Ses vas vir besit van olifanttande

Die ses verdagtes kort nadat hulle in Midrand in hegtenis geneem is. (Foto: Valke)

Ses mans het Maandag in die landdroshof in Alexandra verskyn nadat hulle die naweek met olifanttande betrap is.

Nelson Usale Mlotha (46), Darlington Cele (43), Autsan Mwanyani (42), Ndumiso Masuku (42), Kelvin Chakwira (35) en Lyton Kamanga (30) word aangekla van oortredings ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteite (Nemba), het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die ses is Vrydag in President Park in Midrand in ʼn gesamentlike klopjag tussen die Valke se eenheid vir bedreigde spesies, lede van die Midrand-polisiestasie se speurtak en ʼn provinsiale ondersoekspan in hegtenis geneem.

Die olifanttande waarop beslag gelê is. (Foto: Valke)

“Die span het die verdagtes vir ʼn geruime tyd dopgehou nadat hulle inligting ontvang het en het toegeslaan terwyl hulle oënskynlik op pad was om die buit aan die koper te gaan aflaai,” het Mulamu gesê.

Sy het gesê ʼn deel van die ondersoek sal behels van waar die drie olifanttande – wat sowat 58 kg weeg – afkomstig is, asook wie die voornemende koper was. Die tande was netjies in plastiek en geweefde sakke toegedraai.

Die ses mans bly hangende verdere ondersoek in aanhouding tot hulle Maandag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kraaibakke ·

Doen my n guns en trek hulle tande ,hulle het die diere doodgemaak vir hul tande,hy is darem nie dood nie.

marous ·

Waarom nie gewag tot die transaksie afgehandel is en dan die koper arresteer nie ?

Spark Plug ·

Gee hulle seisoen kaartjie na al die stormers games in die kaap

JohanL ·

Nooit aan Kraaibakke se idee al gedink nie, maar ek moet saamstem dit klink goed en oorspronklik.

En gooi hulle daarna vir lewenslank in die tronk.

Strawwe vir hierdie tipe oortreding moet BAIE swaarder wees as tans. Moet wees in dieselfde trant as wat dwelmhandelaars gestraf word in Thailand ens. Ja, die eintlike ouens wat gevang moet word, is die grootkoppe. Maar as die handlangers wat die vuilwerk doen, swaarder gestraf word, sal dit hopelik ‘n afskrikmiddel wees vir toekomstige grondvlak werkers. Ja, baie is in elk geval werkloos en is bereid om daardie kans te vat – dit is so. Maar straf hulle dan SWAAR as hulle gevang word.

Jessica ·

WOW, i was there on friday afternoon when they brought these guys in with the ivory, in the Midrand police station all chained around they anckles and hands, with big smile’s on they faces. Hope they sit and rot in jail

CHAPPIES ·

LEWENSLANK tronkstraf asseblief, viri skurk smokkellaars en kopers!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.