wéér vanjaar by ‘Hartenbos in Afrikaans’
“Ons probeer altyd om musiek te maak wat lewens verander. Daarom het ons kunstenaars soos Jo Black en ander gekies, wat hoop bring deur hulle musiek. Ons wil vanjaar baie spesiale oomblikke vasvang wat werklik mense se harte sal aanraak.”
Motsoeneng sê SAUK wéét hy het nie matrieksertifikaat
“Ek het baie toekennings van die SAUK en elders gekry. Volgens my is ek hoogs geleerd. As jy die notules van die SAUK nagaan, was ek verantwoordelik vir 70% van besluite wat geneem is. Niemand by die SAUK was beter as ek nie. Ek het selfs by universiteite klas gegee. Wie sê ek is ongeleerd? Dit is ʼn belediging.”
Dros-saak: Slagoffer sal môre getuig
Die meisie sal glo nie hoef te getuig oor die besonderhede van die voorval nie . Sy gaan glo slegs getuig oor die gebeure vóór die voorval.
Luister: Wiele2Wiele rits rond in Volvo XC60
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se vars nuwe A1, gaan ry met Volvo se XC60 en die Mahindra XUV300, praat oor “thumpers” motorfietse en Chris Beukes van TSU Group Holdings vertel hoe hulle UTCC uitdaging jou bestuursvernuf kan toets.
Nuwe taxidiens wil veiliger opsie vir vroue wees
Die ChaufHer-taxidiens is deur ʼn groep vroue van stapel gestuur met die fokus om vrouepassasiers veilig deur vrouebestuurders by hul bestemmings te kry.
Roman oor verlies en weer vol word
Al gaan die storie oor verlies en die rimpeleffek daarvan, is dit nie ’n swaar stuk leeswerk nie. Daar is ook vrolikheid.
Boek: breyten breytenbach: woordenaar, woordnar
In hierdie boek word op vernuwende wyse onderontginde fasette van sy (onthutsende én speelse) skryfambag en denklandskap in opstelle toegelig en ’n blik op sy loopbaan as skrywer en openbare figuur gebied.
Uitdrukking: Iemand is nie hier om vlieë te vang nie
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking “Iemand is nie hier om vlieë te vang nie”