Sanger sterf in motorongeluk

Jacques de Coning (Foto: Jacques de Coning/Facebook)

Die sanger Jacques de Coning is Sondagoggend oorlede in ʼn motorongeluk.

Jeanné Meiring, ʼn vriendin van die gesin, het aan Maroela Media gesê die gesin versoek in hierdie stadium privaatheid om Jacques se afsterwe te probeer verwerk.

Jacques was veral bekend vir sy vrolike vertolking van bekende FAK-liedjies. Van sy grootste treffers was “Girl van die Klein
Karoo” (2001) en “Grootvoël Paradys” (2006). Hy het ook verskeie toekennings al ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

Jacques en sy vrou Lynette het hul seun Basil (24) in September 2014 aan die dood afgestaan tydens ʼn ongeluk in Port Elizabeth in die Oos-Kaap, nie te ver van waar Jacques vanoggend verongeluk het nie.

Jacques se publisiteitsbeampte, Lydia Winchester, het bevestig die ongeluk het omstreeks 10:30 gebeur tussen Alexandria en Bushmans River in die Oos-Kaap. Hy was alleen in die motor toe hy reg van voor met ‘n aankomende motor gebots het. “Sy saggeaarheid en nederigheid sal ons altyd bybly en hy los ‘n groot leemte in die
Afrikaanse musiekbedryf,” het sy gesê.

*Daar word op Vrydag, 21 Junie om 21:00 ʼn konsert van Jacques de Coning op kykNET NOU, DStv kanaal 146 uitgesaai, Jacques De Coning: Afrikaans My Trots.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Deloris ·

Ai ai nee Ek het nie woorde nie…. Mag ons Vader sy familie optel en kalmtevwn I harts vrede oor julle laat vloei… Baie sterkte aan die familie.

anni ·

Ag Nee, dis so hartseer. Al my Sterkte en gebede vir Sy familie. Was hy ni vrydagaand op tjoks en tjops ni

pieter ·

RIV,hy was een van die grootes wat nooit waardering gekry het vir sy briljantheid as musikant.

Marinda ·

Ons innige simpatie Lynette! Mag julle troos vind by die Vader in hierdie moeilike omstandigehede!

RS ·

Baie hartseer nuus. Ons dink aan sy gesin en vriende. Baie sterkte!

Kathy ·

She has been transported to Hospital in PE with badly broken leg and contusions

Asjas ·

Ja regtig! Sy was dalk nie bekend nie maar nogtans ‘n iemand!! Hoekom mag ons nie vra na die ander persone geraak deur hierdie tragedie se welstand nie?

AC ·

So hartseer… R. I. V. Jacques… Innige meegevoel aan familie en vriende

Jacqueline ·

Sag rus ons verloor ń Legend. Mag Jesus met sy gesin en familie wees.

Lizelda ·

My innige simpatie aan sy vrou en almal na aan hom. R.I.V. Jacques.

Michelle ·

Aaag nee.
My hart super seer.
My innige simpatie.
Baie sterkte aan die familie.

aj ·

Innige simpatie aan die familie en vriende!

DANKIE vir sy bydraes tot Afrikaanse liedjies!!!

Caroline ·

Wat n groot verlies vir SA se musiek. My innige meegevoel met Jacques se familie. Mag hulle vertroosting vind.

Ebs ·

My innige meegevoel aan die familie en vriende.

My skoonseun ry elke naweek tussen Oos London en Port Elizabeth. Daar is altyd voetgangers wat roekeloos oor die paaie loop. My skoonseun het sy kar amper afgeskryf en sy lewe verloor omdat hy vir ‘n voetganger uitgeswaai het. Mens moet mooi besin en jou self altyd voorberei vir die onverwagtes op ons paaie. Ry eerder stadiger al raak die mede padverbruikers mislik en onbeskof as jy stadige as die spoedgrens ry.

Hoop net die regering doen eendag iets om te verhoed dat voetgagers op die paaie loop.

Annelize ·

Hi dit is so hartseer dit is regtig erg en baie hartseer sterkte aan Jacques se familie in die tyd van hartseer hy sal in almal se harte bly voort bestaan RIP Jacques en aan die ander persoon se familie sterkte vir hulle ook

Louise Rautenbach ·

Die was nou vir my bitter hard, ons gaan hom mis, rus in vrede, ons innige meegevoel en simpatie vir almal sterkte aan sy vrou

Magda ·

So verskriklike slegte nuus – saggies en in vrede rus – baie sterkte en simpatie met sy geliefdes…

jj vd berg ·

jinne eks so so geskok toe ek die sien nou flip en ek sing al n heelweek jou liedjies binne my lorie soos ek ry eks baie baie jamer om dit te hoor sterkte aan die famielie en onthou hy sit Langs ons Vader se voete

Mariaan ·

Tragies…asof dit nie erg genoeg was om jul seun aan die dood af te staan..en nou jou man ook nog nie…..HOEKOM EEN MENS SE LEWE SO VERWOES?

Elna ·

Baie sterkte aan die naasbestaandes. Dis nooit lekker om iemand aan die dood af te staan nie , maak nie saak op watter manier nie. Maar gelukkig het ons een Vader wat vertroos en die pyn genees. Verlange sal altyd bly. Rus in vrede Jacques.

Diefie ·

Woorde ontbreek, net ‘n sagte drukkie vir elke familie lid.

Tina ·

Ons innige simpatie aan sy geliefdes. Mag God vertroosting bring. Rus sag Jacques

Colla ·

Sterkte vir al Jacques se familie en vriende hier vanuit Nederland. Mag Die Here julle Genadig Wees en Bystaan in jul moeilike tyd. Hy sal voortleef deur sy musiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.