Salarisverhoging van honderdduisende vir Mangaung-baas  

Sello More (Foto: Mangaung-metro/Facebook)

Die besluit om die stadbestuurder van die Mangaung-metro in Bloemfontein se salaris met honderdduisende rande te verhoog, is “irrasioneel en ondeurdag” inaggenome die feit dat die metro bankrot en onder administrasie is.

Sello More se salarispakket is Dinsdag tydens ʼn stadsraadvergadering tot sowat R2,45 miljoen per jaar verhoog. More is verlede jaar aangestel en is nog nie eens ses maande in die pos nie.

Henry Denner, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, sê More se verhoging van R700 000 beteken dat hy min of meer dieselfde verdien as ʼn minister in die kabinet en heelwat meer as ʼn adjunk-minister wat R2 098 243 per jaar verdien.

“Hierdie is in geheel ʼn irrasionele en ondeurdagte besluit van die ANC-meerderheid in die raad wat hulle aan die neus laat lei deur die stadsbestuurder en departementshoofde inaggenome die feit dat die Mangaung-metro bankrot is en onder ʼn artikel 139 (5)-intervensie van die nasionale regering is.”

Dié R700 000 kon talle diensleweringsprobleme in die metro hokgeslaan het, meen Denner.

“Daar is strate waar kinders in riool speel wat op plekke enkeldiep deur die woonbuurte stroom. Daar is inwoners in die munisipaliteit wat nog die emmerstelsel moet gebruik, maar die ANC is bereid om selfs sy eie kiesers tesame met al die ander inwoners te verloën om een kader ter wille te wees.

“Bloemfontein gaan gebuk onder swak dienslewering wat insluit geen of min vullisverwydering, waterlekkasies, wateronderbrekings, slaggate en stukkende verkeersligte, padtekens en padmerke wat ontbreek en ʼn rioolnetwerk wat op die punt is om in geheel in duie te stort.”

Denner het gesê in die lig hiervan is die “vermorsing” van R700 000 op een amptenaar, wat reeds ʼn buitensporige salaris verdien, ʼn skreiende skande.

“Dit is ʼn klap in die gesig van die inwoners van Mangaung wat geen dienste kry nie, maar meer aan salarisse sal moet opdok.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

annie ·

Aaitsa, djou lekke ou ding! In die Vrystaat vloei die geldjies nog so klingelingeling…

Christo ·

Klink soos Georganiseerde misdaad deur groep bendelede. Voel n veer vir enigiemand anders behalwe hulself.

Kokerboom ·

Ongelooflik. Stad val uitmekaar. Blatante diefstal.
Smyt die hele spul uit stadskantore met hofbevel.
Hoe lank gaan inwoners nog die gemors in Bloemfontein verdra?!!!!

Johan ·

En dieselfde mense wie onder die swak dienslewering ly & swaarkry, gaan wragtig binnekort wèer vir die onbevoegde anc stem. Dan moet hulle maar ly as hulle nie vir verandering wil stem nie. CR het mos gister weer sy gebruiklike klomp snert kwyt geraak tydens hul werkersdag vieringe.

Misky ·

Absoluut belaglik en wat doen hy om eens die helfte daarvan te verdien?

hpven ·

Stukkende en vuil strate, letterlik geen dienste! Sy salaris word vehoog vir agteruitgang! Wow nou het ek alles gehoor! DA en ander partye wat gaan julle doen anders as praat?

Jannie ·

Onder die nie-blanke bevolking is daar 2 groepe – die rykes wat hulself nie deel ag van die gepeupel nie, en die gepeupel wat net daar is vir stemme om die rykes in die stoele te hou, met die wens dat dit hulle ook eendag beskore is – wat natuurlik nooit sal gebeur nie. Hulle kan maklik omgekoop word met kospakkies en t-shirts, want dit is al wat hul werd is vir die rykes

Tinus ·

Die inwoners van dorpe en stede, wat buitensporige munisipale rekeninge moet betaal, sal moet saamstaan teen hierdie belaglike salarisse van amptenare. Geen dienste, geen betaling!

Henry ·

wat doen die mense om soveel te verdien.
in ons stad het ek gesè jy kan nie ons burgermeester se werk vergelyk met johannesburg of pretoria sin nie daarom moet hulle minder verdien

Nonnie ·

Mense, stem hierdie diewe uit op 29 Mei en laat ons die land terugvat en herbou vir ons kinders!!!

Leon ·

Al kry “hulle” R10,000,000 ñ maand, dis nooit genoeg nie. Dieselfde met 95 jarige welgestelde pensioenaris wat nie meer vir homself kan sorg nie, maar die tuinier word kafee toe gestuur om Lotto te speel?! Wil graag sien wat maak hy met miljoene as hy dalk moet wen, sekerlik gaan hy nie Sun City se super tubes op horings neem nie??!!

Papsak ·

Skreinde skande dat een soveel betaal word ennog verhogings ook kry maar hulle van munisipaliteit kan nie eers dienste lewer nie maar ons kry daai salaris skande vat daai gelde en maak krag water en paaie reg daarmee hy het dit nie nodig nie daar gaan ons gelde heen mooi voorbeeld ??????

Oosieoos ·

Hy is nie eers die verhoging bedrag werd nie hul salarisse moet liewer 80% verlasg word regdeur die bank net a klomp lamsakke

Di ·

Stem saam met Jannie! Die korrupte spul sorg net vir hulle self, GEEN belange in die hordes wat vir hulle stem nie. Gierigheid is die duiwel se oorkussing en die spul kan nooit GENOEG he nie.

Paul ·

Belastingbetalers moet maar dood eenvoudig ophou betaal om die soort vermorsing te stop. Dis al wanneer die gespuis sal ore kry

Gert ·

Hul is selfdienend en die aantal toenemende grawe wat skep uit die belasting mandjie is by verre meer as die 7% lepels wat dit probeer volhou tot hul eie nadeel.

Net-my-opinie ·

En watse teenprestasie het hy nou ewe skielik sodanig gelewer om daai geld te kan verdien? Seker omdat hy ‘n ANC-kader is en ANC stem? En dit mense is presies wat verkeerd is met die ANC van vandag. ‘n Besigheid in die privaat sektor sal nooit maar nooit ‘n verhoging toestaan of goedkeur indien die besigheid bankrot is nie. Wie betaal nogals vir daardie verhoging en waar moet die geld vandaan kom? Jammer om te se, maar julle sal dit nooit in die privaatsektor of in ‘n ander land dit maak nie, dalk ‘n ander bankrot Afrika, maar nerens anders nie. Julle dae is getel van soustein ry!

Cherokee ·

Ek is bly jy bevestig dat dit slegs Net-jou-opinie is wat sê dat hul dae getel is van soustrein ry. Ek wens jy’s reg, maar ek het nie soveel hoop op die komende verkiesing nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.