
Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer, voor hy na ‘n hospitaal gevlieg is. (Foto: Netcare 911)
ʼn Konstruksiewerker is Vrydagmiddag inderhaas na ʼn hospitaal gevlieg, nadat sy been in ʼn sementmenger by ʼn Pretoriase fabriek in ʼn sementmenger beland en afgeruk is.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is kort ná 13:00 Vrydag na die perseel in Bon Accord, in die noorde van die hoofstad, ontbied.
“ʼn Volwasse man, vermoedelik in sy 30’s, se linkerbeen is ernstig beseer toe die sementmenger, wat hy volgens berigte besig was om skoon te maak, glo aangeskakel is.”
Die man is op die toneel gestabiliseer en ʼn helikopter is ontbied om hom so gou moontlik by ʼn hospitaal vir verdere behandeling te kry.
ʼn Ondersoek word na die voorval gedoen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Daar is geen plaasvervanger vir veiligheid nie. Sterkte met die been.
Betonmenger.
‘n Self gemaakte betonmenger met geen veiligheids meganismes.
Die opskrif lees dat die werker se been afgeruk is, maar in die berig self word genoem dat sy been ernstig beseer is.
Wat is dan nou eintlik die waarheid ?
Weereens bewys dat opskrifte slegs “click bait” is