Dros-saak: Slagoffer sal môre getuig

Nicholas Ninow tydens Dinsdag se hofverrigtinge. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die sewejarige meisie wat na bewering in ʼn toilethokkie by ʼn Dros-restaurant in Pretoria verkrag is, sal Woensdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria getuig.

Staatsadvokaat Dora Ngobeni het bevestig dat die meisie in camera met die hulp van ʼn tussenganger en oor kringtelevisiekamera gaan getuig.

Die meisie is die vyfde getuie wat namens die staat teen die 21-jarige Nicholas Ninow gaan getuig.

Ninow het aan die begin van die verhoor erken hy het die kind verlede jaar twee keer in die toilethokkie van die vrouebadkamer in ʼn Dros-restaurant in Silverton verkrag. Hy het ook erken hy was in besit van dwelms tydens die voorval en dat hy bewysstukke probeer vernietig het toe hy die meisie se broekie in ʼn toilet afgespoel het.

Die meisie sal glo nie hoef te getuig oor die besonderhede van die voorval nie omdat Ninow reeds erken het dat hy haar verkrag het. Sy gaan glo slegs getuig oor die gebeure vóór die voorval.

ʼn Kelnerin, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het vroeër reeds getuig dat Ninow op die betrokke dag wat die voorval plaasgevind het, van een tafel na ʼn ander, ál nader aan die kinderspeelplek in die restaurant, geskuif het. Die staat probeer bewys dat hy die dogtertjie dopgehou en gevolg het.

Die voormalige kinderoppasser by die restaurant, wat ook gevra het om anoniem te bly, het vroeër vandag getuig dat sy die dogtertjie na die toilette vergesel het toe sy haar middagete-breuk geneem het.

Volgens haar was sy sowat 15 minute weg en was die dogtertjie nie weer in die speelgebied toe sy daarna teruggekeer het nie.

Die toilethokkie waar die beweerde voorval plaasgevind het.

Ninow se regsverteenwoordiger, Herman Alberts, het dit aan die kinderoppasser gestel dat Ninow slegs ʼn paar minute in die toilethokkie was en beslis nie so lank soos 15 minute nie, voordat die meisie se ma, saam met die kinderoppasser en nog kelnerinne, die deur oopgedwing het.

Die kinderoppasser se weergawe dat Ninow hulle met sy broek se gordel probeer slaan het, is ook bevraagteken. Ninow het skuld op die aanklag van aanranding ontken. Die kinderoppasser en drie kelnerinne wat reeds getuig het, hou almal vol Ninow het met die gordel na hulle geslaan, maar niemand getref nie.

Die saak is vandag voor middagete tot Woensdag uitgestel omdat die staat se getuies nie beskikbaar was om vandag te getuig nie.

Michiel Jacobsz, verbonde aan die organisasie Women and Men Against Child Abuse, sê die mors van hoftyd is ʼn aanklag teen Ngobeni.

“Ons is baie ongelukkig. Die staatsaanklaer het ses maande gehad om vir die saak voor te berei. Die hooggeregshof het die moeite gedoen om twee weke opsy te sit om die saak aan te hoor en af te handel en sy is nie voorbereid nie. Die regter moet telkens inmeng en vir haar sê ‘you need to step up’.”

Hy meen Ngobeni het haar getuies nie goed voorberei nie en dat sy nie die regte vrae vra nie.

“Ons sien die regter moet gereeld haar vrae aan getuies herfraseer,” het Jacobsz gesê.

Die dogtertjie se ma sal vermoedelik ná haar kind getuig.

Lees alle vorige berigte oor Nicholas Ninow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

SommerEk ·

Nou moet die arme kind weer deur die trauma gaan? Hyt het mos klaar skuld beken. Sluit hom toe!

Leser ·

Is die saak nie al reeds sleg genoeg sonder die onbevoegde optrede van adv Ngobeni nie???

Denise ·

Ek dink nie die kind Moët hof toe gaan nie dit sal haar stikint Breek

TIPIES ·

TIPIES DIE STAAT!

Die staat is pateties, veral in Bloemfontein!

PATETIES is nie die woord nie.

