Ses dood in N1-botsing

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Ses mense is dood en talle ernstig beseer in ʼn trompop botsing op die N1 tussen Mokopane en Mookgophong in Limpopo.

Volgens die provinsiale departement van vervoer het ʼn motor en ʼn minibustaxi reg van voor gebots nadat die bestuurder van die motor glo beheer oor die voertuig verloor het.

Die motor het ná die botsing aan die brand geraak en die bestuurder is op die toneel dood verklaar. Nog vyf mense, onder wie die taxibestuurder, is ook op die toneel dood verklaar. Sake van strafbare manslag word ondersoek.

Minstens nege mense het ernstige beserings in die botsing opgedoen.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel kort voor 14:00 was die motor reeds uitgebrand. Die taxi het sowat 40 m van daar af op sy sy gelê.

Van Huyssteen het gesê een insittende het kritieke beserings opgedoen en is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gevlieg vir behandeling.

Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

Wat gaan aan in Limpopo? Elke week is daar hengse ongelukke op die paaie daar

Harry ·

Kom ek vertel jou gou, dis die wettelose Gautengers wat soos mal krimenele op ons paaie jaag en niks voel vir pad reels nie, kom kyk maar self

Marius ·

Ek voel soos ‘n vreemdeling in my eie land. Ek ken meeste van die dorps en stads name nie, wat nog te sê om te probeer om dit uit te spreek.

JM ·

Hoekom verloor ‘n bestuurder beheer oor ‘n voertuig? Omdat hy patetiese bestuursvermoë het en jaag. ‘n Mens is te bang om dit op die paaie te waag, want dit het oorlogsones geword.

Se maar net ·

Hierdie pad tussen Naboomspuit en Potgietersrus is verantwoordelik vir baie mense se lewens en daar word net niks aan die ou pad gedoen nie. Ek het persoonlik al twee vriende op die pad aan die dood afgestaan as gevolg van kop aan kop botsings.

Delia ·

Dis op die N1. Die pad is nie die probleem. Spoed en verontagsaming van padreëls is die probleem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.