Ministers kondig stappe aan teen geweldsmisdaad

Bheki Cele. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Ministers het vanmiddag tydens ʼn mediakonferensie by die parlement gesê die slegte gevolge van geweld teen vroue, aanvalle op buitelanders en vragmotoraanvalle sou veel erger gewees het as die land se intelligensiedienste en spioene nie sulke goeie voorkomende werk gedoen het nie.

Die mediakonferensie is toegespreek deur die ministers van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, staatsekerheid, Ayanda Dlodlo, justisie, Ronald Lamola, polisie, genl. Bheki Cele en binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi.

Op ʼn vraag was Dlodlo nie by magte om enige geslaagde voorkomingswerk deur die intelligensiedienste op te noem nie, maar Cele het later ʼn hele string plekke aan die Oos-Rand en in Soshanguve genoem waar aanvalle wél voorkom is.

Mapisa-Nqakula het gesê baie werk word gedoen om te verseker dat mense nie verkeerdelik in hegtenis geneem word nie, maar dat sowat 170 inhegtenisnemings wel uitgevoer is.

Oor geslagsgeweld het Mapisa-Nqakula gesê meer vrouelede van die polisie sal in polisiestasies ontplooi word om met slagoffers van geweld teen vroue te werk. Wat universiteite betref, is die polisie besig om met rektors saam te werk ter verbetering van kampussekuriteit.

Die staat sal voortaan deurgaans parool van diegene wat aan geweldsmisdade teen vroue en kinders skuldig bevind is, teenstaan. Lamola het gesê die voorkeure van die samelewing vereis dat borgtog vir diegene wat van geweldsmisdade aangekla word, moeiliker toegestaan word.

Lamola het ook gewaarsku dat die register van seksuele oortreders nie dadelik openbaar gemaak kan word soos pres. Cyril Ramaphosa onderneem het nie. Sekere parlementêre prosesse moet eers verloop voor die wetsvoorskrifte verander kan word. Gevaarlike optrede teen diegene wie se name op die register verskyn, word ook gevrees.

Volgens Mapisa-Nqakula verdien die staat krediet vir die herstel van orde en vrede ná al die ontwrigting in die middestadgebiede van Johannesburg, Pretoria en die Oos-Rand.

Optrede teen diegene wat geweld teen vragmotorbestuurders die afgelope tyd aangehits het, het reeds die probleem grootliks in die kiem gesmoor op die N2, N3, ʼn deel van die N4 en die N11, en veral op verbindingsroetes tussen Mpumalanga en KwaZulu-Natal, asook in die Vrystaat, het Cele gesê.

Die probleem het nou na die Wes-Kaap verskuif, waar vragmotors vanoggend vroeg op die N7-roete tussen Kaapstad en Windhoek aangeval is.

Die sterftesyfer in openbare geweld wat deels gewyt word aan xenofobie (dit word deur die ministers ontken) het nou gestyg tot 12, van wie tien Suid-Afrikaners is.

Boonop skuil meer as 750 buitelanders tans in staatsgeboue in Katlehong aan die Oos-Rand omdat hulle vrees vir hul lewe. Mapisa-Nqakula het gevra dat Suid-Afrikaners hulle weerhou van die verspreiding van fopnuus oor beweerde wandade deur buitelandse immigrante.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan Goosen ·

En ons glo dit alles, miskien net die hoed af haal dat die brein lug skep, sal n goeie begin wees,

Johan Goosen ·

Ok, kom ons kry iemand sonder n goed met 25 persent verstand

Koos de Meyer. ·

Wat se klomp snert raak hulle kwyt. As hulle dan so voor die tyd geweet het, hoekom nie voorkomend opgetree nie. Wat ‘n sirkus met ‘n klomp narre.

