SA’ner in VSA vas ná hy drie met skêr steek

Ntando Sogoni (Foto: X/Maki Marish)

ʼn Suid-Afrikaanse man is vandeesweek deur die FBI in Juneau, die hoofstad van Alaska, in hegtenis geneem nadat hy glo drie mense op ʼn passasierskip met ʼn mediese skêr gesteek het.

Volgens hofdokumente het Ntando Sogoni (35), ʼn werker op die passasierskip, na bewering Maandag probeer om ʼn reddingsboot te ontplooi, toe van sy kollegas dit sien en onraad vermoed.

Sogoni is daarna deur sekerheidsbeamptes voorgekeer en na die skip se mediese sentrum vir ʼn assessering geneem waarna hy glo een van die beamptes en ʼn verpleegster binne die ondersoekkamer aangerand het.

Hy het daarna in ʼn ander ondersoekkamer ontsnap waarin ʼn Amerikaanse vrou in daardie stadium medies ondersoek is. Hy het ʼn mediese skêr gegryp en die vrou verskeie kere in die arm, hand en gesig gesteek. Sogoni het glo ook twee veiligheidswagte, wat probeer ingryp het, met die skêr gesteek. Een wag, ʼn Filippynse burger, is in die kop gesteek. Die ander wag, ʼn burger van Nepal, is in die rug en skouer gesteek.

Geen van die beserings was egter lewensgevaarlik nie.

Sogoni is daarna in die skip se tronk aangehou voordat hy later met aankoms by die hawe in Juneau in hegtenis geneem is.

Hy is daarna van aanranding met ʼn gevaarlike wapen binne die maritieme en territoriale jurisdiksie (regsgebied) aangekla.

Indien hy skuldig bevind word, staar ʼn maksimum vonnis van 10 jaar tronkstraf hom in die gesig en ʼn boete van $250 000 vir elke aanklag (byna R4,5 miljoen per aanklag of R14 miljoen in totaal).

ʼn Federale distrikshofregter sal die vonnis bepaal nadat die Amerikaanse vonnisopleggingsriglyne en ander statutêre faktore in ag geneem is.

ʼn Amerikaanse prokureur, Lane Tucker van Alaska, en spesiale agent in beheer, Rebecca Day van die FBI Anchorage Field Office, het die aankondiging gemaak.

Die FBI Anchorage Field Office en FBI Juneau Resident Agency, asook die Coast Guard Investigative Service ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit is werklik moeilk vir Suid-Afrikaners om in normale omstandighede te funksioneer.

Saartjievandiebosveld ·

Hulle sal nog agterkom….hulle Kan nie daar wegkom met die Dade nie…dis nie Suid Afrika ???? nie

JOHN ·

Sal julle leer om nie ‘n Suid Afrikaner aan te stel nie ! Kry vir julle………………..

Danie ·

Daars nog baie van sy tipe wat dink moord en geweld is die oplossing vir alles.
Kan ons hulle aanstuur asb

LIEZL ·

hou hom daar, ons soek hom nie terug nie, want hier gaan hy net oornag in die tronk en dan weer vrygelaat word. Kom seker van ‘n buurstaat wat ‘n SA paspoort het.

domheks ·

ja – in SA sou hy R100 boete gekry het want ons regstelsel is pateties!

Niklaas ·

Ek dink gewis dat sy werk op luukse passasiers skepe iets van die verlede is. En laat ons hoop hy word nie later terug na SA gedeporteer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.