SA’ners hoes vir data

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het van die duurste data in Suidelike Afrika.

Dít volgens Mondli Gungubele, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, wat sê Suid-Afrika is volgens Research ICT Africa Mobile Pricing (RAMP) se lys 34ste op ʼn lys van 47 lande op die vasteland in die streek.

In Suid-Afrika het altesame 77,5% van alle huishoudings toegang tot die een of ander vorm van internettoegang. Die kriteria vir die RAMP-lys bepaal egter dat net een mens in ʼn huishouding ʼn basiese vorm van toegang tot die internet moet hê.

In werklikheid beteken dit miljoene Suid-Afrikaners sit dus steeds sonder enige vorm van internet.

Tsholofelo Bodlani, DA-LP en woordvoerder oor kommunikasie en digitale tegnologie, sê die situasie word vererger deur Suid-Afrika se peperduur datakoste.

Die Wet op Elektroniese Kommunikasie vereis boonop dat enige instelling wat aansoek wil doen vir ʼn lisensie vir ʼn radiofrekwensiespektrum, individuele elektroniese kommunikasienetwerkdiens (I-ECNS) of individuele elektroniese kommunikasiediens (I-ECS) minstens 30% in swart besit moet wees.

“SEB-regulasies soos hierdie help nie werklik benadeelde groepe nie, maar bevoordeel eerder ANC-kaders,” sê Bodlani.

“Dit is regulasies soos hierdie wat internasionale en plaaslike telekommunikasiemaatskappye verhoed om in Suid-Afrika – en daarmee saam sy onderwys en toekoms – te belê.

“Suid-Afrika het ʼn armoede- en werkloosheidspandemie, veral onder sy jeugdiges, en om voort te gaan om tegnologiese beleggings in die land te blokkeer weens die blote feit dat ʼn maatskappy nie 30% deur ANC-kaders besit word nie, is misdadig.”

Die DA het ʼn beroep op Gungubele gedoen om die regulasies te skrap en lisensiëring vir enige persoon of entiteit – wat bekwaam en opgewasse is vir die taak – oop te stel.

“Suid-Afrika kan slegs die digitale era ten volle benut sodra dit van korrupte ANC-heerskappy bevry is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

TruthDealer ·

Dis nie net dat die data duur is nie, daar is ook nog die feit dat dit n vervaldatum het, so jy verloor wat jy nie gebruik nie. Dis net so goed jy koop vleis vir n maand en as alles nie teen einde vd maand opgebruik is nie, kom vat die slagter die orige vleis uit jou vrieskas. Waansinnig.

Josua ·

Ek stem 100% met jou saam, as jy ekstra data gekoop het moet jy alles gebruik want jy het daarvoor betaal en die beste is jy het ook belasting op daai aankoop betaal so die regering skep net so lekker saam die selfoon netwerke en dit moet met wortel en tak uitgeroei word. Met elektrisiteit gebeur presies dieselfde jy stuur jou meter leseing in omdat daat nie toegan daagliks op jou perseel is nie maar word geignoreer skattings word gemaak en jy kry onorme rekeninge en moet maar betaal en klaar.

TruthDealer ·

Dankie, maar wil net vra, ek koop my data van Vodacom deur my Capitec bank app -Hoe maak mens om direk vd bank te koop en Vodacom te vermy?

Lily ·

Gaan in na die bank, migreer jou simkaart na Capitec en siedaar! Dit neem enkele minute.

TruthDealer ·

Baie dankie, ek gaan so maak! Dankie ek waardeer dit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Waar is Elon Musk se sateliete. Wag, die ANC soek ‘n aandeel.

Stofdonkie ·

Hoekom sal hy sy internet hier kom verkoop as hy 30% van sy geld dan moet weggee vir een of ander “Huidige bevoordeelde”?

Papsak ·

Ja nee data al net so duur soos kos en petrol kan nie meer by hou nie en dan nog skelm ook ook gebruik jy nie al jou data nie vat hulle dit sommer terug dit is mos dan skelm werk nie so nie kyk bietjie na julle data

TruthDealer ·

Beste wat ek op die oomblik aan kan dink, is om maar klein bietjies data op n slag te koop. Ek het altyd een gig op n slag gekoop om aan die veilige kant te wees, maar ek het al te veel geld so verloor. Mens moet seker maar met al die beurtkrag liewer handewerk doen wat mens by kerslig kan doen. En die foon gebruik wanneer die wifi weer aan is.

Renier ·

In Suid Afrika kan jy met 10GB nie veel doen nie dan is dit klaar. Meeste ander Afrika lande wat ek besoek kry ek waarvoor ek betaal.As ek 10gb opsit,kan ek n volle 10gb gebruik.Nie in SA nie.

Jo-Anne ·

Op skool het ek gelees van “Animal Farm”. Wragtig nooit gedink my land gaan “Animal Farm” wees nie.

TruthDealer ·

George Orwell was n profeet. In sy ander boek “1984” het hy ook ons huidige bestaan goed voorspel. Dit het net +-40 jaar langer geneem om bewaarheid te word.

Lourens ·

In Georgië kos 3Gb se selfoondata jou GEL9 (±R65) en geld vir 3 maande . . .

Amelia ·

Jy kan nie sa geld met ander lande vergelyk nie hulle kry geld nie peanuts nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.