Hans ·

Die ontkenning dat buitelanders nie betrokke is by georganiseerde misdaad bv dwelmsindikate is nie net blatant onverantwoordelik nie, maar ook blatant oneerlik. Die ANC se retoriek dat Suid-Afrikaners(ANC kaders) in vlugtelingkampe in Afrika-lande gebly het, is ook halwe waarheid, want hul was nie geïntegreerd in daardie samelewings soos immigrante tans in SA nie.
Aantalle internasionale terroriste en kriminele is al vervolg in VSA, nadat ANC hul in SA verwelkom het met ope arms. Waarom moet miljoene Suid-Afrikaners dit duld dat ANC kaders almal oor dieselfde kam skeer? Tyd dat hierdie trop mentaliteit stop en behoorlike immigrasie en ook vlugtelingkampe opgerig word. SA kan nie meer veilige hawe wees vir Afrika se misdadigers nie.

Stan ·

Hans, ek is bevrees dat jy 100% korrek is. Die ‘African Renaissance’ ideologie is grootliks hiervoor verandwoordelik. Dit is al in 1999 deur konserwatiewe sosioloë uitgewys. Net jammer die ANC het dit geignoreer. Swak maatskaplike bestuur en grensbeheer het die situasie vererger en ek dink nie dit is omkeerbaar nie.

Gert van Wierdapark ·

Voorkomende werk se watsenaam!!! Hul onderskat ons intelligensie.

Viva ·

Gaaaaap………..en wat vertel hulle die volk, selfs n moroon sal van beter weet.

Johanna Botha ·

Maar die prof se oor die radio daar is geen intelegensie dien meer nie …..huh weet die man waarvan hy praat …duidelik NIE !

Emma ·

Ek kan nie glo dat die mense dink ons moet hulle glo nie, wat dink hulle van ons die publiek. Hulle n klomp grapmakers kan maar net lag.

BlinkStephaans ·

Julle het nog niks reggekry nie en julle sal ooknie… niks gaan verander… nie een van jul sogenaamde ministers het eers n idee waar om te begin… your “our piepol” is buite beheer en julle weet nie waar om wat te doen. Jul sogenaamde planne is leë niksseggende rookskerms.

Transvaalse nooi ·

Iets wat mens kan gebruik om belangrike besluite te neem, by party mense gebeur dit eintlik al waneer hulle hul common sence gebruik, Martin, jy het my hoor, is n moeilike 1 diè!!

Trojaanse Donkie ·

Die beskrywing van “intellegensie” moet liewer vervang word deur
1) informasie
2) ons dink so
3) glo wat jy wil
4) ons het geen idee waarmee ons nou van praat nie

Hanna Hoekom ·

En dan wonder hulle hoekom mense begin het om die reg in eie hande te neem? Tussen die leuens en ontkenning van werklike aangeleenthede, kan die wetsgehoorsame burgers maar net hul hande in die lug gooi. SAPD is absoluut n mors van tyd, ministers leef in ivoortorings, Malema dreig en blaas haat aan, Ace wil blankes vir die zenofobiese aanvalle blameer en Hlaudi reken hy is intelligent… Waar los dit ons as wetsgehoorsame burgers? RIV my pragtige land! Die res van donker Afrika het jou ingesluk.

Danie Theron ·

Dit is beledigend dat die klomp kaders jan publiek se intelligensie so blatant onderskat. “Talk is cheap”.Besit die mense die potensiaal om ooit eerlik te wees? Politici bly maar ‘n onnodige ergenis.Vraag: Wanneer het min Cele sy Generaalstitel verwerf?

marous ·

Darem vreeslik om aan die stuur te staan van ‘n halwe vrot skip vol rotte en dan nog voor te gee dat daar niks fout is nie .

Gert van Wierdapark ·

Die a en see se Sprokie duur voort, maar vir hoe lank nog!? Kyk wat is skynbaar oor Malema gese deur Barry Bateman. Die lyer speel nie meer in Rooikappie en die Wolf nie – hy het blykbaar nou n ander Sprokie in die oog. =die een wie se skoentjie uiteindelik gepas het!!! He-he-he!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.