ʼn Nadoodse ondersoek ná die moord het bevestig Lethbridge het versmoor.
Alles vir Dinsdag 10 September 2019
Lente vir ʼn onweersland
Kom ons mik vorentoe, met ’n sonneblomgeaardheid in ons harte. Nie meer vaskyk teen die gemors rondom ons voete nie, maar dapper ons blik verskuif na die mooier dinge wat werklik steeds bestaan.
Oorsaak van tehuis-inwoner se dood ná inbraak bekend
Personeel het op Van Wyk se lewelose liggaam afgekom. Daar was geen sigbare beserings aan haar liggaam buiten bloedspatsels om haar mond nie.
Ontmoet Raponsie – die tiener met die langste hare ter wêreld
Ná ʼn slegte ervaring by ʼn haarkapper het dié wêreldrekordhouer besluit om haar hare te groei en groei en groei …
Hoekom ons nié die IMF nodig het nie
Sedert die skrywer RW Johnson ʼn ruk gelede voorspel het dat Suid-Afrika dalk geen ander keuse sal hê as om by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) vir ’n lening aan te klop nie, het ander ontleders of kommentators ook by die koor aangesluit. Ek stem egter nie hiermee saam nie, skryf Dawie Roodt.
Oppasser getuig oor dag van ‘Dros-verkragting’
“Ons het die deur probeer oopstoot, maar dit is van binne af toegehou. Toe die deur oopgaan, het ek eerste die dogtertjie gesien.”
Die wêreld in foto’s – 10 September 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
R85 miljoen se kokaïen by PE hawe gevind
“Soos die span van die paneelwerk van die vriesgeriewe in die skeepshouers verwyder het, het hulle op pakkies in bruin kleefband toegedraai, afgekom.”
Xenofobie: ’n Suid-Afrikaner in Nigerië se perspektief
’n Nigeriese ouma met gilpienk hare kom kry ook haar sit saam met haar dogter en twee kleinkinders. By ’n lang tafel oorkant my lag ’n kosmopolitiese samestelling van mense vir ’n grappie. Lyk na ’n besigheidsete. Ek wonder onwillekeurig: hoe trek ’n mens hierdie moderne samelewing se spaghetti van mense uitmekaar omdat jy vir een stringetjie kwaad is?
Vergelding of versoening – ’n selektiewe omgaan met die verlede
Vergelding of versoening of algemene versaking van verantwoordelikhede? Die ANC-leierskap het etlike jare terug toegegee dat hulle die bal laat val het met die Mandela-projek van versoening. Daar het in die laaste paar jaar ʼn algemene versaking van verantwoordelikhede gevolg. Niemand wil verantwoordelikheid neem vir gebrekkige dienslewering, korrupsie en staatskaping nie.
Só speel SA spanne in 2020 se Superreeks
Die Stormers en die Sharks is die enigste twee SA spanne wat tuis begin.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: Fiela se kind
Fiela se kind is van 13 September in fliekteaters in Suid-Afrika te sien.
Johnson skort Britse parlement op ná jongste neerlaag
“Ons moet Brexit afgehandel kry. Ons moet teen 31 Oktober uit die Europese Unie tree, andersins is ek bevrees permanente skade sal aangerig word.”
Die Brexit-drama het geen einde nie
Oor wat vorentoe sal gebeur, kan daar net gegis word. Daar is net te veel veranderlikes en die situasie, met ’n regering sonder ’n meerderheid en ’n opposisie wat nie nuwe verkiesings wil hê nie, is net te deurmekaar. Almal skarrel nou rond.
Luister: Melissa Massyn ʼn jong dromer met groot planne
Kykers het haar aanvanklik leer ken as die klein snip Susan in die rolprent “Hoofmeisie” en kort daarna as die tienermeisie Katie in die TV-dramareeks “Erfsondes”. Maar Melissa Massyn (21) het intussen behoorlik haar skoolskoene ontgroei en is hard aan die werk om haar merk in die Afrikaanse vermaakbedryf te maak.
Vlog vol waarheid: Vasgevang in aardse sondes
As jy een keer geval het vir ʼn spesifieke sonde, is die volgende keer soveel makliker om in te gee.
Wees (aan)dadig by Tuin van Digters 2019
Wees nie skuldig om uitdagend en skeppend te wees nie. Wees aandadig daaraan – en uiteindelik dadig.
Resep: Kerrie met spinasie
Dié gereg is nie net geurig nie, maar ook gesond!
Pa skiet glo seun (7), toe homself
“Hierdie is te veel om te verstaan … So oulike laaitie en tog so jonk.”
Biggy se ‘Dames’ kraai koning op Top-20
“Dames, sê my wat jou naam is. My naam is Adriaanus.” Dié refrein is tans sekerlik een van die bekendste lirieke in Afrikaanse musiek. Dit is ook dan geen wonder dat Biggy se “Dames” vandeesweek heel bo aan die Maroela Media Afrikaanse Top‑20 pronk nie.