Medelye ná taxi swaksiende prokureur voor hof doodry

Argieffoto

Talle boodskappe van medelye het ingestroom ná die dood van Johannesburg se adjunkstaatsprokureur, wat Maandag dood is. ʼn Minibustaxi het Tswaledi Webster Sekwati (53) voor die hooggeregshof in Pritchardstraat in die middestad raakgery.

Die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, Wayne Minnaar, het gesê ʼn saak van strafbare manslag is teen die minibusbestuurder aanhangig gemaak, het News24 berig. Die taxi is geskut omdat dit na bewering onpadwaardig is, het Minnaar gesê.

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het ook sy medelye ná Sekwati se dood betuig.

Sekwati, wat swaksiende was, is beskryf as ʼn toegewyde staatsamptenaar en iemand met geweldige regskennis. Hy was vantevore onder meer ʼn spesiale raadgewer aan oudminister Michael Masutha.

“Ntate Sekwati se dood kom op ʼn tydstip dat ons die beste onder ons nodig het om te dien met al die toewyding tot ons beskikking. Hy was werklik ʼn merkwaardige Suid-Afrikaner. Sy gesiggestremdheid was nooit ʼn hindernis nie en hy het bo dit alles uitgestyg om ʼn onberispelike staatsamptenaar te word,” het Lamola in ʼn verklaring gesê.

Lamola het gesê Sekwati se nederigheid en toewyding aan diens aan Suid-Afrikaners sal ʼn blywende herinnering aan hom wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ronel ·

Hulle moet meer Minibus taxi skut.
Simpatie aan die oorledene se naasbestaandes.

Anoniem ·

Die strate is mos n renbaan vir die taxi’s gaan kyk maar orals in dorpe jag asof die duiwel agter hul aan is,ry voor jou in,stop nie by verkeersligte of stopstrate. Maak net soos hulle wil en ja sekere verkeersbeamptes laat dit toe want hoe anders gaan hulle n bonus kry.

Tina ·

Die howe id stad is n nagmerrie die aanklaers moet tussen twee geboue beweeg heeldag daar is geen loop spasie op die sypaadjies nie daar is bedelaars en swendelaar net waar jy kyk dis dood eenvoudig net nie meer gelee of veilig id stad nie!
Sterkte aan die oorledene se familie!

Leon ·

Die ANC wil mos hê die minibusse moet op die pad bly al veroorsaak hulle 60% van die ongelukke en die dood op die pad. Hulle dink minibus taxis is die beste ding sedert gesnyde brood. Het weer vanoggend gesien hulle oor rooi verkeersligte ry sonder om stadiger te ry of te stop.

Special ·

Dit was seker ‘n ongeluk en, natuurlik, my simpatie met die slagoffer; maar ek kan ook nie help om die ironie in die saak te sien nie. Aan die een kant het ons ‘n Taxi drywer wat dink hy het die laaste sê op die pad en aan die anderkant ‘n prokureur wat normaalweg die laaste sê in die hof het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.