As die mannetjie geld gehad het, was die hele spul seker teen die tyd ook al omgekoop, en veral as hy nie BETRAP is nie, want kyk dan kom die wit mannetjies weg hiermee.

Staat is PATETIES!!!!

Charlene ·

Hy het gese hy het dit gedoen. hy het indetail vertel wat hy gedoen het HOEKOM met die kind getuig hoekom haar deur nog meer trama sit. Dis belanglik om dit van n klein dogtertjie te verwag

Staat ·

Tipies van die staat.

Soos altyd, voorspelbaar pateties.

Die OORSAAk van die land se probleme le net mooi daar, BY DIE REG sisteem en sy patetiese mense.

wonder ·

Wat karring hul nog? Die mannetjie is skuldig en klaar. Hy het tog erken. Gee hom die swaarste straf wat aan n verkragter gegee kan word. Wat de joos het hy in n dames badkamer gesoek? Dit is al klaar n oortreding. Dalk moet ek aangestel word as regter, glo my sake sal baie vinniger afgehandel word.

Abe ·

wonder, Charlene, Sommer Ek, Denise, ens.

Tot dusver het nie n enkele getuie n aanklag teen hom gemaak nie. Sy skulderkenning is wetlik gesproke niks werd as niemand hom nog van iets beskuldig het nie.Wanneer die slagoffer eers getuig het (more) en die ma het dit bevestig (na die slagoffer se getuie) as die hof kan aantoon dat sy wel verkrag is, dan kan sy skulderkennig teen hom gebruik word. Hy kan nie skuldig wees as die hof niks teen hom bevind het nie. Al sou hy ook erken het dat hy skuldig is.

Ampie ·

Het ek reg gelees…. hy het die kind 2 keer verkrag in die bandkamer?!! Waar was die ouers se oe terwyl hul kleinding speel

Asmain ·

Kan dit gebeur dat hy skuldig pleit, die staat aanvaar dit nie en besluit om voort te gaan met die verhoor en dan word hy onskuldig bevind omrede die staatsaanklaer nie voorbereid is nie????
Mens sal verwag dat so n “highprofile case” deur n bekwame span aan die hof voorgelê word

TIPIES ·

Tipies, as die mannetjie nie betrap was nie sou die staat hom seker onskuldig bevind het soos baie voor hom, veral die met geld wat die regters so omkoop.
Staat is pateties, baie verkragters kom so weg, oor en oor….
OOR EN OOR….
Staat is pateties, onbevoeg en omkoopbaar as die WIT mannetjie geld gehad het en nie betrap was nie

Abe ·

TIPIES,
Alles wat jy hier beweer is baie aanvegbaar; trouens, jy het geen aanduiding, wat se nog bewys, dat daar n greintjie waarheid in steek. Kortom niks daarvan is waar nie.

Wielspore ·

Swak voorbereiding deur die staat kan veroorsaak dat ‘n skuldige persoon onskuldig bevind kan word op ‘n tegniese punt.

Hartseer ·

Aan die dogtertje: Sussie dink mooi en staan sterk jy sal OK wees. Liewe Jesus kyk na sy Kinders. Ons almal Bid vir jou en jou Ouers

Vir jou Mannetjie: Ek wens hulle wil jou vir die samelewing gee…maar wag daar is mense daar binne wat mense soos jy verwelkom, boetie jou dag gaan kom.

Objektief ·

Wonder, ek wonder hoekom is jy sou vinnig om regter te speel en te wil speel. Laat die reg sy gang gaan

Stan ·

@Tipies, jy is nogal n slim ene né?!!!! Jy moet so bietjie rustig raak tov WIT mannetjies……. Moenie ras gedrewe raak nie, sal jou van BAIE ander rasse vertel wat sonder geld wegkom met baie dinge!!!

GM ·

@Tipies – ‘n Meisie is verkrag, en jy is meer bekommerd oor die ras van die ou. Daar is verkragters onder elke ras, baie van hul kom weg daarmee.

Stella ·

Kan iemand wat op n trip is TWEEKEER verkrag,het daai dwelms dan n”lus om dit te doen”in?maak dwelms nie n mens lui voel nie?ek se nie hy het dit NIE gedoen,want hy het erken daaroor,maar TWEEKEER?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.