Ses dood in skietery met polisie

(Argieffoto: Kent Williamson)

Ses verdagtes is Donderdagoggend in ʼn skietery met die polisie in Inanda in KwaZulu-Natal dood.

Die skietery het by ʼn huis in Emachobeni uitgebreek nadat die polisie intelligensie opgevolg het oor waar verdagtes – wat in verband met ʼn vlaag huisbrake, moord, sakeroof en kapings gesoek word – hulself bevind.

Volgens brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het die verdagtes met polisie se aankoms by dié huis wild en wakker op beamptes losgebrand. Die polisie het teruggevuur en ses verdagtes doodgeskiet.

Nog drie verdagtes, onder wie ʼn 31-jarige vrou, is in hegtenis geneem.

Slegs een polisiebeampte is beseer toe ʼn koeël sy hand skrams getref het.

“Twee vuurwapens en ’n haelgeweer is in die verdagtes se besit gevind, asook ’n voertuig wat in Desember verlede jaar by KwaDabeka gekaap is. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn,” het Naicker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Daar is massas van hulle. Om n vaalkol te maak moet so iets daagliks gebeur. Ons belastingbetalers kan nie meer gevangenisse in aanhouding bekostig nie.

Danie ·

Dit is net n druppel in die emmer seker beter as niks.Kan nie se goeie werk nie beleef elke dag die swak diens en ondersoek van sake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.